1 En Dina, die dogter van Lea, wat sy vir Jakob gebaar het, het uitgegaan om die dogters van die land te leer ken.
2 Toe Sigem, die seun van Hemor, die Hewiet, die vors van die land, haar sien, het hy haar gegryp en met haar gemeenskap gehad en haar onteer.
3 En sy siel het verkleef geraak aan Dina, die dogter van Jakob; en hy het die dogter liefgehad en na die hart van die dogter gespreek.
4 Sigem het ook met sy vader Hemor gespreek en gesê: Neem daardie dogter vir my as vrou.
5 Toe Jakob dan hoor dat hy sy dogter Dina onteer het, was sy seuns by sy vee in die veld; en Jakob het geswyg totdat hulle gekom het.
6 En Hemor, die vader van Sigem, het na Jakob uitgegaan om met hom te spreek.
7 En die seuns van Jakob het uit die veld gekom toe hulle dit hoor; en die manne was gegrief en baie kwaad, omdat hy 'n skanddaad in Israel begaan het deur met die dogter van Jakob gemeenskap te hou: so iets mag nie gebeur het nie.
8 Toe spreek Hemor met hulle en sê: Die siel van my seun Sigem is verlief op julle dogter: gee haar tog aan hom as vrou
9 en verswaer julle met ons: gee aan ons julle dogters, en neem vir julle ons dogters.
10 Bly maar by ons woon, en die land sal voor julle oop lê; woon en trek rond daarin en verwerf vaste besittings daarin.
11 En Sigem sê vir haar vader en haar broers: Laat my guns vind in julle oë, en wat julle van my eis, sal ek gee.
12 Vra my 'n baie groot koopprys en geskenk, en ek sal dit gee soos julle aan my sê; gee my net die dogter as vrou.
13 Toe antwoord die seuns van Jakob vir Sigem en Hemor, sy vader, met bedrog -- hulle het so gespreek, omdat hy hulle suster Dina onteer het --
14 en sê vir hulle: Ons kan dit nie doen om ons suster aan 'n man te gee wat die voorhuid het nie, want dit sou 'n skande vir ons wees.
15 Net op hierdie voorwaarde kan ons inwillig: as julle word soos ons deurdat almal wat manlik is onder julle, besny word.
16 Dan sal ons ons dogters aan julle gee, en ons sal julle dogters vir ons neem; en ons sal by julle woon en een volk word.
17 Maar as julle nie na ons luister om besny te word nie, dan neem ons ons dogter en ons trek weg.
18 En hulle woorde was goed in die oë van Hemor en in die oë van Sigem, die seun van Hemor.
19 En die jongman het nie versuim om dit te doen nie, want hy het sin gehad in die dogter van Jakob, en hy was die mees geëerde in die hele huis van sy vader.
20 Toe gaan Hemor en sy seun Sigem na die poort van hulle stad, en hulle spreek met die manne van hul stad en sê:
21 Hierdie manne lewe in vrede met ons; daarom, laat hulle in die land woon en daarin rondtrek: die land lê mos alkante toe wyd voor hulle. Ons kan hulle dogters vir ons as vroue neem, en ons sal ons dogters aan hulle gee.
22 Maar net op hierdie voorwaarde sal die manne inwillig om by ons te woon, om een volk te word: as almal wat manlik is onder ons, besny word soos hulle besny is.
23 Hulle vee en hulle besittings en al hulle diere -- sal dit nie ons s'n wees nie? Laat ons net inwillig, sodat hulle by ons kan bly woon.
24 En hulle het geluister na Hemor en na sy seun Sigem almal wat uit sy stadspoort uitgegaan het; en almal wat manlik was, is besny, almal wat uit sy stadspoort uitgegaan het.
25 Maar op die derde dag, toe hulle in die pyn was, neem die twee seuns van Jakob, S¡meon en Levi, broers van Dina, elkeen sy swaard, en hulle oorval die sorgelose stad en slaan almal dood wat manlik was.
26 Hulle slaan ook Hemor en sy seun Sigem dood met die skerpte van die swaard; daarna neem hulle Dina uit die huis van Sigem uit en vertrek.
27 Die seuns van Jakob het op die gesneuweldes afgekom en die stad geplunder, omdat hulle hulle suster onteer het.
28 Hulle kleinvee en hulle beeste en hulle esels -- wat in die stad en in die veld was -- het hulle weggeneem.
29 En al hulle goed en al hulle kinders en hulle vroue het hulle as gevangenes weggevoer en as buit, en ook alles wat in die huise was.
