1 En op 'n dag het Jonatan, die seun van Saul, aan die dienaar wat sy wapens dra, gesê: Kom, ons gaan oor na die wagpos van die Filistyne wat daar oorkant is. Maar aan sy vader het hy dit nie te kenne gegee nie.
2 En Saul het gesit op die grens van G¡bea onder die granaatboom wat by Migron staan; en die manskappe by hom was omtrent ses honderd man.
3 En Ah¡a, die seun van Ah¡tub, die broer van Ikabod, die seun van P¡nehas, die seun van Eli, die priester van die HERE in Silo, het die skouerkleed gedra. Maar die manskappe het nie geweet dat Jonatan weggegaan het nie.
4 Nou was daar tussen die passe waar Jonatan wou deurgaan na die wagpos van die Filistyne, 'n spits rots oorkant en 'n spits rots duskant, en die naam van die een was Boses en die naam van die ander Sene.
5 Die een spits staan soos 'n pilaar noord teenoor Migmas, en die ander een suid teenoor Geba.
6 Jonatan dan het aan die dienaar wat sy wapens dra, gesê: Kom, ons gaan oor na die wagpos van daardie onbesnedenes; miskien sal die HERE vir ons optree, want by die HERE is daar geen verhindering om deur baie of deur min te verlos nie.
7 Toe sê sy wapendraer vir hom: Doen alles wat in u hart is, maak soos u wil; hier is ek by u volgens die wens van u hart.
8 Daarop sê Jonatan: Kyk, ons sal na die manne toe oorgaan en ons aan hulle vertoon.
9 As hulle vir ons so sê: Staan stil totdat ons by julle kom! dan moet ons op ons plek bly staan en nie na hulle opklim nie.
10 Maar as hulle so sê: Kom op na ons toe! dan klim ons op, want dan het die HERE hulle in ons hand gegee; en dit sal vir ons die teken wees.
11 Toe hulle twee hul aan die wagpos van die Filistyne vertoon, sê die Filistyne: Kyk, daar kom Hebreërs uit die gate uit waar hulle weggekruip het.
12 En die manne van die wagpos het Jonatan en sy wapendraer aangespreek en gesê: Klim op na ons toe, dan sal ons julle 'n les leer! Daarop sê Jonatan aan sy wapendraer: Klim op agter my aan, want die HERE het hulle in die hand van Israel gegee.
13 En Jonatan het op sy hande en voete uitgeklim, en sy wapendraer agter hom aan; en hulle het voor Jonatan geval terwyl sy wapendraer agter hom aan van kant maak.
14 Hierdie eerste slag waarin Jonatan en sy wapendraer ongeveer twintig man verslaan het, het plaasgevind op omtrent die helfte van 'n aanvoorsel van 'n stuk land.
15 Toe kom daar 'n skrik in die laer, in die veld en onder al die manskappe; die wagpos en die roofkommando, hulle het ook geskrik, ja, die land het gebewe, sodat dit 'n skrik van God geword het.
16 En toe die spioene van Saul in G¡bea in Benjamin sien dat die menigte daar verward heen en weer golf,
17 sê Saul aan die manskappe wat by hom was: Hou tog 'n monstering en kyk wie van ons af weggegaan het. En by die monstering het geblyk dat Jonatan en sy wapendraer daar nie was nie.
18 Toe sê Saul vir Ah¡a: Bring die ark van God nader. Want die ark van God was in die tyd by die kinders van Israel.
19 En terwyl Saul nog met die priester spreek en die rumoer wat in die laer van die Filistyne was, altyddeur groter word, sê Saul vir die priester: Trek jou hand terug!
20 Saul en al die manskappe wat by hom was, is toe saamgeroep, en hulle het by die geveg aangekom; en kyk, die swaard van die een was teen die ander -- 'n baie groot verwarring.
21 Selfs die Hebreërs wat die Filistyne soos gister en eergister bygestaan het, wat verspreid met hulle saam in die leër opgetrek het, hulle het ook aangesluit by die Israeliete wat saam met Saul en Jonatan was.
22 Toe al die manne van Israel wat op die gebergte van Efraim weggekruip het, hoor dat die Filistyne vlug, het die hulle ook in die geveg agternagesit.
23 En die HERE het Israel op die dag verlos. Toe die geveg dan by Bet-Awen verbygaan,
24 en die manne van Israel die dag aangedryf word, het Saul die manskappe besweer en gesê: Vervloek is die man wat iets eet tot vanaand, sodat ek my op my vyande kan wreek. Daarom het al die manskappe aan niks geproe nie.
