1 So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag.
2 En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het.
3 En God het die sewende dag geseënen dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.
4 Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is. Die dag toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak het,
5 was daar nog geen struike in die veld op die aarde nie, en geen plante van die veld het nog uitgespruit nie; want die HERE God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie.
6 Maar 'n mis het opgetrek uit die aarde en die hele aardbodem bevogtig.
7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens 'n lewende siel geword.
8 Ook het die HERE God 'n tuin geplant in Eden, in die Ooste, en daar aan die mens wat Hy geformeer het, 'n plek gegee.
9 En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad.
10 En daar het 'n rivier uit Eden uitgegaan om die tuin nat te maak; en daarvandaan is dit verdeel en het vier lope geword.
11 Die naam van die eerste is die Pison. Dit is hy wat om die hele land H wila loop waar die goud is.
12 En die goud van die land is goed. Daar is ook balsemgom en onikssteen.
13 En die naam van die tweede rivier is die Gihon. Dit is hy wat om die hele land Kus loop.
14 En die naam van die derde rivier is die Hidd,kel. Dit is hy wat oos van Assur loop. En die vierde rivier is die Frat.
15 Toe het die HERE God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak.
16 En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet,
17 maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.
18 Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom 'n hulp maak wat by hom pas.
19 En die HERE God het uit die aarde geformeer al die diere van die veld en al die voëls van die hemel en hulle na die mens gebring om te sien hoe hy hulle sou noem. En net soos die mens al die lewende wesens genoem het, so moes hulle naam wees.
20 So het die mens dan name gegee aan al die vee en aan die voëls van die hemel en aan al die wilde diere van die veld, maar vir die mens het hy geen hulp gevind wat by hom pas nie.
21 Toe het die HERE God 'n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak.
22 En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot 'n vrou en bring haar na die mens.
23 Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem.
24 Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.
25 En hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie.
1 这样, 天地万物都造齐了。
2 第七日, 神完成了他所作的工; 在第七日 神歇了他所作的一切工。
3 神赐福第七日, 把它分别为圣, 因为在这一日, 神停了他一切所创造的工, 歇息了。
4 这是创造天地的起源: 耶和华 神造天地的时候,
5 原野上还没有树木, 田间的蔬菜还没有长起来, 因为耶和华 神还没有降雨在地上, 也没有人耕种土地;
6 不过有雾气从地面上升, 滋润全地。
7 耶和华 神用地上的尘土造成人形, 把生气吹进他的鼻孔里, 那人就成了有生命的活人, 名叫亚当。
8 耶和华 神在东方的伊甸, 栽了一个园子, 把他所造的人放在那里。
9 耶和华 神使各样的树从地上长起来, 能悦人的眼目, 也好作食物。园子中间又有生命树, 和知善恶树。
10 有一条河从伊甸流出来, 灌溉那园子; 从那里分支, 成了四道河的源头。
11 第一道河名叫比逊, 就是环绕哈腓拉全地的, 在那里有金子;
12 那地的金子是好的; 在那里也有红玉和玛瑙。
13 第二道河名叫基训, 就是环绕古实全地的。
14 第三道河名叫底格里斯河("底格里斯河"原文作"希底结"), 就是流向亚述东边的。第四道河就是幼发拉底河("幼发拉底河"原文作"伯拉河")。
15 耶和华 神把那人安置在伊甸园里, 叫他耕种和看守那园子。
16 耶和华 神吩咐那人说: "园中各样树上的果子, 你都可以吃;
17 只是那知善恶树的果子, 你不可吃; 因为你吃的时候, 你必要死。"
18 耶和华 神说: "那人独居不好, 我要为他造个和他相配的帮手。"
19 耶和华 神用泥土造了野地的各样野兽, 和空中的各样飞鸟, 把它们都带到那人面前, 看他给它们叫什么名字; 那人怎样叫各样有生命的活物, 那就是它的名字。
20 那人就给各样牲畜、空中的雀鸟, 和野地的各样走兽起了名字; 只是那人没有遇见一个和他相配的帮手。
21 耶和华 神使那人沉睡。他熟睡的时候, 耶和华 神取了他的一根肋骨, 又使肉在原处复合。
22 然后, 耶和华 神用从那人身上所取的肋骨, 造了一个女人, 带她到那人面前。
23 那人说: "这是我骨中的骨, 肉中的肉; 她当称为女人, 因她是从男人身上取出来的。"
24 因此人要离开父母, 和妻子连合, 二人成为一体。
25 那时, 夫妻二人赤身露体, 彼此都不觉得羞耻。