1 En die Sifiete het by Saul in G¡bea gekom en gesê: Steek Dawid hom nie weg op die heuwel Hag¡la vooraan die wildernis nie?

2 Toe het Saul hom klaargemaak en afgetrek na die woestyn Sif, en met hom saam drie duisend man, uitgesoektes uit Israel, om Dawid te soek in die woestyn Sif.

3 En Saul het laer opgeslaan op die heuwel Hag¡la wat vooraan die wildernis langs die pad lê, terwyl Dawid in die woestyn gebly het. Maar toe hy sien dat Saul agter hom aankom die woestyn in --

4 want Dawid het verkenners uitgestuur en verneem dat Saul verseker aankom --

5 maak Dawid hom klaar en gaan na die plek waar Saul in die laer staan; en Dawid het die plek bekyk waar Saul gaan slaap het saam met Abner, die seun van Ner, sy leërowerste; Saul het naamlik geslaap in die wa-laer, terwyl die manskappe rondom hom in die laer was.

6 En Dawid het begin spreek met Ahim,leg, die Hetiet, en met Ab¡sai, die seun van Seruja, die broer van Joab, en gesê: Wie sal met my saam afgaan na Saul, na die laer toe? En Ab¡sai sê: Ek sal met u saam afgaan.

7 Toe Dawid met Ab¡sai in die nag by die manskappe kom, lê Saul daar en slaap in die wa-laer met sy spies aan sy koppenent in die grond gesteek, terwyl Abner en die manskappe rondom hom lê.

8 En Ab¡sai sê vir Dawid: Vandag het God u vyand in u hand oorgelewer; laat ek hom tog nou met sy spies in een slag teen die grond vassteek sonder om dit 'n tweede keer te doen.

9 Maar Dawid sê vir Ab¡sai: Bring hom nie om nie, want wie slaan sy hand aan die gesalfde van die HERE en bly ongestraf?

10 Verder sê Dawid: So waar as die HERE leef, sekerlik sal die HERE hom slaan, •f sy dag sal kom dat hy sterwe, •f hy sal aftrek in die geveg en omkom!

11 Mag die HERE my bewaar dat ek my hand aan die gesalfde van die HERE sou slaan! Maar neem nou tog die spies wat aan sy koppenent is, en die waterkruik, en laat ons weggaan.

12 Toe neem Dawid die spies en die waterkruik van Saul se koppenent weg, en hulle het heengegaan sonder dat iemand dit sien of merk of wakker word; want hulle was almal aan die slaap, omdat 'n diepe slaap van die HERE op hulle geval het.

13 En Dawid het deurgegaan na die oorkant en in die verte op die top van die berg gaan staan -- die ruimte tussen hulle was groot --

14 en Dawid het geroep na die manskappe en na Abner, die seun van Ner, en gevra: Antwoord jy nie, Abner? Toe antwoord Abner en sê: Wie is jy wat na die koning roep?

15 En Dawid vra vir Abner: Jy is tog 'n man, en wie is soos jy in Israel? Waarom het jy dan nie by jou heer die koning wag gehou nie? Want een uit die volk het ingekom om die koning, jou heer, om te bring.

16 Hierdie ding is nie goed wat jy gedoen het nie! So waar as die HERE leef, voorwaar, julle verdien die dood, omdat julle nie wag gehou het oor julle heer, oor die gesalfde van die HERE nie. En kyk nou, waar is die spies van die koning en die waterkruik wat aan sy koppenent was!

17 Toe herken Saul die stem van Dawid en vra: Is dit jou stem daar, my seun Dawid? En Dawid sê: My stem, my heer die koning!

18 Verder sê hy: Waarom agtervolg my heer sy dienaar tog? Want wat het ek gedoen? Of watter kwaad is daar by my?

19 Laat my heer die koning dan nou luister na die woorde van sy dienaar: As die HERE u teen my aanhits, bied Hom dan 'n spysoffer aan; maar as dit mensekinders is -- vervloek is hulle voor die aangesig van die HERE, omdat hulle my vandag verdrywe, sodat ek my nie kan aansluit by die erfdeel van die HERE nie deurdat hulle sê: Gaan weg, dien ander gode!

20 Laat my bloed dan nou nie op die aarde val ver van die aangesig van die HERE nie, want die koning van Israel het uitgetrek om een enkele vlooi te soek, soos 'n man 'n patrys op die berge agtervolg.

21 Toe sê Saul: Ek het gesondig; kom terug, my seun Dawid, want ek sal jou geen kwaad meer doen nie, omdat my lewe vandag kosbaar was in jou oë; kyk, ek het dwaas gehandel en my grootliks misgaan.

