1 En die HERE het Sara besoek soos Hy beloof het; en die HERE het aan Sara gedoen soos Hy gespreek het:
2 Sara het bevrug geword en vir Abraham in sy ouderdom 'n seun gebaar op die bepaalde tyd wat God genoem het.
3 En Abraham het sy seun wat vir hom gebore is, wat Sara vir hom gebaar het, Isak genoem.
4 En Abraham het sy seun Isak besny toe hy agt dae oud was, soos God hom beveel het.
5 En Abraham was honderd jaar oud toe sy seun Isak vir hom gebore is.
6 En Sara het gesê: 'n Gelag het God my berei: elkeen wat dit hoor, sal oor my lag.
7 Verder sê sy: Wie kon ooit aan Abraham voorspel het: Sara soog kinders? Want ek het 'n seun gebaar in sy ouderdom.
8 En die kind het opgegroei en is gespeen. En Abraham het 'n groot maaltyd berei op die dag toe Isak gespeen is.
9 Toe sien Sara hoe die seun van Hagar, die Egiptiese slavin, wat sy vir Abraham gebaar het, spot;
10 en sy sê aan Abraham: Jaag hierdie slavin en haar seun weg, want die seun van hierdie slavin mag nie saam met my seun Isak erwe nie.
11 En die woord was baie verkeerd in die oë van Abraham vanweë sy seun.
12 Maar God het aan Abraham gesê: Laat dit nie verkeerd wees in jou oë ter wille van die seun en van jou slavin nie. Luister na Sara in alles wat sy van jou verlang, want deur Isak sal daar vir jou 'n nageslag genoem word.
13 Maar Ek sal ook die seun van die slavin tot 'n nasie maak, omdat hy jou kind is.
14 Toe is Abraham die môre vroeg op, en hy het brood en 'n sak met water geneem en dit aan Hagar gegee deur dit op haar skouer te sit, en ook die kind, en haar weggestuur. Sy het toe weggegaan en rondgedwaal in die woestyn van Bers,ba.
15 En toe die water in die sak op was, het sy die kind onder een van die bosse neergewerp
16 en geloop en op 'n afstand gaan sit so ver as 'n boog kan skiet; want sy het gesê: Ek wil die dood van die kind nie aansien nie. En sy het op 'n afstand gaan sit en haar stem verhef en geween.
17 Toe hoor God die stem van die seun, en die Engel van God het na Hagar geroep uit die hemel en haar gevra: Wat is dit met jou, Hagar? Wees nie bevrees nie, want God het na die stem van die seun geluister op die plek waar hy is.
18 Staan op, tel die seun op en hou hom vas met jou hand, want Ek sal hom 'n groot nasie maak.
19 Daarop het God haar oë geopen, en sy sien 'n put! En sy het geloop en die sak vol water gemaak en die seun laat drink.
20 En God was met die seun; en hy het opgegroei en in die woestyn gewoon en 'n boogskutter geword:
21 hy het in die woestyn Paran gewoon; en sy moeder het vir hom 'n vrou uit Egipteland geneem.
22 In die tyd het Abim,leg en Pigol, sy leërowerste, met Abraham gespreek en gesê: God is met jou in alles wat jy doen.
23 Sweer dan nou vir my hier by God dat jy met my en my kroos en my nageslag nie vals sal handel nie; dieselfde guns wat ek jou bewys het, moet jy aan my bewys en aan die land waarin jy as vreemdeling vertoef.
24 En Abraham antwoord: Ek sweer.
25 Maar Abraham het Abim,leg aangespreek oor 'n put wat die dienaars van Abim,leg met geweld geneem het.
26 Daarop antwoord Abim,leg: Ek weet nie wie dit gedoen het nie, en jy het my dit ook nie meegedeel nie, en ek het daar ook niks van gehoor nie as net vandag.
27 Toe neem Abraham kleinvee en beeste en gee dit aan Abim,leg; en hulle twee het 'n verbond gesluit;
28 Abraham het naamlik die sewe ooilammers van die kleinvee eenkant uitgekeer.
29 Toe sê Abim,leg vir Abraham: Wat beteken hierdie sewe ooilammers wat jy uitgekeer het?
30 En hy antwoord: Die sewe ooilammers moet jy uit my hand aanneem, sodat dit vir my 'n getuienis kan wees dat ek hierdie put gegrawe het.