25 En al die mense het in 'n bos gekom, en daar was heuning op die veld.
26 Toe die manskappe in die bos kom, was daar oorvloed van heuning; maar niemand het met sy hand aan sy mond geraak nie, omdat die manskappe bevrees was vir die eed.
27 Maar Jonatan het nie gehoor toe sy vader die manskappe besweer het nie en het die punt van die staf wat in sy hand was, uitgesteek en dit in 'n heuningkoek gedoop en sy hand aan sy mond gebring, en sy oë het helder geword.
28 Daarop spreek een van die manskappe hom aan en sê: Jou vader het die manskappe met hierdie dure eed besweer: Vervloek is die man wat vandag iets eet. Daarom is die volk afgemat.
29 En Jonatan sê: My vader stort die land in die ongeluk; kyk tog hoe helder my oë nou is, omdat ek hierdie bietjie heuning geproe het.
30 Hoeveel te meer as die manskappe vandag vry kon eet van die buit van hul vyande wat hulle gevind het! Maar nou is die slagting onder die Filistyne nie groot nie.
31 Maar die dag het hulle die Filistyne verslaan van Migmas af na Ajalon toe, en die manskappe was baie afgemat.
32 En die manskappe het op die buit afgestorm, en kleinvee en beeste en kalwers geneem en dit op die grond geslag, en die manskappe het dit met bloed en al geëet.
33 Toe daar aan Saul geboodskap is: Kyk, die manskappe besondig hulle teen die HERE deur met bloed en al te eet, het hy gesê: Julle handel troueloos; rol nou 'n groot klip na my toe.
34 Verder het Saul gesê: Versprei julle onder die manskappe en sê aan hulle: Bring na my elkeen sy bees en elkeen sy stuk kleinvee, en slag dit hier en eet; maar besondig julle nie teen die HERE deur met bloed en al te eet nie. En al die manskappe het elkeen in die nag sy bees met sy hand gebring en dit daar geslag.
35 En Saul het vir die HERE 'n altaar gebou; dit was die eerste altaar wat hy vir die HERE gebou het.
36 Toe sê Saul: Laat ons in die nag aftrek agter die Filistyne aan, en laat ons onder hulle plunder totdat dit môre lig word; en ons moet nie een onder hulle laat oorbly nie. En hulle antwoord: Doen alles wat goed is in u oë. Maar die priester het gesê: Laat ons hier tot God nader.
37 Toe het Saul God geraadpleeg: Sal ek aftrek agter die Filistyne aan? Sal U hulle in Israel se hand gee? Maar Hy het hom die dag nie geantwoord nie.
38 En Saul sê: Kom nader hierheen, al die hoofde van die volk, en ondersoek en kyk waarin hierdie sonde vandag begaan is.
39 Want so waar as die HERE leef wat Israel verlos, al was dit ook in my seun Jonatan, dan moet hy sekerlik sterwe! Maar niemand uit al die manskappe het hom geantwoord nie.
40 Daarop sê hy aan die hele Israel: Julle moet eenkant staan, en ek en my seun Jonatan sal eenkant staan. En die manskappe antwoord Saul: Doen wat goed is in u oë.
41 Toe sê Saul aan die HERE: God van Israel, gee tog die waarheid! En Jonatan en Saul is aangewys, maar die manskappe het vry uitgegaan.
42 En Saul sê: Werp die lot tussen my en my seun Jonatan. En Jonatan is aangewys.
43 Daarop vra Saul vir Jonatan: Gee my tog te kenne wat jy gedoen het. En Jonatan het hom te kenne gegee en gesê: Ek het net 'n bietjie heuning geproe met die punt van die staf wat in my hand was; hier is ek, ek sal sterwe.
44 Toe sê Saul: Mag God aan my so doen en so daaraan toedoen, jy moet sekerlik sterwe, Jonatan!
45 Maar die manskappe het aan Saul gesê: Moet Jonatan sterwe wat hierdie groot verlossing in Israel bewerk het? Volstrek nie! So waar as die HERE leef, geen haar van sy hoof sal op die aarde val nie! Want met God het hy dit vandag gedoen. So het die volk dan Jonatan losgekoop, dat hy nie gesterf het nie.
