1 In die tyd het Juda afgetrek, van sy broers af weg, en uitgedraai na 'n man van Adullam met die naam van Hira.
2 En Juda het daar die dogter van 'n Kana„nitiese man gesien met die naam van Sua; en hy het met haar getrou en by haar ingegaan.
3 En sy het bevrug geword en 'n seun gebaar, en sy het hom Er genoem.
4 Daarna het sy weer bevrug geword en 'n seun gebaar en hom Onan genoem.
5 En sy het nog weer 'n seun gebaar en hom Sela genoem; en hy was in Kesib toe sy hom gebaar het.
6 En Juda het vir Er, sy eersgeborene, 'n vrou geneem, en haar naam was Tamar.
7 Maar Er, die eersgeborene van Juda, het die HERE mishaag. Daarom het die HERE hom laat sterwe.
8 Toe sê Juda vir Onan: Gaan in by die vrou van jou broer en sluit die swaershuwelik met haar en verwek vir jou broer 'n nageslag.
9 Maar Onan het geweet dat die nageslag nie syne sou wees nie; daarom het hy, elke keer as hy by die vrou van sy broer ingaan, dit op die grond verderwe om vir sy broer geen nageslag te gee nie.
10 En dit was verkeerd in die oë van die HERE wat hy gedoen het; daarom het Hy hom ook laat sterwe.
11 Toe sê Juda vir Tamar, sy skoondogter: Bly 'n weduwee in die huis van jou vader totdat my seun Sela groot is. Want hy het gedink: Anders sterwe hy ook soos sy broers! So het Tamar dan gaan woon in die huis van haar vader.
12 En n verloop van geruime tyd het die dogter van Sua, die vrou van Juda, gesterwe. En toe Juda klaar getreur het, het hy opgegaan na die skeerders van sy kleinvee, na Timna toe, hy en sy vriend Hira, die Adullamiet.
13 En hulle het Tamar te kenne gegee en gesê: Kyk, jou skoonvader gaan op na Timna om sy kleinvee te skeer.
14 Toe trek sy die klere van haar weduweeskap uit en bedek haar met 'n sluier en draai haar toe; en sy het gaan sit by die ingang van Enaim wat op die pad na Timna lê. Want sy het gesien dat Sela groot geword het, maar sy was aan hom nie as vrou gegee nie.
15 Toe Juda haar sien, het hy haar vir 'n hoer gehou, omdat sy haar gesig toegebind het;
16 en hy het na haar uitgedraai by die pad en gesê: Kom tog, laat my by jou ingaan; want hy het nie geweet dat dit sy skoondogter was nie. En sy vra: Wat sal jy my gee as jy by my ingaan?
17 En hy antwoord: Ek sal jou 'n boklam van die kleinvee af stuur. Toe sê sy: As jy 'n pand gee totdat jy dit stuur.
18 En hy sê: Wat is die pand wat ek jou moet gee? Toe antwoord sy: Jou seëlring met die bandjie en jou staf wat in jou hand is. Hy gee dit toe aan haar en gaan by haar in, en sy het by hom swanger geword.
19 En sy het opgestaan en weggegaan en haar sluier afgehaal en die klere van haar weduweeskap aangetrek.
20 En Juda het die boklam gestuur deur middel van sy vriend, die Adullamiet, om die pand uit die hand van die vrou te gaan haal. Maar hy het haar nie gevind nie.
21 Toe vra hy die mense van haar woonplek: Waar is daardie hoer wat in Enaim by die pad was? En hulle antwoord: Hier was geen hoer nie.
22 Daarop gaan hy na Juda terug met die berig: Ek het haar nie gevind nie. En die mense van die plek het ook gesê: Hier was geen hoer nie.
23 Toe sê Juda: Laat sy dit hou, dat ons nie 'n bespotting word nie. Kyk, ek het hierdie boklam gestuur, maar jy het haar nie gevind nie.
24 N omtrent drie maande het hulle Juda laat weet en gesê: Tamar, jou skoondogter, het gehoereer, en sy is ook swanger deur hoerery! En Juda sê: Bring haar uit, dat sy verbrand kan word.
25 Terwyl sy uitgebring word, laat sy haar skoonvader dit weet: By die man aan wie hierdie dinge behoort, is ek swanger. En sy het gesê: Kyk tog mooi aan wie hierdie seëlring en bandjies en staf behoort.
26 En Juda het dit herken en gesê: Sy het reg teenoor my, want ek het haar mos nie aan my seun Sela gegee nie. En hy het haar verder nie meer beken nie.
