1 Saul het 'n jaar geregeer. En toe hy twee jaar oor Israel geregeer het,
2 het Saul vir hom drie duisend man uit Israel uitgesoek; en by Saul was twee duisend in Migmas en op die gebergte van Bet-el, en duisend was by Jonatan in G¡bea in Benjamin; maar die orige manskappe het hy laat gaan, elkeen na sy tente toe.
3 En Jonatan het die wagpos van die Filistyne verslaan wat in Geba was, en die Filistyne het dit gehoor. Daarop het Saul op die ramshoring laat blaas in die hele land om te sê: Laat die Hebreërs dit hoor!
4 En die hele Israel het hoor sê: Saul het die wagpos van die Filistyne verslaan, en ook het Israel homself gehaat gemaak by die Filistyne. So is dan die manskappe opgeroep agter Saul aan na Gilgal toe.
5 En die Filistyne het bymekaargekom om teen Israel te veg: drie duisend strydwaens en ses duisend perderuiters en voetgangers soos die sand wat op die seestrand is in menigte; en hulle het opgetrek en laer opgeslaan by Migmas, oos van Bet-Awen.
6 Toe die manne van Israel sien dat hulle in die nood is -- want die volk was in die noute gedruk -- het die volk weggekruip in die spelonke en in die doringbosse en in die rotse en in die grotte en in die kuile.
7 En die Hebreërs het die Jordaan deurgetrek na die land Gad en G¡lead; maar Saul was nog in Gilgal met al die manskappe wat bewende agter hom aan gegaan het.
8 En hy het sewe dae lank gewag, tot die tyd wat Samuel bepaal het; maar toe Samuel nie na Gilgal kom nie en die manskappe van hom af verstrooid raak,
9 het Saul gesê: Bring na my die brandoffer en die dankoffers; en hy het die brandoffer geoffer.
10 En toe hy net gereed was om die brandoffer te bring, kom Samuel meteens daar aan; en Saul het uitgegaan hom tegemoet om hom te groet.
11 Daarop vra Samuel: Wat het jy gedoen? En Saul sê: Ek het gesien dat die manskappe verstrooid raak van my af; en toe u nie kom op die afgesproke tyd nie, terwyl die Filistyne in Migmas bymekaarkom,
12 het ek gesê: Nou sal die Filistyne na my toe aftrek in Gilgal, en ek het die aangesig van die HERE nie om genade gesmeek nie; daarom het ek myself sterk gehou en die brandoffer gebring.
13 Toe sê Samuel vir Saul: Jy het dwaas gehandel, jy het die gebod van die HERE jou God wat Hy jou beveel het, nie gehou nie; want anders sou die HERE jou koningskap oor Israel vir goed bevestig het.
14 Maar nou sal jou koningskap nie bestaan nie. Die HERE het vir Hom 'n man na sy hart gesoek; en die HERE het hom as vors oor sy volk aangestel, omdat jy nie gehou het wat die HERE jou beveel het nie.
15 Toe het Samuel klaargemaak en opgegaan van Gilgal na G¡bea in Benjamin, en Saul het die manskappe gemonster wat by hom aanwesig was, omtrent ses honderd man.
16 Terwyl Saul en sy seun Jonatan en die manskappe wat by hulle aanwesig was, in Geba in Benjamin bly en die Filistyne by Migmas laer opslaan,
17 het die roofkommando uitgetrek uit die laer van die Filistyne in drie afdelings: een deel het weggedraai op pad na Ofra, na die land Sual toe;
18 en een deel het weggedraai op pad na Bet-Horon, en een deel het weggedraai op pad na die grens wat oor die dal Seboim na die woestyn uitkyk.
19 En daar was geen smid te vinde in die hele land van Israel nie, want die Filistyne het gesê: Anders kan die Hebreërs swaarde of spiese maak.