22 En Dawid antwoord en sê: Hier is die spies van die koning; laat dan een van die jongmanne deurkom om dit te haal.

23 Die HERE tog vergeld aan elkeen sy regverdigheid en sy getrouheid -- die HERE het u vandag in my hand gegee, maar ek wou nie my hand teen die gesalfde van die HERE uitsteek nie.

24 En kyk, soos vandag u lewe in my oë kosbaar was, mag so my lewe in die oë van die HERE kosbaar wees, en mag Hy my red uit elke benoudheid.

25 Hierop sê Saul vir Dawid: Geseënd is jy, my seun Dawid! Jy sal groot dinge doen en sekerlik die oorhand kry. Daarop het Dawid verder gegaan, en Saul het na sy woonplek teruggekeer.

1 西弗人基比亚来见扫罗, 说: "大卫不是在旷野前面的哈基拉山中躲藏起来吗?"

2 扫罗就动身, 下到西弗旷野去, 跟随他的有三千以色列精兵, 要在西弗的旷野寻索大卫。

3 那时, 扫罗在旷野前面的哈基拉山的路旁安营, 大卫仍然住在旷野。大卫看见扫罗来到旷野追寻他,

4 就派出探子, 知道扫罗已经到了纳康。

5 大卫起来, 来到扫罗安营的地方, 看见扫罗和他的元帅, 尼珥的儿子押尼珥睡卧的地方。扫罗睡在军营的中央, 众人都在他的周围安营。

6 大卫问赫人亚希米勒和洗鲁雅的儿子约押的兄弟亚比筛, 说: "谁愿与我一起下到扫罗的营里去呢?"亚比筛回答: "我愿与你一起下去。"

7 于是大卫和亚比筛趁着夜里到了众军那里。扫罗正躺在军营的中央睡着了, 他的矛插在头旁的地上; 押尼珥和众军都躺在他的周围。

8 亚比筛对大卫说: "今天 神把你的仇敌交在你手里了。现在求你容我用矛把他刺透在地上, 一刺就够, 不必再刺。"

9 大卫却对亚比筛说: "不可杀死他, 因为有谁伸手伤害耶和华的受膏者而无罪呢?"

10 大卫说: "我指着永活的耶和华起誓, 他或被耶和华击打, 或死期到了, 或下到战场阵亡了,

11 我在耶和华面前, 绝对不敢伸手伤害耶和华的受膏者。现在, 你可以把扫罗头旁的矛和水袋拿来, 我们就走吧! "

12 于是大卫从扫罗的头旁拿了矛和水袋, 他们二人就走了。没有人看见, 没有人知道, 也没有人醒来。他们都睡着了, 因为耶和华使他们沉睡。

13 然后大卫过到另一边去, 远远地站在山顶上, 两者之间的距离很远。

14 大卫呼叫众人和尼珥的儿子押尼珥说: "押尼珥啊, 你不答话吗?"押尼珥回答说: "你是谁, 竟敢呼叫王?"

15 大卫对押尼珥说: "你不是一个男子汉吗?以色列人中有谁能与你相比呢?众民中有一个人来要杀害王你的主, 你为什么没有保护王你的主呢?

16 你所作的这事不好。我指着永活的耶和华起誓, 你们都是该死的, 因为你们没有保护你的主, 就是耶和华的受膏者。现在你看看王头旁的矛和水袋在哪里?"

17 扫罗认出是大卫的声音, 就说: "我儿大卫啊! 这是你的声音吗?"大卫说: "我主我王啊! 是我的声音。"

18 又说: "我主为什么这样追赶仆人呢?我作了什么?我手里犯了什么过错?

19 现在求我主我王听你仆人的话。如果是耶和华激动你攻击我, 愿耶和华收纳祭物; 如果是人激动你, 愿他们在耶和华面前受咒诅, 因为他们今天把我赶出来, 不容我在耶和华的产业上有分, 说: ‘你去服事别的神吧! ’

20 现在, 求王不要让我的血流在远离耶和华的地上, 因为以色列王出来寻索我的性命, 就像人在山中猎取一只鹧鸪一样。"

21 扫罗说: "我有罪了, 我儿大卫啊, 你回来吧! 因为今天你看我的命为宝贵, 我必不再害你。看哪! 我作了糊涂事了, 并且错得很厉害。"

22 大卫回答说: "看哪! 王的矛在这里, 可以叫一个仆人过来拿去。

23 耶和华必按着各人的公义和信实报答他; 今天耶和华把你交在我手里, 我却不愿伸手伤害耶和华的受膏者。

24 看哪, 我今天怎样看重你的命, 愿耶和华也怎样看重我的命, 并且救我脱离一切患难。"

25 扫罗对大卫说: "我儿大卫啊, 愿你得福, 你必作成你所要作的, 也必得胜。"于是大卫离去了, 扫罗也回自己的地方去了。