1 Maar die manne van Israel het al in Mispa gesweer en gesê: Niemand van ons mag sy dogter aan 'n Benjaminiet as vrou gee nie.

2 En toe die manskappe in Bet-el kom, het hulle daar gebly tot die aand toe voor die aangesig van God en hulle stem verhef en geween met 'n groot geween

3 en gesê: Waarom, o HERE, God van Israel, het dit in Israel gebeur dat daar vandag een stam uit Israel vermis word?

4 Daarop het die manskappe die volgende dag vroeg klaargemaak en daar 'n altaar gebou en brandoffers en dankoffers gebring.

5 En die kinders van Israel het gesê: Wie is daar van al die stamme van Israel wat nie opgegaan het na die vergadering, na die HERE toe nie? Want daar was 'n plegtige eed teen die een wat nie opgaan na die HERE in Mispa nie -- hy moet sekerlik gedood word.

6 Toe het die kinders van Israel hulle broer Benjamin jammer gekry en gesê: Daar is vandag een stam uit Israel afgesny.

7 Wat kan ons doen vir hulle wat oorgebly het, wat vroue aanbetref? Want ons het by die HERE gesweer dat ons nie van ons dogters aan hulle as vroue sal gee nie.

8 Toe sê hulle: Wie is diegene wat van die stamme van Israel nie opgegaan het na die HERE in Mispa nie? En kyk, niemand het uit Jabes in G¡lead na die laer, na die vergadering gekom nie.

9 En die volk is getel, en daar was niemand van die inwoners van Jabes in G¡lead nie.

10 Toe stuur die vergadering daarheen twaalf duisend man uit die dapper manne en gee hulle bevel en sê: Gaan heen en slaan die inwoners van Jabes in G¡lead met die skerpte van die swaard, ook die vroue en die kinders.

11 En dit is die ding wat julle moet doen: Alles wat manlik is, en al die vroue wat die gemeenskap met die man ken, moet julle met die banvloek tref.

12 En hulle het onder die inwoners van Jabes in G¡lead vier honderd meisies aangetref, jongmeisies wat geen gemeenskap met 'n man gehad het nie, en die het hulle na die laer gebring in Silo wat in die land Kana„n lê.

13 Toe stuur die hele vergadering en hulle spreek met die kinders van Benjamin wat by die rots Rimmon was, en bied hulle die vrede aan.

14 Daarop het Benjamin in die tyd teruggekom; en hulle het die vroue wat hulle uit die vroue van Jabes in G¡lead in die lewe behou het, aan hulle gegee, maar so was daar vir hulle nie genoeg nie.

15 En die volk het Benjamin jammer gekry, omdat die HERE 'n skeuring gemaak het onder die stamme van Israel.

16 Toe sê die oudstes van die vergadering: Wat kan ons doen vir die wat oorgebly het, wat vroue aanbetref? Want die vroue was uit Benjamin verdelg.

17 Verder sê hulle: Die besitting van die wat oorgebly het, behoort aan Benjamin, sodat geen stam uit Israel mag uitgedelg word nie.

18 Maar ons self kan hulle geen vroue uit ons dogters gee nie; want die kinders van Israel het gesweer en gesê: Vervloek is hy wat 'n vrou aan Benjamin gee.

19 Toe sê hulle: Kyk, daar is jaar vir jaar 'n fees van die HERE in Silo wat noord van Bet-el lê, oostelik van die grootpad wat opgaan van Bet-el na Sigem, en suid van Lebona.

20 En hulle het die kinders van Benjamin bevel gegee en gesê: Gaan en lê en loer in die wingerde.

21 En let op, en kyk, as die dogters van Silo uittrek om hulle koordanse uit te voer, dan moet julle uit die wingerde uitkom, en julle moet vir julle, elkeen sy vrou, uit die dogters van Silo vang en na die land Benjamin gaan.

22 En as hulle vaders of hulle broers kom om by ons 'n saak te maak, sal ons vir hulle sê: Skenk hulle aan ons, want ons het nie vir elkeen 'n vrou in die oorlog geneem nie. Julle self het hulle mos nie aan hulle gegee nie; in die geval alleen sou julle skuldig gewees het.

