1 En Jakob het sy oë opgeslaan, en toe hy meteens Esau sien aankom en vier honderd man saam met hom, het hy die kinders onder Lea en Ragel en onder die twee slavinne verdeel.

2 En hy het die slavinne met hulle kinders eerste, en Lea met haar kinders daaragter, en Ragel en Josef laaste opgestel;

3 maar hy self het voor hulle uit gegaan en hom sewe maal na die aarde gebuig, totdat hy by sy broer gekom het.

4 Toe loop Esau hom tegemoet en omhels hom en val hom om die hals en soen hom; en hulle het geween.

5 Daarna het hy sy oë opgeslaan en die vroue en kinders gesien en gesê: Wie het jy daar by jou? En hy antwoord: Die kinders wat God uit genade aan u dienaar geskenk het.

6 En die slavinne het nader gekom, hulle en hulle kinders, en hul neergebuig.

7 En Lea het ook nader gekom met haar kinders en hul neergebuig; en daarna het Josef nader gekom en Ragel en hul neergebuig.

8 Daarop sê hy: Wat is jou bedoeling met daardie hele laer wat ek teëgekom het? En hy antwoord: Om guns te vind in die oë van my heer.

9 Maar Esau sê: Ek het baie, my broer! Wat joue is, laat dit joue bly!

10 Toe antwoord Jakob: Ag nee, as ek nou guns in u oë gevind het, neem dan my geskenk uit my hand aan. Want juis daarom het ek u aangesig te sien gekry soos 'n mens die aangesig van God sien, en u het behae in my gehad.

11 Neem tog my begroetingsgeskenk wat u aangebied is, want God het my genade bewys, en ek het volop. En hy het by hom aangehou, sodat hy dit aangeneem het.

12 Daarop sê hy: Laat ons opbreek en verder trek, en ek sal langs jou trek.

13 Maar hy antwoord hom: My heer weet dat die kinders swak is, en dat ek lammerooie en melkkoeie by my het; as 'n mens hulle net een dag ooreis, dan sterf al die kleinvee.

14 My heer moet maar voor sy dienaar uit trek, en ,k sal op my gemak trek na die gang van die vee wat voor my uit gaan, en na die gang van die kinders, tot ek by my heer in Se‹r aankom.

15 Toe sê Esau: Laat my tog van die manskappe wat by my is, by jou laat staan. En hy antwoord: Waarvoor dan? Laat my guns in die oë van my heer vind!

16 So het Esau dan die dag teruggegaan padlangs na Se‹r toe.

17 Maar Jakob het na Sukkot weggetrek en vir hom 'n huis gebou en takkrale vir sy vee gemaak. Daarom het hy die plek genoem Sukkot.

18 En Jakob het behoue aangekom by die stad Sigem wat in die land Kana„n is, toe hy van Paddan-Aram gekom het -- hy het sy laer voor die stad opgeslaan

19 en die stuk grond gekoop waar hy sy tent opgeslaan het, van die seuns van Hemor, die vader van Sigem, vir honderd geldstukke.

20 Daar het hy ook 'n altaar opgerig en dit genoem: Die God van Israel is God.

1 雅各举目观看, 见以扫带着四百人来了; 他就把孩子分开三队, 交给利亚、拉结和两个婢女。

2 他叫两个婢女和她们的孩子走在前头, 利亚和她的孩子跟着, 拉结和约瑟走在最后。

3 他自己却走在他们前面, 七次俯伏在地, 直到走近他哥哥跟前。

4 以扫跑来迎接他, 拥抱他, 伏在他颈项上, 与他亲嘴; 两个人都哭了。

5 以扫举目观看, 看见妇人和孩子, 就问: "这些与你同来的人是谁?"雅各回答: "是 神赐给你仆人的孩子。"

6 于是, 两个婢女和她们的孩子上前下拜。

7 利亚和她的孩子也上前下拜, 随后, 约瑟和拉结也上前下拜。

8 以扫又问: "我遇见的这一群牲畜, 是什么意思呢?"雅各回答: "是要讨我主喜悦的。"

9 以扫说: "弟弟啊, 我已经很富有了, 你的仍归你吧。"

10 雅各说: "请不要这样, 我若得你的喜悦, 就求你从我手里收下这些礼物吧; 因为我看见了你的面, 就好像见了 神的面; 你实在恩待了我。

11 请你收下我带来给你的礼物, 因为 神施恩给我, 我什么都有了。"雅各再三恳求他, 他才收下了。

12 以扫说: "我们起程前行吧, 我和你一起走。"

13 雅各对他说: "我主知道孩子们还年幼娇嫩; 牛羊也正在乳养的时候, 需要我的照顾; 如果要催赶它们走一天的路, 恐怕所有牲畜都要死了。

14 请我主在仆人前头先行; 我要照着在我面前群畜和孩子们的速度, 慢慢前行, 直走到西珥我主那里去。"

15 以扫说: "让我把跟随我的人留几个在你这里吧。"雅各说: "为什么要这样呢?只要我得我主的喜悦就是了。"

16 于是, 以扫在那一天回西珥去了。

17 雅各却起程到疏割去, 在那里为自己建造了一座房子, 又为牲畜搭了些草棚, 因此给那地方起名叫疏割。

18 雅各从巴旦.亚兰回来的时候, 平平安安地到了迦南地的示剑城, 在城的对面支搭了帐棚。

19 他支搭帐棚的那块地, 是他用一百块银子向示剑的父亲哈抹的子孙买来的。

20 在那里雅各建了一座坛, 给它起名叫伊利.伊罗伊.以色列。