1 En toe die koningin van Skeba die gerug van Salomo hoor, het sy, ten einde Salomo in Jerusalem met raaisels op die proef te stel, gekom met 'n baie groot trek en kamele wat speserye en goud in menigte en edelgesteentes dra; en toe sy by Salomo inkom, het sy met hom gespreek oor alles wat in haar hart was.

2 En Salomo het haar al haar woorde verklaar; en geen woord was vir Salomo te diepsinnig om haar dit te verklaar nie.

3 Toe die koningin van Skeba dan die wysheid van Salomo sien en die huis wat hy gebou het,

4 en die voedsel van sy tafel, en hoe sy dienaars sit en sy bediendes staan, en hulle klere en sy dranke en hulle klere, en sy trap waarmee hy opklim na die huis van die HERE, was daar in haar geen gees meer nie.

5 Daarop sê sy aan die koning: Die woord was waarheid wat ek in my land gehoor het oor u sake en oor u wysheid.

6 En ek het hulle woorde nie geglo nie, totdat ek gekom en my oë gesien het; en kyk, die helfte van u buitengewone wysheid is my nie meegedeel nie; u oortref die gerug wat ek gehoor het.

7 Gelukkig is u manne, en gelukkig hierdie dienaars van u wat gedurig voor u staan en u wysheid hoor!

8 Geloofd sy die HERE u God wat behae in u gehad het om u op sy troon as koning vir die HERE u God te laat sit! Omdat u God Israel liefhet om dit vir ewig in stand te hou, het Hy u as koning oor hulle aangestel om reg en geregtigheid te doen.

9 Verder het sy aan die koning honderd en twintig talente goud en 'n groot menigte speserye en edelgesteentes gegee; en daar was nooit soveel speserye as wat die koningin van Skeba aan koning Salomo gegee het nie.

10 Maar ook die dienaars van Huram en die dienaars van Salomo wat goud uit Ofir gebring het, het sandelhout en edelgesteentes aangevoer.

11 En die koning het van die sandelhout trappe vir die huis van die HERE en vir die huis van die koning gemaak, en siters en harpe vir die sangers; en die gelyke daarvan is tevore in die land Juda nie gesien nie.

12 En koning Salomo het aan die koningin van Skeba al haar begeerte gegee, wat sy maar gevra het, bo wat sy na die koning gebring het. Daarop het sy teruggekeer en na haar land getrek, sy en haar dienaars.

13 En die gewig van Salomo se inkomste aan goud in een jaar was ses honderd ses en sestig talente goud;

14 behalwe wat ingekom het van die koopmans wat rondtrek, en van die handelaars, terwyl ook al die konings van Arabië en die goewerneurs van die land vir Salomo goud en silwer ingebring het.

15 En koning Salomo het twee honderd groot skilde van geslae goud gemaak; ses honderd sikkels geslae goud het hy op elke groot skild gebruik;

16 en drie honderd klein skilde van geslae goud; drie honderd sikkels goud het hy op elke klein skild gebruik; en die koning het dit in die huis van die L¡banon-bos gesit.

17 Verder het die koning 'n groot troon van ivoor gemaak en dit met suiwer goud oorgetrek.

18 En die troon het ses trappe gehad met 'n voetbank van goud, aan die troon bevestig; en leunings aan weerskante by die sitplek, terwyl twee leeus langs die leunings staan.

19 Daarby het twaalf leeus daar op die ses trappe aan weerskante gestaan: so iets is nooit vir enige koninkryk gemaak nie.

20 En die hele drinkservies van koning Salomo was van goud, en al die voorwerpe van die huis van die L¡banon-bos van fyn goud; silwer is in die dae van Salomo as niks gereken nie.

21 Want die koning het skepe gehad wat na Tarsis gevaar het saam met die dienaars van Huram; een maal in drie jaar het die Tarsis-skepe ingekom, gelaai met goud en silwer, ivoor en ape en poue.

22 So het koning Salomo dan groter geword as al die konings van die aarde in rykdom en wysheid.

23 En al die konings van die aarde het die aangesig van Salomo gesoek om sy wysheid te hoor wat God in sy hart gegee het,

24 terwyl elkeen van hulle sy geskenk saamgebring het: silwervoorwerpe en goue voorwerpe en klere, wapens en speserye, perde en muile, jaar vir jaar.

25 Verder het Salomo vier duisend perdekrippe gehad en strydwaens en twaalf duisend ruiters, en hy het dit in die stede vir die waens en by die koning in Jerusalem opgestel.

26 En hy was heerser oor al die konings van die Eufraat af tot by die land van die Filistyne en tot by die grens van Egipte.

27 Verder het die koning die silwer in Jerusalem gemaak soos klippe en die seders gemaak soos die wildevyebome wat in die Laeveld is, in menigte.

28 En hulle het vir Salomo perde uit Egipte en uit al die lande uitgevoer.

29 En die verdere geskiedenis van Salomo, die vroeëre sowel as die latere, is dit nie beskrywe nie in die Geskiedenis van die profeet Natan en in die Profesie van Ah¡a, die Siloniet, en in die Gesigte van die siener Jedi oor Jerobeam, die seun van Nebat?

30 En Salomo het in Jerusalem oor die hele Israel veertig jaar geregeer.

31 Daarna het Salomo met sy vaders ontslaap en is begrawe in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Reh beam het in sy plek koning geword.

32 En van die kinders van die Kehatiete, van hulle broers, moes sorg vir die toonbrode om dit elke sabbat klaar te maak.

33 En dit was die sangers, hoofde van families van die Leviete, in die kamers, vry van ander diens; want hulle was dag en nag in hul dienswerk besig.