30 Toe sê Jakob vir S¡meon en Levi: Julle het my ontroer dat julle my gehaat gemaak het by die inwoners van die land, die Kana„niete en Feresiete, terwyl ek 'n klein klompie is. As hulle hul teen my versamel, sal hulle my verslaan, en ek sal verdelg word, ek en my huis.
31 Toe antwoord hulle: Hoe durf hy dan ons suster as 'n hoer behandel!
1 利亚给雅各所生的女儿底拿, 出去要看看当地的女子。
2 当地的首长, 希未人哈抹的儿子示剑, 看见她, 就拉住她, 把她强奸, 污辱了她。
3 示剑的心恋慕雅各的女儿底拿, 他深爱这少女, 就用甜言蜜语安慰她。
4 示剑对他父亲哈抹说: "求你为我聘这女子为妻。"
5 雅各听见示剑奸污了他的女儿底拿; 但那时他的儿子正在田间看守他的牲畜, 所以他没有作声, 只等他们回来。
6 示剑的父亲哈抹出来见雅各, 要与他商议。
7 雅各的儿子听见了这事, 就从田间回来; 各人都感到非常悲痛和忿怒, 因为示剑在以色列中作了丑事, 就是把雅各的女儿奸污了, 这是不应该作的。
8 哈抹与他们商议说: "我儿子示剑的心依恋你们家的女儿, 请你们把她给我的儿子为妻吧。
9 你们与我们可以彼此结亲; 你们可以把女儿嫁给我们, 也可以娶我们的女儿为妻。
10 这样, 你们可以与我们同住; 这地就摆在你们面前, 只管在其中居住, 来往作买卖, 购置产业吧。"
11 示剑对底拿的父亲和她的兄弟说: "但愿我得你们的喜悦, 无论你们要什么, 我必给你们。
12 任由你们向我要多重的聘金和多大的礼物, 我必照你们所说的给你们, 只要你们把这少女给我为妻就是了。"
13 雅各的众子, 因为示剑奸污了他们的妹妹底拿, 就用欺诈的话回答示剑和他父亲哈抹,
14 对他们说: "我们不能把妹妹给一个没有受割礼的人为妻, 因为那是我们的耻辱。
15 只有一个条件, 我们才可以答允你们, 就是你们当中所有的男子都受割礼, 像我们一样。
16 我们就可以把女儿嫁给你们, 也可以娶你们的女儿为妻; 我们可以与你们同住, 大家成为一族人。
17 但如果你们不肯听从我们受割礼, 我就要把我们家的女儿带走了。"
18 哈抹和他儿子示剑觉得他们的提议很好。
19 那少年就立刻照着去作, 因为他喜爱雅各的女儿; 他在他父亲的全家中又是最受尊敬的。
20 哈抹和他儿子示剑来到自己的城的门口, 对城里的人说:
21 "这些人与我们和平相处, 不如让他们在这地居住, 来往作买卖吧。这地两边都很宽阔, 可以容纳他们; 我们可以娶他们的女儿为妻, 也可以把我们的女儿嫁给他们。
22 但是只有一个条件, 这些人才应允与我们同住, 大家成为一族人, 就是我们中间所有的男子都受割礼, 好像他们受了割礼一样。
23 这样他们的牲畜、财产和所有的牲口, 不都要归我们所有吗?只要我们应允他们的条件, 他们就与我们同住了。"
24 所有从城门出入的人, 都听从了哈抹和他儿子示剑的话。于是, 所有从城门出入的男子, 都受了割礼。
25 到了第三天, 他们正在疼痛的时候, 雅各的两个儿子, 就是底拿的哥哥西缅和利未拿着刀剑, 趁着他们想不到的时候, 进了那城, 把所有的男子都杀了。
26 又用刀剑杀了哈抹和他儿子示剑, 然后从示剑的家里把底拿带走。
27 雅各的儿子因为他们的妹妹被人奸污了, 就来到被杀的人那里, 抢掠那城,
28 夺去他们的羊群、牛群和驴, 以及城里和田间所有的,
29 又把他们所有的财物、孩子和妇女都掳去。屋里所有的东西, 都抢掠一空。
30 雅各对西缅和利未说: "你们连累了我, 使我在这地的居民, 就是在迦南人和比利洗人中间, 成了可憎的人。我们人数不多, 如果他们联合起来对付我, 攻击我, 我和我的家就必灭绝了。"
31 他们回答说: "他怎可以待我们的妹妹好像妓女一样呢?"