1 En toe die Filistyne in die dae hulle leër versamel vir oorlog om teen Israel te veg, sê Agis vir Dawid: Jy moet goed verstaan dat jy met my saam in die leër moet uittrek, jy en jou manne.

2 Daarop sê Dawid vir Agis: Goed, u weet wel wat u dienaar moet doen. En Agis sê vir Dawid: Goed, ek sal jou vir altyd aanstel as my lyfwag.

3 En Samuel het gesterwe, en hulle het oor hom gerouklaag, die hele Israel, en hom begrawe in Rama, naamlik in sy stad. En Saul het die dodebesweerders en die waarsêers uit die land verwyder.

4 Daarop het die Filistyne bymekaargekom en ingetrek en laer opgeslaan in Sunem. En Saul het die hele Israel versamel, en hulle het laer opgeslaan op Gilboa.

5 Toe Saul die leër van die Filistyne sien, het hy bevrees geword, en sy hart het baie gebewe.

6 En Saul het die HERE geraadpleeg, maar die HERE het hom nie geantwoord nie -- nie deur drome en nie deur die Urim en nie deur die profete nie.

7 En Saul sê aan sy dienaars: Soek julle vir my 'n vrou wat 'n dodebesweerster is, dat ek na haar kan gaan en haar raadpleeg. En sy dienaars sê vir hom: Daar is 'n vrou, 'n dodebesweerster, in Endor.

8 Daarop het Saul hom onkenbaar gemaak en ander klere aangetrek en weggegaan, hy en twee manne saam met hom. En toe hulle in die nag by die vrou aankom, sê hy: Voorspel tog vir my deur die gees van 'n afgestorwene en laat vir my opkom die een wat ek jou sal noem.

9 Maar die vrou sê vir hom: Jy weet tog self wat Saul gedoen het; hoe hy die dodebesweerders en waarsêers uit die land uitgeroei het. Waarom stel jy dan 'n val vir my op om my dood te maak?

10 Toe sweer Saul vir haar by die HERE en sê: So waar as die HERE leef, geen straf sal jou ter wille hiervan tref nie!

11 En die vrou vra: Wie moet ek vir jou laat opkom? En hy sê: Laat Samuel vir my opkom.

12 Maar toe die vrou Samuel sien, skreeu sy hardop, en die vrou het met Saul gespreek en gesê: Waarom het u my bedrieg? Want u is Saul self.

13 En die koning antwoord haar: Wees nie bevrees nie; maar wat sien jy? En die vrou sê vir Saul: Ek sien 'n bonatuurlike wese uit die aarde opkom.

14 Hy vra haar toe: Hoe is sy voorkoms? En sy antwoord: 'n Ou man kom op met 'n mantel om. Toe Saul begryp dat dit Samuel is, buig hy met sy aangesig na die aarde toe en val neer.

15 En Samuel sê vir Saul: Waarom verontrus jy my deur my te laat opkom? En Saul antwoord: Ek is baie benoud, want die Filistyne voer teen my oorlog, en God het van my gewyk en antwoord my nie langer deur die diens van die profete en ook nie deur drome nie; daarom het ek u geroep om my bekend te maak wat ek moet doen.

16 En Samuel sê: Maar waarom raadpleeg jy my terwyl die HERE van jou gewyk en jou vyand geword het?

17 Die HERE het dan vir Homself gedoen soos Hy deur my diens gespreek het, en die HERE het die koningskap uit jou hand geskeur en dit aan jou naaste, aan Dawid, gegee.

18 Omdat jy nie na die stem van die HERE geluister en die gloed van sy toorn teen Amalek nie uitgevoer het nie, daarom het die HERE jou vandag hierdie ding aangedoen.

19 En die HERE sal Israel ook saam met jou in die hand van die Filistyne gee, en môre sal jy met jou seuns by my wees; ook die leër van Israel sal die HERE in die hand van die Filistyne gee.

20 En Saul het plotseling in sy volle lengte op die grond geval en baie bevrees geword deur die woorde van Samuel; buitendien was daar geen krag in hom nie, want hy het die hele dag en die hele nag geen brood geëet nie.

21 Daarop gaan die vrou na Saul; en toe sy sien dat hy baie verskrik was, sê sy vir hom: Kyk, u dienares het na u geluister en my lewe gewaag en na u woorde geluister wat u tot my gespreek het.