46 Daarna het Saul agter die Filistyne teruggetrek, en die Filistyne het na hulle plek gegaan.
47 So het Saul dan die koningskap oor Israel verkry en oorlog gevoer rondom teen al sy vyande: teen Moab en teen die kinders van Ammon en teen Edom en teen die konings van Soba en teen die Filistyne; en oral waarheen hy hom gewend het, het hy straf geoefen.
48 En hy het hom dapper gedra: hy het Amalek verslaan en Israel gered uit die hand van sy berower.
49 En die seuns van Saul was Jonatan en Jiswi en Malkisua, en die naam van sy twee dogters: die naam van die oudste was Merab, en die naam van die jongste Migal.
50 En die naam van Saul se vrou was Ah¡noam, 'n dogter van Ah¡ma„s; en die naam van sy leërowerste was Abner, die seun van Ner, die oom van Saul.
51 En Kis was die vader van Saul, en Ner, die vader van Abner, was die seun van Ab¡ël.
52 Die oorlog teen die Filistyne was hewig al die dae van Saul; en waar Saul ook 'n held of 'n dapper man sien, het hy hom by hom opgeneem.
1 有一天, 扫罗的儿子约拿单对替他拿武器的仆人说: "来! 我们过到非利士人的驻军那边去吧。"但他没有告诉父亲。
2 那时扫罗在基比亚的边界, 坐在米矶仑的石榴树下, 跟随他的约有六百人。
3 其中有亚希突的儿子亚希亚带着以弗得; 亚希突是以迦博的哥哥, 非尼哈的儿子, 以利的孙子。以利从前在示罗作耶和华的祭司。约拿单去了, 众人都不知道。
4 约拿单设法要经过那个隘口到非利士人的驻军那里去, 隘口的两边各有一个山峰, 一个名叫播薛, 另一个名叫西尼。
5 一个高峰向北, 与密抹相对, 另一个向南, 与迦巴相对。
6 约拿单对替他拿武器的仆人说: "来! 我们过到这些未受割礼的人的驻军那里去, 也许耶和华会为我们动工, 因为不论人多或人少, 都不能妨碍耶和华施行拯救。"
7 替他拿武器的仆人对他说: "照你的心意作吧! 去吧, 我必与你同心。"
8 约拿单说: "我们要过到那些人那里去, 让他们看见我们。
9 如果他们对我们这样说: ‘你们站住! 等我们到你们那里去。’我们就站在原地, 不上他们那里去。
10 如果他们对我们这样说: ‘你们上到我们这里来吧! ’我们就上去, 这就是我们的凭据, 因为耶和华已经把他们交在我们的手里了。"
11 他们二人就让非利士人的驻军看见。非利士人说: "看哪! 有希伯来人从他们躲藏的洞里出来了。"
12 驻军中有人应声对约拿单和替他拿武器的人说: "你们上我们这里来吧! 我们有一件事要告诉你们。"约拿单对替他拿武器的人说: "你跟我上去, 因为耶和华已经把他们交在以色列人的手里了。"
13 约拿单手脚并用地爬了上去, 替他拿武器的人跟着他。非利士人在约拿单面前倒下, 替他拿武器的也跟在后面把他们杀死。
14 约拿单和替他拿武器的第一次杀敌, 约杀死了二十人, 都是在四分之一公顷的范围内杀的。
15 于是在营房里, 在田野中和在众人中间, 都有恐慌, 驻军和突击队也都恐惧, 地也震动, 这是从 神而来的恐惧。
16 在便雅悯的基比亚, 扫罗的瞭望兵看见非利士人的大军溃败, 四处逃窜。
17 于是扫罗对跟随他的众民说: "你们数点一下, 看看谁从我们这里出去了。"他们一数点, 就发现约拿单和替他拿武器的不在那里。
18 扫罗对亚希亚说: "把 神的约柜运来! "因为那时 神的约柜在以色列人那里。
19 扫罗正对祭司说话的时候, 非利士营中的骚乱越来越大, 扫罗就对祭司说: "住手吧! "
20 扫罗和所有跟随他的人就聚集起来, 到了战场, 就看见非利士人用刀互相击杀, 十分混乱。
21 那些从前归顺非利士人的希伯来人, 就是混杂在营里与非利士人一起上来的, 现在也转过来, 与那些跟从扫罗和约拿单的以色列人在一起。
22 那些躲藏在以法莲山地的以色列众人一听见非利士人逃跑, 也就在战场上紧紧追赶他们。
23 那一天, 耶和华拯救了以色列人。战争伸展到伯.亚文。
24 那一天, 以色列人处境很窘迫, 因为扫罗叫众人起誓说: "不等到晚上, 不等到我向敌人报了仇, 就吃食物的, 那人必受咒诅。"所以众民都没有尝过食物。
25 众人进了树林, 林中地上有蜂蜜。
26 他们进了树林, 看见有蜂蜜流出来, 却没有人敢伸手取蜜入口, 因为众人都害怕所起的誓。
27 约拿单没有听见他父亲叫众民所起的誓, 所以伸出手中的杖, 用杖头蘸在蜂房里, 转手送进口里, 他的眼睛就明亮了。
28 众民中有一个人说: "你父亲曾经叫众人严严地起誓说: ‘今天吃食物的, 那人必受咒诅。’所以众人都疲乏了。"
29 约拿单说: "我父亲连累了这地的人。你们看! 我尝了这一点蜂蜜以后, 我的眼睛就明亮了。
30 今天众民若是随意吃了从他们的仇敌夺得的东西, 不是更好吗?如今被击杀的非利士人, 不是更多吗?"
