1 Daarna het Jerubba„l, dit is G¡deon, en al die manskappe wat by hom was, vroeg klaargemaak, en hulle het laer opgeslaan by die fontein Harod, terwyl die laer van die Midianiete ten noorde van hom was, van die heuwel More af in die dal.

2 Toe sê die HERE vir G¡deon: Die manskappe by jou is te veel vir My om die Midianiete in hulle hand te gee; anders kan Israel hom teen My beroem deur te sê: My eie hand het my verlos.

3 Roep dan nou tog uit voor die ore van die manskappe en sê: Die wat bang is en bewe, kan teruggaan en wegdraai van die gebergte van G¡lead af. Toe het daar van die manskappe twee en twintig duisend omgedraai, en tien duisend het oorgebly.

4 Daarop sê die HERE vir G¡deon: Die manskappe is nog te veel; bring hulle af na die water, dan sal Ek hulle daar vir jou uitsoek; en van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag met jou saamgaan -- die mag met jou saamgaan; maar elkeen van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag nie met jou saamgaan nie -- die mag nie gaan nie.

5 Hy bring toe die manskappe af na die water; en die HERE sê vir G¡deon: Elkeen wat met sy tong die water oplek soos 'n hond lek, moet jy eenkant laat staan; en elkeen wat op sy knieë vooroor buig om te drink, anderkant.

6 En die aantal van die wat gelek het met hul hand na hul mond toe, was drie honderd man; en al die ander manskappe het op hulle knieë vooroor gebuig om water te drink.

7 Toe sê die HERE vir G¡deon: Deur die drie honderd man wat gelek het, sal Ek julle verlos en die Midianiete in jou hand gee; maar al die ander manskappe kan elkeen na sy woonplek gaan.

8 Daarop neem hulle die padkos van die manskappe en hulle ramshorings in hul hand; en hy het al die manskappe van Israel laat gaan, elkeen na sy tente toe; maar die drie honderd man het hy agtergehou, terwyl die laer van die Midianiete onderkant hom in die laagte was.

9 En daardie nag het die HERE vir hom gesê: Staan op, gaan af in die laer, want Ek gee dit in jou hand.

10 En as jy bang is om af te gaan, gaan jy dan saam met jou dienaar Pura af na die laer toe

11 en luister wat hulle praat; en daarna sal jou hande sterk word, en jy sal in die laer aftrek. Hy gaan toe af saam met sy dienaar Pura tot by die buitenste lyn van die gewapendes wat in die laer was.

12 En die Midianiete en Amalekiete en al die kinders van die Ooste het in die laagte gelê soos sprinkane in menigte, en hulle kamele was ontelbaar soos die sand aan die seestrand in menigte.

13 En toe G¡deon aankom, vertel 'n man aan 'n ander juis 'n droom en sê: Kyk, ek het 'n droom gehad: Daar rol 'n hard gebakte garsbrood in die laer van die Midianiete en kom tot by die tent en slaan dit dat dit omval en keer dit onderstebo, en toe lê die tent daar!

14 En die ander een het geantwoord en gesê: Dit is niks anders nie as die swaard van G¡deon, die seun van Joas, die Israeliet; God het die Midianiete en die hele laer in sy hand gegee.

15 Toe G¡deon dan die verhaal van die droom en sy uitlegging hoor, het hy aanbid; en hy het teruggekeer na die laer van Israel en gesê: Maak klaar, want die HERE gee die laer van die Midianiete in julle hand.

16 En hy het die drie honderd man verdeel in drie dele en aan hulle almal ramshorings en leë kruike, met fakkels binne-in die kruike, in die hand gegee

17 en aan hulle gesê: Kyk na my en maak net so; en kyk, as ek by die buitenste lyn van die laer kom, dan moet julle maak net soos ek maak.

18 En as ek en almal wat by my is, op die ramshoring blaas, moet julle ook op die ramshorings blaas rondom die hele laer, en julle moet sê: Vir die HERE en vir G¡deon!

19 Toe kom G¡deon en die honderd man wat by hom was, by die buitenste lyn van die laer, met die begin van die middelste nagwaak toe hulle skaars die wagte uitgesit het, en hulle blaas op die ramshorings en slaan die kruike stukkend wat hulle in hul hand gehad het.

20 Toe blaas die drie dele op die ramshorings en breek die kruike en hou met hulle linkerhand die fakkels en met hulle regterhand die ramshorings om te blaas, terwyl hulle uitroep: Die swaard van die HERE en van G¡deon!

21 En hulle het bly staan elkeen op sy plek, rondom die laer. Daarop hardloop die hele laer, en hulle skreeu en vlug.

22 En toe die drie honderd op die ramshorings blaas, het die HERE die swaard van die een teen die ander gerig, ja, in die hele laer; en die laer het gevlug na Bet-Sitta, na Ser,da toe, tot by die oewer van Abel-Mehola by Tabbat.

23 En die manskappe van Israel uit N ftali en uit Aser en uit die hele Manasse is opgeroep, en hulle het die Midianiete agternagejaag.

