1 Daarna het God vir Jakob gesê: Maak jou klaar, trek op na Bet-el en woon daar; en bou daar 'n altaar vir die God wat aan jou verskyn het toe jy op die vlug was vir jou broer Esau.
2 Toe sê Jakob aan sy huisgesin en aan almal wat by hom was: Verwyder die vreemde gode wat onder julle is, en reinig julle en trek ander klere aan;
3 en laat ons klaarmaak en optrek na Bet-el; en ek sal daar 'n altaar bou vir die God wat my geantwoord het op die dag van my benoudheid en by my was op die weg wat ek gegaan het.
4 Toe gee hulle aan Jakob al die vreemde gode wat in hulle besit was, en die ringe aan hulle ore, en Jakob het dit begrawe onder die terpentynboom wat by Sigem is.
5 En toe hulle weggetrek het, kom daar 'n skrik van God op die stede rondom hulle, sodat hulle die seuns van Jakob nie agternagejaag het nie.
6 So het Jakob dan in Lus aangekom wat in die land Kana„n is dit is Bet-el -- hy en al die mense wat by hom was.
7 en hy het daar 'n altaar gebou en die plek El Bet-el genoem, omdat God daar aan hom geopenbaar is toe hy vir sy broer gevlug het.
8 En Debora, die oppasser van Rebekka, het gesterwe, en sy is begrawe onderkant Bet-el, onder die eikeboom. En hulle het dit genoem: Eik van geween.
9 Toe verskyn God weer aan Jakob, by sy terugkoms uit Paddan-Aram, en Hy seën hom;
10 en God sê vir hom: Jou naam is Jakob; jy sal verder nie Jakob genoem word nie, maar Israel sal jou naam wees. En Hy het hom Israel genoem.
11 Verder sê God vir hom: Ek is God, die Almagtige. Wees vrugbaar en vermeerder. 'n Nasie, ja, 'n menigte van nasies, sal van jou afstam, en konings sal uit jou lendene voortkom.
12 En die land wat Ek aan Abraham en Isak gegee het, sal Ek aan jou gee; en aan jou nageslag n jou sal Ek die land gee.
13 Toe het God van hom af opgevaar op die plek waar Hy met hom gespreek het.
14 En Jakob het 'n gedenksteen opgerig op die plek waar Hy met hom gespreek het, 'n gedenksteen van klip, en daarop 'n drankoffer uitgegiet en olie daarop gegooi.
15 En Jakob het die plek waar God met hom gespreek het, Bet-el genoem.
16 Daarna het hulle van Bet-el af weggetrek. En toe daar nog 'n kort ent pad was om by Efrat te kom, moes Ragel baar; en sy het dit swaar gehad by die bevalling.
17 En terwyl sy dit swaar het by die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: Wees nie bevrees nie, want dit is ook 'n seun vir u.
18 En toe haar siel uitgaan -- want sy het gesterwe -- noem sy hom Ben-Oni. Maar sy vader het hom Benjamin genoem.
19 So het Ragel dan gesterwe; en sy is begrawe op die pad na Efrat, dit is Betlehem.
20 En Jakob het 'n gedenksteen op haar graf opgerig; dit is die gedenkteken van die graf van Ragel tot vandag toe.
21 En Israel het weggetrek en sy tent opgeslaan aan die ander kant van Migdal-Eder.
22 En terwyl Israel in die land woon, het Ruben gegaan en met Bilha, sy vader se byvrou, gemeenskap gehad. En Israel het dit gehoor. En die seuns van Jakob was twaalf.
23 Die seuns van Lea was: Ruben, die eersgeborene van Jakob, daarna S¡meon en Levi en Juda en Issaskar en S,bulon.
24 Die seuns van Ragel: Josef en Benjamin.
25 En die seuns van Bilha, die slavin van Ragel: Dan en N ftali.
26 En die seuns van Silpa, die slavin van Lea: Gad en Aser. Dit is die seuns van Jakob wat vir hom in Paddan-Aram gebore is.