31 那一天, 他们击杀非利士人, 从密抹直到亚雅仑; 众人都非常疲乏了,
32 就急忙抢夺战利品; 他们捉住了羊、牛或牛犊, 就地宰杀, 带着血一起吃了。
33 有人告诉扫罗说: "众民吃了带着血的肉, 得罪耶和华了。"他说: "你们作了不忠的事了, 立刻把一块大石头滚到我这里来。"
34 扫罗又说: "你们分散到众人中去, 对他们说: ‘你们各人要把自己的牛羊带到我面前来, 在这里宰了吃; 不可吃带着血的肉, 得罪耶和华。’"于是当天晚上, 众人都各把自己的牛羊带到那里宰了。
35 扫罗为耶和华筑了一座祭坛, 这是他初次为耶和华筑的祭坛。
36 扫罗说: "我们趁着晚上下去追赶非利士人, 抢掠他们, 直到天亮, 不让他们留下一人。"他们说: "你看怎么好, 就怎么行吧! "但祭司说: "我们先在这里亲近 神! "
37 扫罗求问 神: "我可以下去追赶非利士人吗?你把他们交在以色列人的手里吗?"那天 神没有回答他。
38 扫罗说: "民间的众领袖啊, 你们都要走近这里来; 你们要查看今天我们犯了什么罪。
39 我指着拯救以色列、永活的耶和华起誓, 即使是我的儿子约拿单犯了罪, 他也一定要死。"众人中没有一人回答他。
40 于是扫罗对以色列众人说: "你们站在这里, 我和我的儿子约拿单站在那边。"众民回答扫罗: "你看怎么好, 就怎么行吧! "
41 扫罗祷告耶和华以色列的 神说: "求你指示实情! "于是抽签, 抽中了约拿单和扫罗; 众民都没事。
42 扫罗说: "你们再抽签, 看是我, 或是我的儿子约拿单。"结果抽中约拿单。
43 扫罗对约拿单说: "告诉我, 你作了什么事?"约拿单告诉他: "我用我手中的杖头尝了一点蜂蜜。我在这里, 我愿意死! "
44 扫罗说: "约拿单啊! 你必定要死, 否则, 愿 神加倍惩罚我。"
45 众民对扫罗说: "约拿单在以色列人中行了这样大的拯救, 难道一定要他死吗?绝对不可以! 我们指着永活的耶和华起誓, 连他一根头发也不可落在地上, 因为他今天是与 神一同作工。"这样, 众民救了约拿单, 使他免了一死。
46 扫罗上去, 不再追赶非利士人; 非利士人也回到自己的地方去了。
47 扫罗取得了以色列的王国以后, 常常攻打四围的一切仇敌, 就是摩押人、亚扪人、以东人、琐巴众王和非利士人, 他无论往哪里去, 都得到胜利。
48 扫罗行事勇敢, 击败了亚玛力人, 把以色列人从抢掠他们的人手中救了出来。
49 扫罗的儿子是约拿单、亦施韦和麦基舒亚。他的两个女儿, 长女名叫米拉, 次女名叫米甲。
50 扫罗的妻子名叫亚希暖, 是亚希玛斯的女儿。扫罗军队的元帅名叫押尼珥, 是尼珥的儿子, 尼珥是扫罗的叔叔。
51 扫罗的父亲基士和押尼珥的父亲尼珥都是亚别的儿子。
52 扫罗的一生常常与非利士人有猛烈的争战。每逢扫罗看见任何勇士或有能力的人, 就都招募归他。