34 Dit was die hoofde van families van die Leviete, hoofde volgens hulle afstamming; hulle het in Jerusalem gewoon.

35 En in G¡beon het die vader van G¡beon, Je‹-el, gewoon; en die naam van sy vrou was M äga.

36 En Abdon was sy eersgebore seun, dan Sur en Kis en Ba„l en Ner en Nadab

37 en Gedor en Agjo en Sagar¡a en Miklot.

38 En Miklot was die vader van S¡meam; en hulle het ook teenoor hulle broers in Jerusalem saam met hulle broers gewoon.

39 En Ner was die vader van Kis, en Kis van Saul, en Saul van Jonatan en Malkisua en Abin dab en sba„l.

40 En die seun van Jonatan was Merib-ba„l, en Merib-ba„l was die vader van Miga.

41 En die seuns van Miga was: Piton en Meleg en Tagr,a.

42 En Agas was die vader van Jaëra, en Jaëra van Al,met en Asm wet en Simri; en Simri was die vader van Mosa;

43 en Mosa was die vader van B¡nea; en sy seun was Ref ja, sy seun Ele sa, sy seun Asel.

44 En Asel het ses seuns gehad, en d¡t is hulle name: Asr¡kam, Bogru en Ismael en Se rja en Ob dja en Hanan; dit was die seuns van Asel.

1 示巴女王听见所罗门的名声, 就来到耶路撒冷, 要用难题试试所罗门。跟随她的人很多, 又有骆驼驮着香料、大批黄金和宝石。她来到所罗门那里, 就把她心里所有的难题, 都对所罗门说出来。

2 所罗门把她的一切难题, 都给她解答了; 没有一样难倒所罗门, 不能给她解答的。

3 示巴女王看见所罗门的智慧和他建造的宫殿,

4 他席上的食物, 群臣的座位, 仆人的侍候和他们的服饰, 酒政和酒政的服饰, 以及所罗门在耶和华殿里所献的燔祭, 就十分惊讶。

5 于是她对王说: "我在本国听见关于你的事和你的智慧, 实在是真的。

6 我先前不信那些话, 等到我来了, 亲眼看见了, 才知道你智慧的伟大, 人告诉我的还不到一半。你实在是见面胜似闻名。

7 属你的人是有福的, 你的臣仆是有福的, 因为他们可以常常侍立在你面前, 聆听你的智慧。

8 耶和华你的 神是应当称颂的, 因他喜悦你, 使你坐在他的王位上, 为耶和华你的 神作王; 因为你的 神爱以色列人, 要永远坚立他们, 所以立你作他们的王, 好秉公行义。"

9 于是示巴女王把约四千公斤金子、大批香料和宝石送给所罗门王; 示巴女王送给所罗门王的香料, 是犹大地从来没有过的。

10 希兰的仆人和所罗门的仆人从俄斐把黄金运来, 也把檀香木和宝石运了来。

11 王用檀香木为耶和华的殿和王宫作了台阶, 又为唱歌的人作了琴瑟; 像这样的东西, 是在犹大地从来没有见过的。

12 所罗门王按着示巴女王带来给他的, 回送她礼物; 此外, 还把女王所愿所求的, 都送给她, 于是女王和她的臣仆都返回本国去了。

13 所罗门每年所得的金子, 共重两万三千公斤,

14 另外, 还有从商人和行商运来的, 阿拉伯诸王和本国的各总督, 都把金银运来给所罗门。

15 所罗门王用锤炼好的金子做了二百面大盾牌, 每一面大盾牌用锤炼好的金子七公斤。

16 又用锤炼好的金子做了三百面小盾牌, 每一面小盾牌用锤炼好的金子约三公斤; 王把这些盾牌都放在黎巴嫩林宫。

17 王用象牙做了一个大宝座, 包上纯金。

18 宝座有六级台阶, 又用金脚凳和宝座相连, 座位两边都有扶手, 扶手旁边各有一只狮子站立。

19 六级台阶上共有十二只狮子站立; 每级两只, 一左一右; 在列国中都没有这样做的。

20 所罗门王的一切杯爵都是金的; 黎巴嫩林宫里的一切器皿都是精金做的; 在所罗门的时代, 银子算不得什么。

21 因为王的船只和希兰的仆人一同到他施去; 往他施的船只每三年回来一次, 载着金银、象牙、猿猴和孔雀回来。

22 所罗门王的财富和智慧, 胜过世上的列王。

23 世上的列王都求见所罗门的面, 要听 神赐给他的智慧。

24 他们各人带来的礼物有: 银器、金器、衣服、兵器、香料、骡马; 每年都有一定的数量。

25 所罗门有四千马廊的车马, 还有马兵一万二千, 他把这些人马安置在屯车城和耶路撒冷, 就是与王在一起。

26 所罗门统治列王, 从幼发拉底河到非利士地, 直到埃及的边界。

27 王在耶路撒冷使银子好像石头, 使香柏木好像平原的桑树那么多。

28 人们从埃及和各地把马匹运到所罗门那里。

29 所罗门其余的事迹, 一生的始末, 不是都记在拿单先知的记录上, 示罗人亚希雅的预言上, 以及先见易多论到尼八的儿子耶罗波安的启示录上吗?

30 所罗门在耶路撒冷作王统治全以色列共四十年。

31 所罗门和他的列祖同睡, 埋葬在他父亲大卫的城里; 他的儿子罗波安接续他作王。