27 En Jakob het by sy vader Isak gekom in Mamre, by Kirjat-Arba, dit is Hebron, waar Abraham as vreemdeling vertoef het, en ook Isak.
28 En die dae van Isak was honderd en tagtig jaar.
29 En Isak het die asem uitgeblaas en gesterwe, en hy is by sy volksgenote versamel, oud en afgeleef. En sy seuns Esau en Jakob het hom begrawe.
1 神对雅各说: "起来, 上伯特利去, 住在那里; 你要在那里筑一座坛给 神, 就是从前你逃避你哥哥以扫的时候, 向你显现的那一位。"
2 雅各就对他的家人, 和所有与他在一起的人说: "你们要除去你们中间外族人的神像, 你们要洁净自己, 更换你们的衣服。
3 我们要起程, 上伯特利去; 我要在那里给 神筑一座祭坛, 他就是在我遭患难的时候应允我的呼求, 在我所行的路上与我同行的那一位。"
4 他们就把自己手中所有外族人的神像, 和自己耳朵上的环子, 都交给雅各; 雅各把这些东西埋在示剑附近的橡树底下。
5 他们出发了, 神使周围的城市都非常惧怕, 他们就不追赶雅各的儿子。
6 于是雅各和与他在一起的人, 到了迦南地的路斯, 就是伯特利。
7 他在那里筑了一座坛, 就称那地方为伊勒.伯特利, 因为他逃避他哥哥的时候, 神曾经在那里向他显现。
8 利百加的乳母底波拉死了, 葬在伯特利下边的橡树底下, 所以给那棵树起名叫亚伦.巴古。
9 雅各从巴旦.亚兰回来以后, 神再次向他显现, 赐福给他。
10 神对他说: "你的名原是雅各, 但以后不要再叫雅各, 以色列才是你的名。"这样, 神给他改名叫以色列。
11 神对他说: "我是全能的 神, 你要繁殖增多, 必有一大国从你而生, 又必有很多君王从你而出。
12 我赐给亚伯拉罕和以撒的地, 我要赐给你, 我也要把这地赐给你的后裔。"
13 神从与雅各谈话的地方, 离开他上升去了。
14 雅各就在 神与他谈话的地方, 立了一根石柱; 在柱上浇了奠祭和油。
15 雅各给 神与他谈话的地方起名叫伯特利。
16 他们从伯特利起程, 离以法他还有一段路程的时候, 拉结产期到了; 但她遇到难产。
17 她正在极辛苦的时候, 接生婆对她说: "不要怕, 你这次又得了一个儿子。"
18 拉结快要死了, 正要断气的时候, 她给她儿子起名叫便.俄尼; 他的父亲却叫他便雅悯。
19 拉结死了, 葬在通往以法他的路旁。以法他就是伯利恒。
20 雅各在她的坟墓上立了一根柱子, 就是拉结的墓碑, 到今天还在。
21 以色列又起程前行, 在以得台那边支搭了帐棚。
22 以色列在那地居住的时候, 流本竟去与他父亲的妾辟拉同睡; 这事以色列也听见了。雅各共有十二个儿子。
23 利亚的儿子有: 雅各的长子流本, 以及西缅、利未、犹大、以萨迦和西布伦。
24 拉结的儿子有: 约瑟和便雅悯。
25 拉结的婢女辟拉的儿子有: 但和拿弗他利。
26 利亚的婢女悉帕的儿子有: 迦得和亚设。这些都是雅各在巴旦.亚兰所生的儿子。
27 雅各来到基列.亚巴的幔利他父亲以撒那里, 基列.亚巴就是希伯仑, 是亚伯拉罕和以撒寄居过的地方。
28 以撒一生的年日共一百八十岁。
29 以撒年纪老迈, 享尽天年, 就气绝而死, 归到他的亲族那里去了; 他儿子以扫和雅各把他葬了。