24 Ook het G¡deon boodskappers gestuur in die hele gebergte van Efraim om te sê: Trek af die Midianiete tegemoet, en sny hulle van die waters af tot by Bet-Bara en die Jordaan. So het dan al die manskappe van Efraim bymekaargekom en die waters beset tot by Bet-Bara en die Jordaan.

25 En hulle het twee vorste van die Midianiete gevang, Oreb en Seëb; en Oreb het hulle gedood by die rots Oreb, en Seëb gedood by die parskuip Seëb, en hulle het die Midianiete agtervolg; en die hoof van Oreb en van Seëb het hulle na G¡deon gebring, oorkant die Jordaan.

1 耶路.巴力, 就是基甸, 和所有与他在一起的人, 清早起来, 在哈律泉旁安营; 米甸营就在他们的北面, 靠近摩利山冈的平原上。

2 耶和华对基甸说: "与你在一起的人太多, 我不能把米甸人交在你们手中, 免得以色列人向我自夸: ‘是我们自己的手救了我们。’

3 现在你要向众民宣告: ‘害怕战栗的, 可以回去, 离开基列山。’"于是众民中有二万二千人回去, 只剩下一万人。

4 耶和华对基甸说: "人还是太多, 你要领他们下到水旁去, 我要在那里为你试验他们。我指着谁对你说: ‘这人可以与你同去’, 他就可以与你同去; 我指着谁对你说: ‘这人不可以与你同去’, 他就不可以与你同去。"

5 于是基甸带他们下到水边去; 耶和华对基甸说: "用舌头舔水, 像狗舔水的, 你要把他们安置在一处; 屈膝跪下喝水的, 也要把他们安置在一处。"

6 用手捧到嘴边舔水的, 总数共有三百人; 其余的人都屈膝跪下喝水。

7 耶和华对基甸说: "我要用这舔水的三百人拯救你们, 把米甸人交在你们的手里, 所有其他的人都可以各回自己的地方去。"

8 于是众民手里拿着食物和号角; 所有其他的以色列人, 基甸都打发他们各回自己的帐棚去, 只留下这三百人。当时米甸营就在他们下面的平原里。

9 当夜, 耶和华对基甸说: "起来, 下去攻营, 因为我已经把他们交在你手里了。

10 如果你害怕一人下去, 可以带着你的童仆普拉一同下到营地那里去;

11 你要听听他们说什么, 然后你的手就必坚强起来, 有胆量下去攻营了。"于是基甸带着他的童仆普拉一同下去, 到营中驻军的边缘。

12 那时米甸人、亚玛力人和所有的东方人, 都散布在平原上, 好像蝗虫那么多; 他们的骆驼无数, 好像海边的沙那么多。

13 基甸到了, 就听见一个人正在把他的梦告诉他的同伴, 说: "我作了一个梦, 梦见一个大麦饼滚入米甸营中, 到了帐幕, 把帐幕撞倒, 帐幕就翻转朝上了。"

14 他的同伴回答: "这不是别的, 这是以色列人约阿施的儿子基甸的刀; 神已经把米甸和全营交在他手中了。"

15 基甸听见了这梦的叙述和梦的讲解, 就敬拜 神; 然后返回以色列营中, 说: "起来, 因为耶和华已经把米甸的军队交在你们手里了。"

16 于是他把三百人分作三队, 把角和空瓶交在各人手里, 又把火把放在瓶里。

17 然后对他们说: "你们要看着我, 也要照样行事。注意! 我到了营的边缘, 我怎样行事, 你们也要怎样行事。

18 我和所有与我在一起的人吹角的时候, 你们也要在全营的四周吹角, 喊叫说: ‘为耶和华! 为基甸! ’"

19 基甸和所有与他在一起的一百人, 在半夜三更的起初, 换更的时候, 来到了营的边缘, 就吹起角来, 打破手中的瓦瓶。

20 三队的人就都吹角, 打破瓦瓶, 左手紧握着火把, 右手紧握着角不住地吹, 并且喊叫说: "耶和华和基甸的刀! "

21 他们在营的四周各站在自己的位置; 全营的人都乱跑, 他们一面叫喊, 一面逃跑。

22 三百人吹那三百枝角的时候, 耶和华使全营的人用刀互相击杀, 然后他们向着西利拉逃到伯.哈示他, 直到靠近他巴的亚伯.米何拉河边。

23 以色列人就从拿弗他利、亚设和玛拿西全地被召来, 追赶米甸人。

24 基甸派遣了使者走遍以法莲山地, 说: "你们要下来迎战米甸人, 在他们前面把守约旦河的渡口, 直到伯.巴拉。"于是以法莲的人都被召来, 把守约旦河的渡口, 直到伯.巴拉。

25 他们捉住了米甸人的两个首领: 俄立和西伊伯; 把俄立杀在俄立磐石上, 把西伊伯杀在西伊伯榨酒池那里; 然后追赶米甸人, 又把俄立和西伊伯的人头带到约旦河对岸, 基甸那里。