31 Daarom noem hulle die plek Bers,ba, omdat hulle twee daar gesweer het.
32 So het hulle dan 'n verbond gesluit in Bers,ba. Daarna het Abim,leg en Pigol, sy leërowerste, klaargemaak en na die land van die Filistyne teruggegaan.
33 En hy het 'n tamarisk in Bers,ba geplant en daar die Naam van die HERE, die ewige God, aangeroep.
34 En Abraham het baie dae as vreemdeling in die land van die Filistyne vertoef.
1 耶和华照着以前所说的, 眷顾撒拉; 耶和华按着他的应许, 给撒拉作成。
2 亚伯拉罕年老的时候, 撒拉怀了孕, 到了 神应许的日期, 就给亚伯拉罕生了一个儿子。
3 亚伯拉罕给撒拉为他所生的儿子, 起名叫以撒。
4 亚伯拉罕的儿子以撒生下来第八天, 亚伯拉罕就照着 神吩咐他的, 给以撒行了割礼。
5 他儿子以撒出生的时候, 亚伯拉罕正一百岁。
6 撒拉说: " 神使我欢笑, 凡听见的, 也必为我欢笑。"
7 又说: "谁能告诉亚伯拉罕, 撒拉要乳养儿女呢?在他年老的时候, 我竟给他生了一个儿子。"
8 孩子渐渐长大, 就断了奶。以撒断奶的那天, 亚伯拉罕摆设盛大的筵席。
9 撒拉看见那埃及人夏甲给亚伯拉罕所生的儿子在嬉戏, 就对亚伯拉罕说:
10 "把这婢女和她的儿子赶出去, 因为这婢女的儿子不能和我的儿子以撒一同承受产业。"
11 亚伯拉罕因他的儿子而非常烦恼。
12 神对亚伯拉罕说: "不要因这童子和你的婢女而烦恼。撒拉对你说的话, 你都要听从; 因为以撒生的, 才可以称为你的后裔。
13 至于这婢女的儿子, 我也要使他成为一国, 因为他也是你的后裔。"
14 亚伯拉罕清早起来, 拿饼和一皮袋水, 给了夏甲, 放在她的肩膀上, 又把孩子交给她, 就打发她离开。夏甲走了, 在别是巴的旷野飘荡。
15 皮袋里的水用尽了, 夏甲就把孩子撇在一棵小树底下。
16 然后自己走开, 在离开约有一箭之远的地方, 相对而坐, 说: "我不忍眼看孩子死去。"就相对坐着, 放声大哭。
17 神听见了童子的声音, 他的使者就从天上呼叫夏甲, 对她说: "夏甲啊, 你为什么这样呢?不要害怕, 因为孩子在那里所发的声音 神已经听见了。
18 起来, 扶起孩子, 尽力保护他; 因为我要使他成为大国。"
19 神开了夏甲的眼睛, 她就看见一口水井。她去把皮袋盛满了水, 就给孩子喝。
20 神与孩子同在, 他渐渐长大, 住在旷野, 成了个弓箭手。
21 他住在巴兰的旷野, 他的母亲从埃及地给他娶了一个妻子。
22 那时, 亚比米勒和他的军长非各对亚伯拉罕说: "在你所作的一切事上, 神都与你同在。
23 现在你要在这里指着 神对我起誓, 你不会以诡诈待我和我的子子孙孙。我怎样恩待了你, 你也要怎样恩待我和你寄居的地方。"
24 亚伯拉罕回答: "我愿意起誓。"
25 亚伯拉罕因亚比米勒的仆人强占了一口水井, 就指责亚比米勒。
26 亚比米勒说: "谁作了这事, 我不知道, 你都没有告诉我; 我现在才听见。"
27 于是亚伯拉罕牵了牛羊来, 送给亚比米勒, 二人就彼此立约。
28 亚伯拉罕把羊群中的七只母羊羔, 放在另外一处。
29 亚比米勒问亚伯拉罕: "你把这七只母羊羔放在另外一处, 是什么意思呢?"
30 亚伯拉罕回答: "意思就是: 你从我手里接受这七只母羊羔, 好作我挖了这口井的证据。"
31 因此那地方名叫别是巴, 因为他们二人在那里起了誓。
32 他们在别是巴立约以后, 亚比米勒和他的军长非各, 就起程回非利士地去了。
33 亚伯拉罕在别是巴栽了一棵垂丝柳树, 就在那里求告耶和华永活的 神的名。
34 亚伯拉罕在非利士人的地方寄居了许多日子。