22 En nou moet u self tog luister na u dienares, en laat ek u 'n stukkie brood voorsit, en eet, dat daar krag in u kan wees as u verder gaan.

23 Maar hy het geweier en gesê: Ek wil nie eet nie. Maar toe sy dienaars en die vrou ook by hom aandring, het hy na hulle geluister en opgestaan van die grond af en op die bed gaan sit.

24 En die vrou het 'n kalf in die stal by die huis gehad en dit gou geslag, en sy het meel geneem en geknie en daar ongesuurde koeke van gebak.

25 Toe het sy dit aangebring voor Saul en voor sy dienaars, en hulle het geëet en opgestaan en dieselfde nag weggegaan.

1 那时, 非利士人聚集他们的军队, 要与以色列人争战。亚吉对大卫说: "你要清楚知道, 你和跟随你的人都要在军队中与我一同出征。"

2 大卫回答亚吉说: "仆人所能作的事你都知道。"于是亚吉对大卫说: "好吧, 我要立你永远作我的护卫长。"

3 那时, 撒母耳死了, 以色列众人都为他哀哭, 把他埋葬在拉玛他自己的城里。扫罗曾经把交鬼的和行巫术的, 都从国中除去了。

4 非利士人聚集起来, 来到书念安营; 扫罗也聚集以色列众人, 在基利波安营。

5 扫罗看见了非利士人的军队, 就惧怕, 他的心大大发抖。

6 扫罗求问耶和华, 耶和华却没有借着梦, 或乌陵, 或先知回答他。

7 于是扫罗对他的臣仆说: "你们要为我寻找一个能交鬼的女人, 我好去求问她。"他的臣仆回答他说: "在隐.多珥有一个能交鬼的女人。"

8 于是扫罗改装易服, 带着两个人与他一同去了。他们夜里到了那女人那里。扫罗说: "请你用交鬼的法术, 把我所告诉你的那人为我招上来。"

9 那女人回答他: "你是知道扫罗所作的, 他已经把交鬼的和行巫术的, 都从国中剪除了, 你为什么要陷害我的命, 使我死呢?"

10 扫罗指着耶和华起誓说: "我指着永活的耶和华起誓, 你必不因这事受惩罚。"

11 那女人问: "我要为你招谁上来呢?"扫罗回答: "为我招撒母耳上来。"

12 那女人看见了撒母耳, 就大声呼叫。那女人对扫罗说: "你为什么欺骗我?你就是扫罗! "

13 王对她说: "不要惧怕。你看见了什么?"那女人回答扫罗: "我看见有神灵从地里上来。"

14 扫罗问她: "他的容貌怎样?"她回答: "上来的是一个身披外袍的老人。"扫罗知道那人是撒母耳, 就脸伏于地向他叩拜。

15 撒母耳对扫罗说: "你为什么搅扰我, 把我招上来呢?"扫罗说: "我非常苦恼, 非利士人正在攻打我, 神又离开了我, 不再借着先知或异梦回答我。所以我请你上来, 指示我应该怎样行。"

16 撒母耳说: "耶和华既然离开了你, 又成了你的敌人, 你为什么还问我呢?

17 耶和华已经照着他借我所说的话行了, 他把王国从你手中夺去, 赐给别人, 就是大卫。

18 因为你没有听从耶和华的话, 没有执行他对亚玛力人所怀的烈怒, 所以今天耶和华向你行了这样的事,

19 并且耶和华必把以色列和你一起都交在非利士人手里; 明天你和你的儿子们都要和我一起了。耶和华必把以色列的军队交在非利士人手里。"

20 扫罗立刻全身仆倒在地上, 他因撒母耳的话, 非常惧怕, 又因为他已经一日一夜没有吃饭, 所以一点气力也没有。

21 那女人来到扫罗面前, 见他非常惊慌, 就对他说: "你看, 婢女听从了你的话; 我冒着生命危险, 听从了你对我所说的话。

22 现在求你也听从婢女的话, 允许我在你面前摆上一点食物。你吃了, 身体就有气力, 可以走路。"

23 扫罗不肯, 说: "我不吃。"可是他的臣仆和那女人再三劝他, 他才听从了他们的话, 从地上起来, 坐在床上。

24 那女人的家里有一头肥牛犊, 她急忙把它宰了, 又拿点面粉, 搓好了, 烤成无酵饼,

25 送到扫罗和他臣仆的面前; 他们吃了以后, 当夜就起身离去了。