23 Die kinders van Benjamin het toe so gedoen: hulle het vroue volgens hulle getal weggedra uit die danseresse wat hulle geroof het; en hulle het weggegaan en teruggekeer na hul erfdeel toe, en hulle het die stede opgebou en daarin gewoon.

24 En die kinders van Israel het in daardie tyd daarvandaan weggegaan, elkeen na sy stam en na sy geslag, en hulle het daarvandaan uitgetrek, elkeen na sy erfdeel toe.

25 In die dae was daar geen koning in Israel nie: elkeen het gedoen wat reg was in sy oë.

1 以色列人在米斯巴曾经起誓说: "我们中间不可有人把自己的女儿嫁给便雅悯人作妻子。"

2 众人来到伯特利, 在那里坐在 神面前直到晚上, 放声大哭,

3 说: "耶和华以色列的 神啊, 今日以色列中缺少了一个支派, 为什么在以色列中发生这事呢?"

4 次日, 众人清早起来, 在那里筑了一座祭坛, 献上燔祭和平安祭。

5 以色列人彼此说: "以色列各支派中, 谁没有与会众上到耶和华面前来呢?"因为他们曾经起过很严厉的誓, 说: "不上米斯巴到耶和华面前的, 必把他处死。"

6 以色列人为他们的兄弟便雅悯难过, 说: "今天以色列中有一个支派被剪除了。

7 我们曾经指着耶和华起过誓, 必不把我们的女儿给便雅悯人作妻子, 那么现在我们当怎样办理, 使他们剩下的人有妻子呢?"

8 他们又彼此问: "以色列各支派中, 有谁没有上米斯巴到耶和华面前来的呢?"他们就发现基列.雅比中没有一人去到营中会众那里。

9 众人被数点的时候, 就发现基列.雅比的居民中没有一人在那里。

10 因此会众从勇士中差派一万二千人到那里去, 吩咐他们说: "你们去用刀击杀基列.雅比的居民, 连妇女与孩子都要杀。

11 你们要这样行, 你们要把所有的男子, 和所有与男子同过房的女子, 完全毁灭。"

12 他们在基列.雅比的居民中, 找到了四百个未曾与人同房, 也未曾与男子同寝的年轻少女, 就把她们带到迦南地的示罗营那里。

13 全体会众又派人到临门的磐石那里, 对便雅悯人说话, 向他们宣告和平。

14 那时便雅悯人回来了, 以色列人就把他们保留的基列.雅比的女子给他们作妻子, 但还是不够。

15 众人为便雅悯人难过, 因为耶和华使以色列众支派中有了缺口。

16 会众中的长老说: "便雅悯的女子既然都被除灭了, 我们应怎样行, 使那些余下的人有妻子呢?"

17 又说: "便雅悯逃脱的人应有地业, 免得有个支派从以色列中被消灭。

18 但是我们不能把我们自己的女儿给他们作妻子。"因为以色列人曾经起誓说: "把女儿给便雅悯人作妻子的, 是可咒诅的。"

19 他们又说: "看哪, 每年在示罗都举行耶和华的节期; 示罗就是在伯特利的北面, 从伯特利上示剑的大路的东面, 在利波拿的南面。"

20 于是他们吩咐便雅悯人说: "你们去在葡萄园中设下埋伏;

21 在那里观看, 示罗的女子出来跳舞的时候, 你们就从葡萄园出来, 从示罗的女子中, 各抢一个作妻子, 然后回便雅悯地去。

22 如果她们的父亲或是兄弟来与我们争论, 我们就对他们说: ‘求你们恩待他们吧, 因为我们在战场上没有给他们留下女子作妻子, 而且这次又不是你们把女儿给他们; 若是你们给的, 你们就有罪了。’"

23 于是便雅悯人照样行了: 按着他们的数目, 从跳舞的女子中强抢她们作妻子, 然后离开那里, 回到自己的地业去, 重建城市, 住在其中。

24 那时, 以色列人离开那里, 各人回到自己的支派和自己的家族去; 他们离开那里, 各人回到自己的地业去。

25 在那些日子, 以色列中没有王, 各人都行自己看为对的事。