20 Daarom moes al die Israeliete na die Filistyne afgaan om elkeen sy kluitbreker of sy pik of sy byl of sy ploegskaar skerp te maak --
21 so dikwels as die snykant stomp was aan ploegskare en pikke en drietandvurke en byle; en om die osprikkels reg te maak.
22 So het dit gekom dat daar in oorlogstyd geen swaard of spies te vinde was in die hand van al die manskappe wat by Saul en Jonatan was nie; maar by Saul en sy seun Jonatan was dit wel te vinde.
23 En 'n wagpos van die Filistyne het uitgetrek na die pas van Migmas.
1 扫罗登基的时候年三十岁, 作了以色列王四十二年(原文缺完整的年数, 这里是按《七十士译本》加上的)。
2 他从以色列人中为自己拣选了三千人; 两千人和扫罗一同驻在密抹和伯特利山, 一千人与约拿单一同驻在便雅悯的基比亚。其余的人, 扫罗都遣散他们各回自己的家去了。
3 约拿单攻打非利士人在迦巴的驻军, 非利士人听见了; 扫罗就在全地吹角, 说: "让希伯来人都听见。"
4 以色列众人听说扫罗攻打了非利士人的驻军, 又听说非利士人憎恨以色列人, 就应召在吉甲跟随扫罗。
5 非利士人聚集起来, 要与以色列人交战, 他们有战车三千("三千"原文作"三万", 这里参考一些《七十士译本》的抄本及叙利亚译本翻译)辆、骑兵六千人、步兵像海边的沙那么多。他们上来, 在伯.亚文东边的密抹安营。
6 以色列人看见自己情况危急, 处境窘迫, 众人就藏在山洞、岩穴、地洞里和地坑之中。
7 有些希伯来人渡过了约旦河, 逃到迦得和基列地。但是扫罗仍然留在吉甲, 跟随他的众人都恐惧战兢。
8 扫罗照着撒母耳所定的日期等了七天, 但撒母耳还没有来到吉甲, 众人就离开扫罗散去了。
9 扫罗说: "你们把燔祭和平安祭带到我这里来。"他就献上燔祭。
10 他刚刚献完了燔祭, 撒母耳就来到了; 扫罗出去迎接他, 向他问安。
11 撒母耳说: "你作了什么事?"扫罗回答: "因为我看见众民都离开我散去了, 你又没有照所定的日子来到, 而非利士人正在密抹聚集起来。
12 我心里想: ‘非利士人现在就要下到吉甲来攻打我, 我却还没有向耶和华求恩。’所以我就勉强自己把燔祭献上了。"
13 撒母耳对扫罗说: "你作了糊涂事了! 你没有谨守耶和华你的 神吩咐你的命令。如果你谨守, 耶和华就必在以色列中坚立你的王位, 直到永远。
14 但现在你的王位必不长久, 耶和华已经为自己找到一个合他心意的人, 立他作自己子民的领袖, 因为你没有谨守耶和华所吩咐你的。"
15 于是撒母耳动身, 从吉甲上便雅悯的基比亚去; 扫罗数点跟随他的人, 约有六百人。
16 扫罗和他的儿子约拿单, 以及跟随他们的人都停留在便雅悯的迦巴, 非利士人却在密抹安营。
17 有突击队从非利士人的营里出来, 分成三队, 一队往俄弗拉向书亚地去,
18 一队往伯.和仑去, 一队往洗波音谷对面的境界向旷野去。
19 那时, 以色列全地找不到一个铁匠, 因为非利士人说: "恐怕希伯来人制造刀剑或枪矛。"
20 以色列众人要磨锄头、犁头、斧头和铲子, 就各自下到非利士人那里去磨。
21 磨锄头或犁头的价钱是七克银子, 磨三齿叉、斧头或刺棒的价钱是四克银子。
22 所以, 到了争战的时候, 跟随扫罗和约拿单的众民, 没有一个手里有刀或枪的, 只有扫罗和他的儿子约拿单有刀枪。
23 有一队非利士人的驻军出到密抹的隘口去。