1 En die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê: Ek het 'n man verkry met die hulp van die HERE.

2 Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En Abel het 'n skaapherder geword, en Kain 'n landbouer.

3 En n verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die HERE 'n offer gebring.

4 En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En die HERE het Abel en sy offer genadig aangesien,

5 maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang.

6 En die HERE sê vir Kain: Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang?

7 Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie -- die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.

8 En Kain het met sy broer Abel gepraat; en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom doodgeslaan.

9 Toe sê die HERE vir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy antwoord: Ek weet nie. Is ek my broer se wagter?

10 En Hy sê: Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af.

11 Daarom sal jy vervloek wees, ver van die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang.

12 As jy die grond bewerk, sal dit sy vermoë aan jou nie meer gee nie; 'n swerwer en vlugteling sal jy wees op die aarde.

13 Daarop sê Kain vir die HERE: My skuld is te groot om dit te dra.

14 Kyk, U verdryf my nou uit die land uit, en ek moet my verberg vir u aangesig: 'n swerwer en vlugteling sal ek op die aarde wees, en elkeen wat my kry, sal my doodslaan.

15 Maar die HERE sê vir hom: Daarom, as enigeen Kain doodslaan, sal dit sewevoudig gewreek word. En die HERE het 'n teken gegee aan Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie.

16 Toe gaan Kain weg van die aangesig van die HERE, en hy het gewoon in die land Nod, aan die oostekant van Eden.

17 En Kain het sy vrou beken, en sy het swanger geword en Henog gebaar. Daarna bou hy 'n stad en noem die stad na die naam van sy seun Henog.

18 En vir Henog is Irad gebore; en Irad was die vader van Mehujael; en Mehujael was die vader van Metusael; en Metusael die vader van Lameg.

19 En Lameg het vir hom twee vroue geneem. Die naam van die eerste was Ada, en die naam van die tweede Silla.

20 En Ada het Jabal gebaar. Hy was die vader van die tentbewoners en die veeboere.

21 Die naam van sy broer was Jubal. Hy was die vader van almal wat op siters en fluite speel.

22 En Silla het ook gebaar, naamlik Tubal-Kain, 'n smid wat allerhande koper-- en ysterinstrumente gemaak het. En die suster van Tubal-Kain was Na,ma.

23 En Lameg het aan sy vroue gesê: Ada en Silla, hoor na my stem! Vroue van Lameg, luister na my woord! Voorwaar, ek slaan 'n man dood wat my wond en 'n seun wat my kwes.

24 Want Kain sal sewe maal gewreek word, maar Lameg sewe en sewentig maal.

25 En Adam het sy vrou weer beken, en sy het 'n seun gebaar en hom Set genoem. Want, het sy gesê, God het my 'n ander kind geskenk in die plek van Abel, omdat Kain hom doodgeslaan het.

26 En ook vir Set is 'n seun gebore, wat hy Enos genoem het. Toe het hulle die Naam van die HERE begin aanroep.

1 亚当和他的妻子夏娃同房, 夏娃就怀孕, 生了该隐, 就说: "借着耶和华的帮助, 我得了一个男儿。"

2 她又生了该隐的弟弟亚伯。亚伯是牧羊的, 该隐是种地的。

3 有一天, 该隐把地里的出产拿来, 当作礼物献给耶和华。

4 亚伯也把自己羊群中一些头生的, 和羊的脂油拿来献上。耶和华看中了亚伯和他的礼物;

5 只是没有看中该隐和他的礼物。该隐就非常忿怒, 垂头丧气。

6 耶和华对该隐说: "你为什么忿怒呢?你为什么垂头丧气呢?

7 你若行得好, 岂不可以抬起头来吗?你若行得不好, 罪就伏在门口了; 它要缠住你, 你却要制伏它。"

8 该隐对他的弟弟亚伯说: "我们到田间去吧。"他们正在田间的时候, 该隐就起来袭击他的弟弟亚伯, 把他杀了。

9 耶和华问该隐: "你的弟弟亚伯在哪里?"他回答: "我不知道; 难道我是看守我弟弟的吗?"

10 耶和华说: "你作了什么事呢?你弟弟的血有声音从地里向我呼叫。

11 地开了口, 从你手里接受了你弟弟的血, 现在你要从这地受咒诅。

12 你种地, 地也不再给你效力; 你必在地上流离失所。"

13 该隐对耶和华说: "我的刑罚太重, 过于我所能担当。

14 看哪, 今日你赶逐我离开这地, 以致我要躲避你的面; 我必在地上流离失所, 遇见我的, 都要杀我。"

15 耶和华对该隐说: "绝不会这样, 杀该隐的, 必遭报七倍。"耶和华就给该隐立了一个记号, 免得遇见他的人击杀他。

16 于是该隐从耶和华面前出去, 住在伊甸东边的挪得地。

17 该隐和妻子同房, 她就怀孕, 生了以诺。该隐建造了一座城, 就按着他儿子的名, 给那城叫作以诺。

18 以诺生以拿, 以拿生米户雅利, 米户雅利生玛土撒利, 玛土撒利生拉麦。

19 拉麦娶了两个妻子, 一个名叫亚大, 另一个名叫洗拉。

20 亚大生雅八, 雅八就是居住帐棚、牧养牲畜的人的鼻祖。

21 雅八的兄弟名叫犹八; 犹八是所有弹琴吹箫的人的鼻祖。

22 洗拉也生了土八.该隐, 就是打造各种铜铁器具的匠人; 土八.该隐的妹妹是拿玛。

23 拉麦对他的两个妻子说: "亚大和洗拉, 要听我的声音; 拉麦的妻子, 聆听我的话: 壮年人伤我, 我必杀他; 青年人损我, 我必害他;

24 人若杀该隐, 要遭报七倍; 人若杀拉麦, 必遭报七十个七倍! "

25 亚当又和妻子同房, 她就生了一个儿子, 给他起名叫塞特, 因为她说: " 神给我立了另一个后裔代替亚伯, 因为该隐杀了他。"

26 塞特也生了一个儿子, 就给他起名叫以挪士。那时人才开始呼求耶和华的名。