1 Toe hoor hy die woorde van die seuns van Laban, dat hulle sê: Jakob het alles geneem wat ons vader s'n was; en uit wat ons vader s'n was, het hy al hierdie rykdom verwerf.

2 Jakob het ook meteens aan die aangesig van Laban gesien dat hy nie meer vir hom was soos gister en eergister nie.

3 En die HERE het aan Jakob gesê: Gaan terug na die land van jou vaders en na jou familie; en Ek sal met jou wees.

4 Toe stuur Jakob en laat Ragel en Lea veld toe roep na sy kleinvee

5 en sê vir hulle: Ek sien dat die aangesig van julle vader teenoor my nie meer is soos gister en eergister nie, maar die God van my vader was met my.

6 En julle weet self dat ek met al my krag julle vader gedien het;

7 maar julle vader het my bedrieg: hy het my loon tien maal verander. Maar God het hom nie toegelaat om my skade aan te doen nie.

8 As hy sê: Die gestippeldes sal jou loon wees, dan lam al die vee gestippeldes. En as hy sê: Die gestreeptes sal jou loon wees, dan lam al die vee gestreeptes.

9 So het God dan die vee van julle vader weggeneem en aan my gegee.

10 Eenkeer, in die tyd toe die kleinvee verhit was, het ek my oë opgeslaan en in 'n droom gesien dat die bokramme wat die kleinvee dek, gestreep, gestippeld en bont was.

11 En die Engel van God sê vir my in die droom: Jakob! En ek antwoord: Hier is ek!

12 En Hy sê: Slaan tog jou oë op en kyk: al die bokramme wat die kleinvee dek, is gestreep, gestippeld en bont, want Ek het alles gesien wat Laban jou aandoen.

13 Ek is die God van Bet-el waar jy die gedenksteen gesalf het, waar jy aan My 'n gelofte gedoen het. Maak jou dan nou klaar, trek weg uit hierdie land en gaan terug na jou geboorteland.

14 Toe antwoord Ragel en Lea en sê vir hom: Het ons nog deel of erfenis in die huis van ons vader?

15 Word ons nie deur hom as vreemdelinge beskou nie? Want hy het ons verkoop en die geld wat deur ons verkry is, geheel en al deurgebring.

16 Want al die rykdom wat God van ons vader weggeneem het, kom ons en ons kinders toe. Doen dan nou alles wat God jou gesê het.

17 Toe maak Jakob hom klaar en laai sy kinders en sy vroue op die kamele,

18 en hy voer al sy vee weg en al sy goed wat hy versamel het, die vee wat syne was, wat hy in Paddan-Aram versamel het, om te gaan na sy vader Isak in die land Kana„n.

19 Onderwyl Laban gaan om sy kleinvee te skeer, het Ragel die huisgode van haar vader gesteel.

20 En Jakob het Laban, die Arameër, mislei deur hom nie te vertel dat hy wou vlug nie.

21 So het hy dan gevlug met alles wat hy gehad het: hy het hom klaargemaak en deur die Eufraat gegaan en sy aangesig gerig na die gebergte van G¡lead.

22 En op die derde dag kry Laban die tyding dat Jakob gevlug het.

23 Daarop het hy sy broers saam met hom geneem en hom agternagejaag, 'n afstand van sewe dae, en hom ingehaal in die gebergte van G¡lead.

24 Maar God het na Laban, die Arameër, in die nag gekom in 'n droom en vir hom gesê: Pas nou op dat jy met Jakob geen goed of kwaad spreek nie.

25 En Laban het Jakob ingehaal; Jakob het sy tent al opgeslaan gehad in die gebergte, en Laban met sy broers het dit opgeslaan in die gebergte van G¡lead.

26 Toe vra Laban vir Jakob: Wat het jy gedoen dat jy my mislei en my dogters soos krygsgevangenes weggevoer het?

27 Waarom het jy stilletjies gevlug en my mislei en my dit nie vertel nie, dat ek jou met vrolikheid en liedere, met tamboeryn en siter kon weggebring het?

