1 En Abraham het daarvandaan weggetrek na die Suidland en gaan woon tussen Kades en Sur en in Gerar as vreemdeling vertoef.
2 En Abraham het van Sara, sy vrou, gesê: Sy is my suster. Toe laat Abim,leg, die koning van Gerar, Sara haal.
3 Maar God het in die nag by Abim,leg gekom in 'n droom en vir hom gesê: Kyk, jy sal sterwe ter wille van die vrou wat jy laat haal het, want sy is 'n getroude vrou.
4 Maar Abim,leg het nog nie naby haar gekom nie; daarom het hy gevra: Here, sal U ook 'n regverdige nasie ombring?
5 Het hy my nie self gesê nie: Sy is my suster? En sy het self ook gesê: Hy is my broer. In die onskuld van my hart en in die reinheid van my hande het ek dit gedoen.
6 Daarop antwoord God hom in die droom: Ek weet ook dat jy dit in die onskuld van jou hart gedoen het, en Ek self het jou daarvan teruggehou om nie teen My te sondig nie. Daarom het Ek jou nie toegelaat om haar aan te raak nie.
7 Gee dan nou die man se vrou terug, want hy is 'n profeet; en hy sal vir jou bid, dat jy kan lewe. Maar as jy haar nie teruggee nie, weet dan dat jy sekerlik sal sterwe, jy en almal wat aan jou behoort.
8 Abim,leg is toe die môre vroeg op en het al sy dienaars geroep en die hele saak voor hulle ore vertel. Toe was die manne baie bang.
9 En Abim,leg het Abraham laat roep en hom gevra: Wat het jy ons aangedoen? En wat het ek teen jou gesondig, dat jy oor my en my koninkryk 'n groot sonde gebring het? Dinge wat nie mag gebeur nie, het jy my aangedoen.
10 Verder sê Abim,leg vir Abraham: Wat was jou bedoeling dat jy dit gedoen het?
11 En Abraham antwoord: Ek het gedink daar is regtig geen vrees vir God in hierdie plek nie, sodat hulle my oor my vrou sal doodmaak.
12 En sy is ook werklik my suster; sy is my vader se dogter, maar nie my moeder se dogter nie; en sy het my vrou geword.
13 En toe God my uit die huis van my vader laat omswerf het, het ek aan haar gesê: Dit is die guns wat jy van jou kant aan my moet bewys -- op elke plek waar ons kom, moet jy van my sê: Hy is my broer.
14 Toe neem Abim,leg kleinvee en beeste, ook slawe en slavinne, en gee dit aan Abraham. Ook sy vrou Sara het hy aan hom teruggegee.
15 En Abim,leg sê: Daar lê my land voor jou oop; woon waar dit goed is in jou oë.
16 En vir Sara sê hy: Hier gee ek aan jou broer duisend sikkels silwer. Kyk, dit is vir jou 'n bedekking van die oë met betrekking tot elkeen wat by jou is, sodat jy in elke opsig geregverdig is.
17 Toe het Abraham tot God gebid, en God het Abim,leg gesond gemaak; ook sy vrou en sy slavinne, sodat hulle kon baar.
18 Want die HERE het elke moederskoot van die huis van Abim,leg geheel en al toegesluit ter wille van Sara, die vrou van Abraham.
1 亚伯拉罕从那里迁到南地, 就住在加低斯和书珥中间。亚伯拉罕寄居在基拉耳的时候,
2 曾经提到他的妻子撒拉说: "她是我的妹妹。"于是基拉耳王亚比米勒派人来把撒拉取了去。
3 当夜, 神在梦中来到亚比米勒那里, 对他说: "你该死, 因为你接来的那女人, 是个有夫之妇。"
4 亚比米勒还没有亲近撒拉, 所以他说: "我主啊, 连正义的人你也要杀害吗?
5 那人岂不是对我说: ‘她是我的妹妹’吗?就是那女人自己也说: ‘他是我的哥哥’。我作这事, 是手洁心清的。"
6 神在梦中对他说: "我也知道你作这事, 是问心无愧的, 所以我也阻止你, 免得你得罪我。因此我不容许你接触她。
7 现在你要把那人的妻子还给他, 因为他是先知, 他要为你祷告, 你才可以存活。你若不还给他, 你当知道, 你和所有属你的, 都死定了。"
8 亚比米勒清早起来, 召了他的众臣仆来, 把这一切都说给他们听, 以致他们都很惧怕。
9 亚比米勒把亚伯拉罕召了来, 对他说: "你为什么向我们这样行呢?我在什么事上得罪了你, 以致你给我和我的国带来这个大罪呢?你对我作了不应该作的事。"
10 亚比米勒又对亚伯拉罕说: "你为了什么缘故要这样作呢?"
11 亚伯拉罕回答: "因为我以为这地方必定没有敬畏 神的人, 他们会因我妻子的缘故杀我。
12 何况她也实在是我的妹妹; 她原是我同父异母的妹妹, 后来作了我的妻子。
13 神叫我离开我父家, 在外飘流的时候, 我对她说: ‘我们无论到什么地方去, 你都要对人说: "他是我的哥哥。"这就是你待我的恩情了。’"
14 亚比米勒取了些牛羊、仆婢, 送给亚伯拉罕, 又把亚伯拉罕的妻子撒拉还给他。
15 亚比米勒说: "看哪, 我的国土都在你面前, 你喜欢哪里, 就住在哪里吧。"
16 他又对撒拉说: "看哪, 我给了你哥哥一千银子, 作你在全家人面前的遮羞钱。这样, 你在众人面前就算清白了。"
17 亚伯拉罕祷告 神, 神就医好了亚比米勒和他的妻子, 以及他的众婢女, 使她们能生育。
18 因为耶和华为了亚伯拉罕妻子撒拉的缘故, 曾经使亚比米勒家中所有的妇女, 都不能生育。