1 En God het gedink aan Noag en aan al die wilde diere en al die vee wat saam met hom in die ark was; en God het 'n wind oor die aarde laat waai, sodat die waters gesak het.
2 Ook die fonteine van die watervloed en die sluise van die hemel het toegegaan, en die stortreën uit die hemel het opgehou.
3 Toe het die waters geleidelik van die aarde teruggegaan, en die waters het afgeneem aan die end van honderd en vyftig dae.
4 En die ark het in die sewende maand, op die sewentiende dag van die maand, op die gebergte van Ararat gerus.
5 En die waters het geleidelik afgeneem tot die tiende maand. In die tiende maand, op die eerste van die maand, het die toppe van die berge sigbaar geword.
6 Toe het Noag aan die end van veertig dae die venster oopgemaak van die ark wat hy gebou het,
7 en 'n kraai uitgestuur wat gedurig heen en weer gevlieg het totdat die waters weggedroog het van die aarde af.
8 Daarop laat hy 'n duif van hom af wegvlieg om te sien of die waters oor die aarde verminder het.
9 Maar die duif het geen rusplek vir die holte van sy voet gevind nie en na hom teruggekeer in die ark; want die waters was oor die hele aarde. So het hy dan sy hand uitgesteek en hom gegryp en in die ark by hom gebring.
10 Daarna het hy weer sewe dae gewag. Toe stuur hy die duif weer uit die ark.
11 En die duif het teen die aand na hom gekom, en daar was 'n groen olyfblad in sy bek! Toe merk Noag dat die waters oor die aarde verminder het.
12 Daarna wag hy weer sewe dae en stuur die duif uit. Maar hy het nie weer na hom teruggekeer nie.
13 In die ses honderd en eerste jaar, in die eerste maand, op die eerste van die maand, het die waters weggedroog van die aarde af. En Noag het die deksel van die ark weggeneem en uitgekyk, en die aarde was droog --
14 in die tweede maand, op die sewe en twintigste dag van die maand, was die aarde droog.
15 En God het met Noag gespreek en gesê:
16 Gaan uit die ark, jy en jou vrou en jou seuns en die vroue van jou seuns saam met jou.
17 Laat saam met jou uitgaan al die diere wat by jou is, van alle vlees: die voëls en die vee en al die diere wat op die aarde kruip, dat hulle kan wemel op die aarde en vrugbaar wees en vermeerder op die aarde.
18 Toe gaan Noag uit en sy seuns en sy vrou en die vroue van sy seuns saam met hom.
19 Al die diere, alles wat kruip, en al die voëls, alles wat op die aarde beweeg, volgens hulle soorte, het uit die ark uitgegaan.
20 En Noag het vir die HERE 'n altaar gebou en van al die rein diere en al die rein voëls geneem en brandoffers op die altaar gebring.
21 En die HERE het die lieflike geur geruik, en die HERE het in sy hart gesê: Ek sal die aarde verder nie meer vervloek ter wille van die mens nie, want die versinsels van die mens se hart is sleg van sy jeug af. En Ek sal verder nie meer al die lewende wesens tref soos Ek gedoen het nie.
22 Van nou af sal al die dae van die aarde, saaityd en oestyd, koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie ophou nie.
1 神顾念挪亚和所有与他一同在方舟里的走兽和牲畜; 神使风吹过大地, 水就渐渐退了。
2 深渊的泉源和天上的窗户, 都关闭起来; 天降的大雨也止住了。
3 水从地上不断退去, 过了一百五十天, 水就消退了。
4 七月十七日, 方舟停在亚拉腊山上。
5 水继续消退, 直到十月; 到了十月初一, 山顶都露出来了。
6 过了四十天, 挪亚开了他所做的方舟的窗户,
7 放了一只乌鸦出去。地上的水还没有干, 那乌鸦就一直飞来飞去。
8 他又放了一只鸽子出去, 要看看水从地上退了没有。
9 因为遍地都是水, 那鸽子找不着歇脚的地方, 就回到挪亚的方舟那里; 于是, 挪亚伸出手去, 把鸽子接进方舟里来。
10 他再等了七天, 又把鸽子从方舟里放出去。
11 到了黄昏的时候, 鸽子回到挪亚那里, 嘴里叼着一块新摘下来的橄榄树叶, 挪亚就知道地上的水已经退了。
12 挪亚再等了七天, 又把鸽子放出去, 鸽子就再没有回到他那里。
13 到挪亚六百零一岁的时候, 就在正月初一, 地上的水都干了; 挪亚移开方舟的盖看看, 见地面已经干了。
14 到了二月二十七日, 大地就都干了。
15 神告诉挪亚说:
16 "你要从方舟出来, 你和你的妻子、儿子, 以及儿媳都要和你一同出来。
17 所有和你在一起有生命的活物: 飞鸟、牲畜和一切在地上爬行的动物, 你都要带出来, 使它们可以在地上滋生、繁殖, 也可以在地上增多。"
18 于是, 挪亚出来了, 他的儿子、妻子和儿媳都与他一同出来了;
19 各样走兽、牲畜、飞禽和各样在地上爬行的动物, 各从自己的族类, 都出了方舟。
20 挪亚给耶和华筑了一座祭坛, 拿各样洁净的牲畜和飞禽, 献在祭坛上作为燔祭。
21 耶和华闻了那馨香的气味, 就心里说: "我必不再因人的缘故咒诅这地(因为人从小时开始心中所想的都是邪恶的); 我也必不再照着我作过的, 击杀各样的活物。
22 大地尚存之日, 播种、收割, 寒暑、冬夏、白昼和黑夜必然循环不息。"