1 En Abraham het weer 'n vrou geneem met die naam van Ketura.
2 En sy het vir hom Simran en Joksan en Medan en M¡dian en Jisbak en Suag gebaar.
3 En Joksan was die vader van Skeba en Dedan; en die kinders van Dedan was die Assuriete, Letusiete en LeÂmmiete.
4 En die seuns van M¡dian was: Efa en Efer en Henog en Ab¡da en Elda„. Hulle almal was seuns van Ketura.
5 En Abraham het aan Isak alles gegee wat hy besit het,
6 maar aan die seuns van die byvroue van Abraham het Abraham geskenke gegee en hulle, nog by sy lewe, van sy seun Isak af oos laat wegtrek, na die Oosland.
7 En dit is die dae van die lewensjare van Abraham wat hy geleef het: honderd vyf en sewentig jaar.
8 Abraham het die asem uitgeblaas en in goeie ouderdom gesterwe, oud en afgeleef. En hy is by sy volksgenote versamel.
9 En sy seuns Isak en Ismael het hom begrawe in die spelonk van Magp,la, in die stuk grond van Efron, die seun van Sohar, die Hetiet, wat oos van Mamre lê,
10 die stuk grond wat Abraham van die seuns van Het gekoop het. Daar is Abraham begrawe en sy vrou Sara.
11 N die dood van Abraham het God sy seun Isak geseën; en Isak het gewoon by die put Lagai-Ro‹.
12 En dit is die stamboom van Ismael, die seun van Abraham, wat Hagar, die Egiptiese, die slavin van Sara, vir Abraham gebaar het --
13 dit is die name van die seuns van Ismael, hulle name volgens hulle afstamming: die eersgeborene van Ismael, N,bajot; dan Kedar en Adbeël en Mibsam
14 en Misma en Duma en Massa,
15 Hadad en Tema, Jetur, Nafis en Kedma.
16 Dit is die seuns van Ismael, en dit hulle name, in hulle dorpe en laers, twaalf vorste volgens hulle volkstamme.
17 En dit is die lewensjare van Ismael: honderd sewe en dertig jaar; en hy het die asem uitgeblaas en gesterwe, en hy is versamel by sy volksgenote.
18 En hulle het gewoon van H wila tot by Sur wat oos van Egipte lê in die rigting van Assur. Teenoor al sy broers het hy hom gevestig.
19 En dit is die geskiedenis van Isak, die seun van Abraham: Abraham was die vader van Isak.
20 En Isak was veertig jaar oud toe hy Rebekka, die dogter van B,tuel, die Arameër uit Paddan-Aram, die suster van Laban, die Arameër, vir hom as vrou geneem het.
21 En Isak het die HERE gesmeek met die oog op sy vrou, want sy was onvrugbaar; en die HERE het hom verhoor, sodat sy vrou Rebekka swanger geword het.
22 En die kinders het teen mekaar gestoot binne-in haar. Toe sê sy: As dit so gaan, waarvoor leef ek dan? Daarop het sy gegaan om die HERE te raadpleeg.
23 En die HERE het haar geantwoord: Twee nasies is in jou skoot, en twee volke sal van mekaar gaan uit jou liggaam; en die een volk sal sterker wees as die ander volk; en die oudste sal die jongste dien.
24 En toe haar dae vervul is dat sy moes baar, was daar 'n tweeling in haar skoot.
25 En die eerste is gebore -- rooi, geheel en al soos 'n mantel van hare. Daarom het hulle hom Esau genoem.
26 En daarna is sy broer gebore, terwyl sy hand die hakskeen van Esau vashou. Daarom het hulle hom Jakob genoem. En Isak was sestig jaar oud by hulle geboorte.
27 En die seuns het opgegroei: Esau het 'n ervare jagter geword, 'n man van die veld; maar Jakob was 'n vredeliewende man wat in tente gewoon het.
28 En Isak het Esau liefgehad, want wildsvleis was na sy smaak; maar Rebekka het Jakob liefgehad.
29 En Jakob het 'n kooksel klaargemaak en Esau het moeg uit die veld gekom.
30 Toe sê Esau vir Jakob: Laat my tog sluk van die rooigoed daar, want ek is moeg. Daarom het hulle hom Edom genoem.
31 En Jakob antwoord: Verkoop eers jou eersgeboortereg aan my.
32 En Esau sê: Kyk, ek gaan sterwe, en wat baat die eersgeboortereg my dan?
33 Toe antwoord Jakob: Sweer eers vir my. En hy het vir hom gesweer en sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop.
