1 En die volk van die land het Joahas, die seun van Jos¡a, geneem en hom koning gemaak in die plek van sy vader in Jerusalem.

2 Drie en twintig jaar was Joahas oud toe hy koning geword het, en drie maande het hy in Jerusalem geregeer.

3 En die koning van Egipte het hom in Jerusalem afgesit en die land 'n boete opgelê van honderd talente silwer en 'n talent goud.

4 Daarop het die koning van Egipte sy broer ljakim koning gemaak oor Juda en Jerusalem en sy naam verander in Jojakim; maar Nego het sy broer Joahas saamgeneem en hom na Egipte gebring.

5 Vyf en twintig jaar was Jojakim oud toe hy koning geword het, en elf jaar het hy in Jerusalem geregeer; en hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE sy God.

6 Nebukadn,sar, die koning van Babel, het teen hom opgetrek en hom met koperkettings geboei om hom na Babel te vervoer.

7 Ook van die voorwerpe van die huis van die HERE het Nebukadn,sar na Babel gebring en dit in sy tempel in Babel gesit.

8 Die verdere geskiedenis van Jojakim en sy gruwels wat hy bedryf het, en wat verder by hom gevind is, kyk, dit is beskrywe in die Boek van die konings van Israel en Juda; en sy seun Jojagin het in sy plek koning geword.

9 Agttien jaar was Jojagin oud toe hy koning geword het, en drie maande en tien dae het hy in Jerusalem geregeer; en hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE.

10 By die wisseling van die jaar het koning Nebukadn,sar gestuur en hom na Babel laat bring, saam met die kosbare voorwerpe van die huis van die HERE, en sy broer Sedek¡a koning oor Juda en Jerusalem gemaak.

11 Een en twintig jaar was Sedek¡a oud toe hy koning geword het, en elf jaar het hy in Jerusalem geregeer.

12 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE sy God; hy het hom nie verootmoedig nie voor Jerem¡a, die profeet, wat gespreek het uit die mond van die HERE.

13 En hy het ook gerebelleer teen koning Nebukadn,sar wat hom by God laat sweer het; maar hy was hardnekkig en het sy hart verhard, sodat hy hom nie tot die HERE, die God van Israel, bekeer het nie.

14 Ook al die owerstes van die priesters en die volk het baie ontrou gehandel, volgens al die gruwels van die heidene, en die huis van die HERE wat Hy in Jerusalem geheilig het, verontreinig.

15 En die HERE, die God van hulle vaders, het vroeg en laat na hulle gestuur deur die diens van sy boodskappers; want Hy het medelyde met sy volk en met sy woning gehad.

16 Maar hulle het die boodskappers van God uitgelag en sy woorde verag en met sy profete gespot, totdat die grimmigheid van die HERE teen sy volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.

17 So het Hy dan die koning van die Chaldeërs teen hulle laat optrek, en die het hulle jongmanne met die swaard in die huis van hulle heiligdom gedood en geen jongman of jongmeisie, oue of gryse, verskoon nie: Hy het alles in sy hand gegee.

18 En al die voorwerpe van die huis van God, groot en klein, en die skatte van die huis van die HERE en die skatte van die koning en van sy vorste, alles het hy na Babel gebring.

19 En hulle het die huis van God verbrand en die muur van Jerusalem omgegooi en al die paleise daarvan met vuur verbrand, sodat al die kosbare voorwerpe daarvan vernietig is.

20 En die wat van die swaard oorgebly het, het hy na Babel in ballingskap weggevoer, en hulle het vir hom en sy seuns slawe geword, totdat die koninkryk van Persië tot heerskappy gekom het,

21 sodat die woord van die HERE deur die mond van Jerem¡a vervul sou word: totdat die land vir sy sabbatte vergoeding gekry het; al die dae van die verwoesting het dit gerus om sewentig jaar vol te maak.