28 Ook het jy my nie toegelaat om my seuns en dogters te soen nie. Nou het jy dwaas gehandel.

29 Dit is in my mag om julle skade aan te doen, maar die God van julle vader het verlede nag met my gespreek en gesê: Pas nou op om met Jakob geen goed of kwaad te spreek nie.

30 Nou is jy dan eenmaal aan trek, omdat jy so erg verlang het na die huis van jou vader -- maar waarom het jy my gode gesteel?

31 Toe antwoord Jakob en sê vir Laban: Omdat ek bevrees was, want ek het gedink u sal miskien u dogters met geweld van my wegneem.

32 Die een by wie u u gode vind -- hy mag nie lewe nie! Ondersoek wat by my is, in teenwoordigheid van ons broers, en neem dit vir u. Maar Jakob het nie geweet dat Ragel dit gesteel het nie.

33 Toe gaan Laban in die tent van Jakob en in die tent van Lea en in die tent van die twee slavinne, maar hy het niks gekry nie; en toe hy uit die tent van Lea uitgaan, kom hy in die tent van Ragel.

34 Maar Ragel het die huisgode geneem en dit in die kameelsaal weggepak en daarop gaan sit. En Laban het die hele tent deurgevoel, maar niks gekry nie.

35 Daarop sê sy vir haar vader: My heer moet nie baie kwaai kyk nie, omdat ek nie vir u kan opstaan nie; want dit gaan met my volgens die reël van die vroue. En hy het gesoek maar die huisgode nie gekry nie.

36 Toe word Jakob kwaad, en hy het met Laban getwis; en Jakob het geantwoord en vir Laban gesê: Wat is my oortreding, wat is my sonde, dat u my so vurig agternagesit het?

37 Nou dat u al my goed deurgevoel het -- wat het u van al u huisraad gevind? Sit dit hier neer voor my broers en u broers, en laat hulle oordeel tussen ons twee.

38 Twintig jaar was ek nou by u. U skaap-- en bokooie het geen misdrag gehad nie, en die ramme van u kleinvee het ek nie geëet nie.

39 Wat die wilde diere verskeur het, het ek nie na u gebring nie: ek moes dit vergoed; van my hand het u dit geëis, of dit al bedags gesteel is of snags gesteel is.

40 Ek was 'n man wat bedags deur die hitte verteer is en snags deur die koue, en my slaap het gevlug van my oë.

41 Twintig jaar was ek nou in u huis; veertien jaar het ek u gedien vir u twee dogters en ses jaar vir u kleinvee; en u het my loon tien maal verander.

42 As die God van my vader, die God van Abraham en die Vrees van Isak, nie aan my kant was nie -- ja, dan sou u my met leë hande weggestuur het. God het my ellende en die moeitevolle arbeid van my hande aangesien en verlede nag geoordeel.

43 Toe antwoord Laban en sê vir Jakob: Die dogters is my dogters, en die seuns is my seuns, en die kleinvee is my kleinvee, ja, alles wat jy sien, is myne; maar my dogters -- wat sal ek hulle vandag kan aandoen of aan hulle seuns wat hulle gebaar het?

44 Kom dan nou, laat ons 'n verbond sluit, ek en jy, dat dit 'n getuie tussen my en jou kan wees.

45 Daarop het Jakob 'n klip geneem en dit as gedenksteen opgerig.

46 En Jakob het aan sy broers gesê: Bring klippe bymekaar! En hulle het klippe gaan haal en 'n hoop gemaak en daar op die hoop geëet.

47 En Laban het dit Jegar-Sahaduta genoem, maar Jakob het dit Gal-ed genoem.

48 Toe sê Laban: Hierdie hoop is vandag 'n getuie tussen my en jou. Daarom het hulle dit Gal-ed genoem,

49 en ook Mispa, omdat hy gesê het: Mag die HERE wag hou tussen my en jou as ons mekaar nie meer sien nie.

50 As jy my dogters mishandel, en as jy vroue neem by my dogters, dan is geen mens by ons nie: Kyk, God is getuie tussen my en jou.