27 En toe sy sou baar, was daar 'n tweeling in haar skoot.
28 En terwyl sy baar, het een die hand uitgesteek; en die vroedvrou het dit gegryp en 'n rooi draad om sy hand gebind en gesê: Hierdie een is eerste gebore.
29 Maar toe hy sy hand teruggetrek het, word sy broer gebore! En sy sê: Hoe kragtig het jy deurgebreek! En hulle het hom Peres genoem.
30 En daarna is sy broer gebore aan wie se hand die rooi draad was. En hulle het hom Serag genoem.
1 那时, 犹大离开他的众兄弟下去, 到一个亚杜兰人的家里居住, 那人名叫希拉。
2 犹大在那里看见迦南人书亚的女儿, 就娶了她, 与她亲近。
3 她就怀了孕, 生了一个儿子, 犹大给他起名叫珥。
4 她又怀孕, 生了一个儿子, 给他起名叫俄南。
5 她再怀孕, 又生了一个儿子, 就给他起名叫示拉。她生示拉的时候, 犹大正在基悉。
6 犹大为自己的长子珥娶妻, 名叫他玛。
7 犹大的长子珥, 在耶和华眼中是个恶人, 所以耶和华取去他的性命。
8 于是犹大对俄南说: "你去与你哥哥的妻子亲近, 向她尽你作弟弟的本分, 替你的哥哥立后。"
9 俄南知道生下来的孩子不会归自己, 所以每次与哥哥的妻子亲近的时候, 都遗精在地上, 免得替自己的哥哥立后。
10 俄南所作的, 在耶和华眼中是件恶事, 所以耶和华也取去他的性命。
11 于是, 犹大对他的媳妇他玛说: "你回到你父亲家里去守寡, 等我的儿子示拉长大。"因为他心里想: "恐怕示拉也像他两个哥哥一样死去。"他玛就回去, 住在她父亲的家里。
12 过了很多日子, 犹大的妻子, 书亚的女儿死了。守丧的时间过了以后, 犹大就和他的朋友亚杜兰人希拉上亭拿去, 到替他羊群剪毛的人那里。
13 有人告诉他玛说: "你的公公现在上亭拿去剪羊毛。"
14 他玛见示拉已经长大了, 还没有娶她为妻, 就脱去守寡的衣服, 用帕子蒙脸, 遮蔽自己, 坐在亭拿路上, 伊拿印的城门口。
15 犹大看见她, 以为她是个妓女, 因为她蒙着脸。
16 犹大就过到她那边去, 说: "来吧, 让我与你亲近。"原来他不知道她就是自己的媳妇。他玛说: "你与我亲近要给我什么呢?"
17 犹大说: "我从羊群中拿一只小山羊送给你。"他玛说: "在你没有送来以前, 你可以留些东西作为保证吗?"
18 犹大问: "你要我给你什么作保证呢?"他玛回答: "你的印戒, 连同印的带子, 以及你手里的杖。"犹大就给了她, 与她亲近, 她就从犹大怀了孕。
19 他玛起来走了, 脱去帕子, 再穿上守寡的衣服。
20 犹大托自己的朋友亚杜兰人, 把一只小山羊送去, 要从那女人手中取回保证物, 却找不着她。
21 希拉问那地方的人说: "伊拿印路旁的妓女在哪里呢?"他们回答: "这里是没有妓女的。"
22 那人回去见犹大, 说: "我找不着她, 并且那地的人都说: ‘这里是没有妓女的。’"
23 犹大说: "那些东西任她拿去吧, 免得我们被人嗤笑。我已经把这小山羊送了去, 可是你找不着她。"
24 大约过了三个月, 有人告诉犹大说: "你的媳妇他玛作了妓女, 并且因此怀了孕。"犹大说: "把她拉出来, 烧死她。"
25 他玛被拉出来的时候, 派人去见她的公公说: "这些东西是谁的, 我就是从谁怀了孕。"她又说: "请你认一认, 这印戒、印的带子和手杖是谁的?"
26 犹大认出那些东西, 就说: "她比我更有理, 因为我没有把她给我的儿子示拉为妻。"从此犹大就不再与她亲近了。
27 到了他玛将要生产的时候, 腹中竟是一对双胎。
28 她正在生产的时候, 一个孩子伸出一只手来。接生婆拿了一根朱红线, 系在他的手上, 说: "这一个是先出生的。"
29 他把手收回去的时候, 他的哥哥就出来了。接生婆说: "你为什么抢着出来呢?"因此, 给他起名叫法勒斯。
30 接着, 手上系着一根朱红线的弟弟也出来了。因此, 给他起名叫谢拉。