22 En in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië, het die HERE -- sodat die woord van die HERE deur die mond van Jerem¡a in vervulling sou gaan -- die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek, dat hy 'n oproep deur sy hele koninkryk laat gaan het, selfs ook skriftelik, om te sê:

23 So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het die HERE, die God van die hemel, aan my gegee, en Hy het my opgedra om vir Hom 'n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is. Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort -- mag die HERE sy God met hom wees, en laat hom optrek!

1 犹大地的人民选了约西亚的儿子约哈斯, 立他在耶路撒冷接续他父亲作王。

2 约哈斯登基的时候, 是二十三岁; 他在耶路撒冷作王共三个月。

3 埃及王在耶路撒冷把他废了, 又罚犹大地缴纳三千四百公斤银子, 三十四公斤金子。

4 后来埃及王立了约哈斯的兄弟以利雅敬作王, 统治犹大和耶路撒冷, 又给他改名叫约雅敬; 尼哥却把约雅敬的兄弟约哈斯带到埃及去了。

5 约雅敬登基的时候, 是二十五岁; 他在耶路撒冷作王共十一年, 行耶和华他的 神看为恶的事。

6 巴比伦王尼布甲尼撒上来攻打他, 用铜链锁住他, 把他带到巴比伦去。

7 尼布甲尼撒又把耶和华殿里一部分的器皿带回巴比伦, 放在巴比伦他的神庙里。

8 约雅敬其余的事迹, 和他所行可憎的事, 以及他的遭遇, 都记在以色列和犹大列王记上。他的儿子约雅斤接续他作王。

9 约雅斤登基的时候, 是八岁; 他在耶路撒冷作王共三个月零十天, 行耶和华看为恶的事。

10 过了年, 尼布甲尼撒派人去把约雅斤和耶和华殿里的珍贵的器皿, 一起带到巴比伦来。他立了约雅斤的叔叔西底家, 作犹大和耶路撒冷的王。

11 西底家登基的时候, 是二十一岁; 他在耶路撒冷作王共十一年,

12 他行耶和华他的 神看为恶的事; 耶利米先知奉耶和华的命令警戒他, 他仍不在耶利米面前谦卑下来。

13 尼布甲尼撒王曾经使他指着 神起誓, 他还是背叛了尼布甲尼撒; 他顽固执拗, 不肯归向耶和华以色列的 神。

14 此外, 所有的祭司长和人民也都大大地得罪 神, 随从列国所行一切可憎的事; 他们污秽了耶和华在耶路撒冷分别为圣的殿。

15 耶和华他们列祖的 神, 因为爱惜自己的子民和居所, 就常常差派使者警戒他们。

16 他们却戏弄 神的使者, 藐视他的话, 讥诮他的先知, 以致耶和华的忿怒临到他的子民身上, 直到无法挽救。

17 耶和华使迦勒底人的王上来攻打他们, 在他们的圣殿里用刀杀了他们的壮丁, 少男和少女以及年老衰弱的, 他们都不怜惜; 耶和华把所有这些人都交在迦勒底王的手里。

18 迦勒底王把 神殿里所有的器皿, 无论大小, 和耶和华殿里的财宝, 以及王和众领袖的财宝, 都带到巴比伦去。

19 迦勒底人烧了 神的殿, 拆毁了耶路撒冷的城墙, 用火烧了城里所有的宫殿, 又毁坏了城里一切珍贵的器皿。

20 脱离刀剑的人, 迦勒底王都把他们掳到巴比伦去, 作他和他的子孙的奴仆, 直到波斯国兴起的时候。

21 这样, 就应验了耶和华借耶利米所说的话: 直到这地享满了安息, 因为这地在荒凉的日子, 就享安息, 直到满了七十年。

22 波斯王古列元年, 耶和华为要应验他借耶利米所说的话, 就感动波斯王古列的心, 使他通告全国, 并且下诏书说:

23 "波斯王古列这样说: ‘耶和华天上的 神已经把地上万国赐给我。他指派我在犹大的耶路撒冷为他建造殿宇。你们中间凡是他的子民, 都可以上去; 愿耶和华他的 神和他同在! ’"