51 Verder sê Laban vir Jakob: Daar is die hoop klippe, en daar is die gedenksteen wat ek tussen my en jou opgerig het --

52 hierdie hoop klippe is getuie, en die gedenksteen is getuie dat ,k na jou kant toe hierdie hoop nie sal verbytrek nie, en dat jy na my kant toe hierdie hoop en hierdie gedenksteen nie sal verbytrek met slegte bedoelinge nie.

53 Die God van Abraham en die God van Nahor, die God van hulle vader, sal regter tussen ons wees. En Jakob het gesweer by die Vrees van sy vader Isak.

54 Toe het Jakob 'n offer gebring op die gebergte en sy broers genooi om brood te eet. En hulle het brood geëet en die nag in die gebergte oorgebly.

55 En Laban het die môre vroeg opgestaan en sy seuns en sy dogters gesoen en hulle geseën. Daarna het Laban vertrek en teruggekeer na sy woonplek.

1 雅各听见拉班的众子谈论, 说: "雅各把我们父亲所有的都夺去了, 他这一切财物, 都是从我们父亲的财产那里得来的。"

2 雅各也注意到拉班的脸色, 对自己不像从前那样了。

3 那时, 耶和华对雅各说: "你要回到你列祖之地, 到你的亲族那里去, 我必与你同在。"

4 雅各就派人把拉结和利亚叫到田间的羊群那里去,

5 对她们说: "我注意到你们父亲的脸色, 对我不像从前那样了; 但是我父亲的 神与我同在。

6 我尽了我的力量来服事你们的父亲, 这是你们知道的;

7 你们的父亲却欺骗了我, 十次更改了我的工资; 但 神不容许他伤害我。

8 如果他说: ‘有斑点的算是你的工资’, 羊群所生的全部都有斑点; 如果他说: ‘有条纹的算是你的工资’, 羊群所生的全部有条纹。

9 这样, 神把你们父亲的牲畜夺来, 赐给我了。

10 有一次, 羊群交配的时候, 我在梦中举目观看, 看见爬在母羊身上的公山羊, 都是有条纹、有斑点和有花斑的。

11 神的使者在梦中对我说: ‘雅各。’我说: ‘我在这里。’

12 他说: ‘你举目观看, 所有爬在母羊身上的公山羊, 都是有条纹、有斑点和有花斑的, 因为拉班向你所作的一切, 我都看见了。

13 我就是伯特利的 神, 你曾经在那里用油膏过石柱, 又在那里向我许过愿。现在你要起程, 离开这地, 回到你的亲族那里去吧。’"

14 拉结和利亚回答雅各, 说: "在我们父亲的家里, 我们还有可得的分和产业吗?

15 他不是把我们看作外人吗?因为他把我们卖了, 吞没了我们的身价。

16 神从我们父亲夺回来的一切财物, 都是属于我们和我们的儿女的。现在 神吩咐你的一切, 你只管作吧。"

17 于是雅各起来, 叫他的儿女和妻子们都骑上骆驼。

18 又赶着他所有的牲畜, 带着他所得的一切财物, 就是他在巴旦.亚兰所得的一切牲畜, 要到迦南地, 他父亲以撒那里去。

19 当时拉班剪羊毛去了, 拉结就偷了他父亲的神像。

20 雅各瞒着亚兰人拉班, 没有告诉拉班他将要逃走。

21 于是, 雅各带着他所有的一切逃走了。他起程渡过了大河, 面对着基列山走去。

22 到了第三天, 有人告诉拉班说雅各逃走了。

23 拉班就带着自己的众兄弟追赶他, 追了七日的路程, 才在基列山把他们追上了。

24 当天晚上, 神在梦中来到亚兰人拉班那里, 对他说: "你要小心, 不可与雅各说什么。"

25 拉班追上了雅各。当时雅各已经在山上支搭了帐棚; 拉班和他的众兄弟, 也在基列山上支搭了帐棚。

26 拉班对雅各说: "你作的是什么事呢?你瞒着我, 把我的女儿们当作战俘一样带走了。

27 你为什么暗中逃走, 瞒着我不让我知道, 使我可以欢欢喜喜地唱歌、击鼓、弹琴给你送行呢?