34 En Jakob het aan Esau brood en die kooksel lensies gegee; en hy het geëet en gedrink en opgestaan en weggegaan. So het Esau dan sy eersgeboortereg verag.
1 亚伯拉罕又娶了一个妻子, 名叫基土拉。
2 基土拉给他生了心兰、约珊、米但、米甸、伊施巴和书亚。
3 约珊生了示巴和底但, 而底但的子孙是亚书利人、利都示人和利乌米人。
4 米甸的儿子是以法、以弗、哈诺、亚比大和以勒大。这些人都是基土拉的子孙。
5 亚伯拉罕把自己一切所有的都给了以撒。
6 亚伯拉罕把礼物分给他庶出的众子, 在自己还活着的时候, 就打发他们离开他的儿子以撒, 向东面行, 往东方的地去。
7 亚伯拉罕一生的年日是一百七十五岁。
8 亚伯拉罕寿高年老, 享尽天年, 气绝而死, 归到他的先人那里去了。
9 他的儿子以撒和以实玛利把他埋葬在麦比拉洞里。这洞是在幔利前面, 赫人琐辖的儿子以弗仑的田间,
10 就是亚伯拉罕从赫人那里买来的那块田。亚伯拉罕和他的妻子撒拉都埋葬在那里。
11 亚伯拉罕死后, 神赐福给他的儿子以撒; 那时, 以撒住在庇耳.拉海.莱附近。
12 以下是撒拉的婢女埃及人夏甲, 给亚伯拉罕所生的儿子以实玛利的后代。
13 以实玛利的众子, 按着他们的家谱, 名字如下: 以实玛利的长子是尼拜约, 其次是基达、押德别、米比衫、
14 米施玛、度玛、玛撒、
15 哈达、提玛、伊突、拿非施和基底玛。
16 这些都是以实玛利的儿子。他们的村庄和营地都按着他们的名字命名; 他们作了十二族的族长。
17 以实玛利一生的岁数, 是一百三十七岁; 他气绝而死, 归到他的先人那里去了。
18 他的子孙住在哈腓拉直到埃及东面的书珥, 通往亚述的道上。以实玛利却住在自己众兄弟的东面。
19 以下是亚伯拉罕的儿子以撒的后代。亚伯拉罕生以撒。
20 以撒娶利百加为妻的时候, 正四十岁。利百加是巴旦.亚兰地、亚兰人彼土利的女儿, 是亚兰人拉班的妹妹。
21 以撒因为自己的妻子不生育, 就为她恳求耶和华。耶和华应允了他, 他的妻子利百加就怀了孕。
22 双胎在她腹中彼此碰撞, 她就说: "若是这样, 我为什么活着呢?"她就去求问耶和华。
23 耶和华回答她: "两国在你肚里, 两族从你腹中要分出来; 将来这族必强过那族, 大的要服事小的。"
24 到了生产的时候, 她肚腹中果然是一对双生子。
25 先出来的, 全身赤红有毛, 像毛衣一样, 他们就给他起名叫以扫。
26 随后, 他的弟弟也出来了, 他的手抓住以扫的脚跟, 因此就给他起名叫雅各。利百加生下两个儿子的时候, 以撒年正六十岁。
27 两个孩子渐渐长大; 以扫善于打猎, 喜欢生活在田野; 雅各为人安静, 常常住在帐棚里。
28 以撒爱以扫, 因为他常吃以扫的野味; 利百加却爱雅各。
29 有一次, 雅各正在煮豆汤的时候, 以扫从田野回来, 疲乏得很。
30 以扫对雅各说: "求你把这红豆汤给我喝吧, 因为我疲乏得很。"因此, 以扫的名字又叫以东。
31 雅各说: "你要先把你的长子名分卖给我。"
32 以扫说: "我快要死了, 这长子名分对我有什么益处呢?"
33 雅各说: "你先向我起誓吧。"以扫就向他起了誓, 把自己的长子名分卖给雅各。
34 于是, 雅各把饼和红豆汤给了以扫; 以扫吃了, 喝了, 就起来走了。以扫就这样轻看了他的长子名分。