28 你又不让我与我的外孙和女儿亲嘴。你所作的太糊涂了!

29 我本来有能力可以伤害你, 但昨天晚上, 你们父亲的 神对我说: ‘你要小心, 不可与雅各说什么。’

30 现在你既然渴想你的父家, 一定要回去, 为什么又偷我的神像呢?"

31 雅各回答拉班, 说: "我逃走, 是因为我害怕, 我心里想: 恐怕你会把你的女儿们从我的手中抢走。

32 至于你的神像, 你在谁身上搜出来, 那人就不该活着; 你当着我们众兄弟面前查一查, 如果在我这里有什么东西是你的, 你只管拿去。"原来雅各不知拉结偷了神像。

33 拉班进了雅各的帐棚、利亚的帐棚和两个婢女的帐棚, 都没有搜出什么, 于是从利亚的帐棚出来, 进了拉结的帐棚。

34 拉结已经把神像放在骆驼的鞍下, 自己坐在上面。拉班搜遍了帐棚, 但没有搜出什么。

35 拉结对她父亲说: "求我主不要生气, 我不能在你面前起来, 因为我正有女人的经期。"这样, 拉班彻底搜查了, 也搜不出那神像来。

36 雅各就生气, 与拉班争吵起来。雅各责问拉班说: "我到底有什么过犯, 有什么罪恶, 你竟这样急速地追赶我呢?

37 你已经搜遍了我所有的家具, 你有找到你家的东西没有?可以把它放在这里, 在你我的众兄弟面前, 让他们可以在你我中间判断一下。

38 这二十年来, 我与你在一起; 你的母绵羊和母山羊没掉过胎, 你羊群中的公羊, 我没有吃过。

39 被野兽撕裂的, 我没有给你带回来, 都是由我自己赔偿; 无论白天偷去的, 或是黑夜偷的, 你都要我负责。

40 我白天受尽炎热, 黑夜受尽寒霜, 不能入睡; 我经常是这样。

41 我这二十年在你的家里, 为你的两个女儿服事了你十四年; 为你的羊群服事了你六年; 你又十次改了我的工资。

42 如果不是我父亲的 神, 就是亚伯拉罕的 神, 以撒所敬畏的 神, 与我同在, 你现在必定打发我空手回去。但 神看见了我的苦情和我手中的辛劳, 所以他昨天晚上责备了你。"

43 拉班回答雅各, 说: "这些女儿是我的女儿; 这些孩子是我的孩子; 这些羊群也是我的羊群。其实你眼所见的一切都是我的。但我今日向我的女儿和她们所生的孩子, 能作什么呢?

44 来吧, 现在我和你可以立约, 作为你我之间的证据。"

45 雅各就拿了一块石头, 立作石柱。

46 雅各又对自己的众兄弟说: "你们把石头堆聚起来。"他们就把石头拿来, 堆成了一堆。他们又在石堆旁边吃喝。

47 拉班称那石堆为伊迦尔.撒哈杜他, 雅各却称那石堆为迦累得。

48 拉班说: "今天这堆石头是你我之间的证据。"因此它名叫迦累得,

49 又名叫米斯巴, 因为拉班说: "我们彼此分离以后, 愿耶和华在你我中间鉴察。

50 你若苦待我的女儿, 或在我的女儿以外, 另娶妻子, 虽然没有人在我们中间作证, 但你要注意, 神就是你我之间的见证人。"

51 拉班又对雅各说: "你看这堆石头, 看我在你我之间所竖立的石柱。

52 这堆石头就是证据, 这石柱也是证据: 我决不越过这石堆到你那里去, 你也决不可越过这石堆和石柱, 到我这里来害我。

53 但愿亚伯拉罕的 神、拿鹤的 神, 就是他们父亲的 神, 在我们中间判断。"雅各就指着他父亲以撒所敬畏的 神起誓。

54 雅各又在山上献祭, 叫了自己的众兄弟来吃饭。他们吃了饭, 就在山上过夜。

55 拉班清早起来, 与他的外孙和女儿亲嘴, 给他们祝福。然后拉班离开那里, 回自己的地方去了。(本节在《马索拉抄本》为32:1)