1 Toe trek die Engel van die HERE van Gilgal op na Bogim en sê: Ek het julle uit Egipte laat optrek en julle gebring in die land wat Ek julle vaders met 'n eed beloof het, en gesê: Ek sal my verbond met julle in ewigheid nie verbreek nie;
2 maar julle mag geen verbond met die inwoners van hierdie land maak nie; hulle altare moet julle omgooi. Maar julle het nie na my stem geluister nie. Wat het julle nou gedoen?
3 So sê Ek dan ook: Ek sal hulle nie voor julle uit verdrywe nie, sodat hulle vyande vir julle sal wees, en hulle gode 'n strik vir julle.
4 En terwyl die Engel van die HERE met hierdie woorde al die kinders van Israel toespreek, het die volk hulle stem verhef en geween;
5 en hulle het die plek Bogim genoem en daar aan die HERE geoffer.
6 Daarna het Josua die volk laat gaan, en die kinders van Israel het elkeen na sy erfdeel getrek om die land in besit te neem.
7 En die volk het die HERE gedien al die dae van Josua en al die dae van die oudstes wat n Josua nog in die lewe was, en al die groot werke van die HERE gesien het wat Hy vir Israel gedoen het.
8 Maar Josua, die seun van Nun, die kneg van die HERE, het gesterwe, honderd en tien jaar oud;
9 en hulle het hom begrawe op die gebied van sy erfdeel in Timnat-Heres, op die gebergte van Efraim, noord van die berg Ga„s.
10 En toe ook daardie hele geslag by hulle vaders versamel is, staan daar 'n ander geslag n hulle op wat die HERE en ook die werk wat Hy vir Israel gedoen het, nie geken het nie.
11 En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE: hulle het die Baäls gedien
12 en die HERE, die God van hulle vaders, verlaat wat hulle uit Egipteland uitgelei het, en hulle het agter ander gode aan geloop, van die gode van die volke wat rondom hulle was, en hulle daarvoor neergebuig en die HERE geterg.
13 Maar toe hulle die HERE verlaat en die Ba„l en die Astartes dien,
14 het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, en Hy het hulle oorgegee in die hand van rowers wat hulle beroof het; en Hy het hulle verkoop in die hand van hulle vyande rondom, sodat hulle nie meer kon standhou voor hulle vyande nie.
15 Waarheen hulle ook al uittrek, was die hand van die HERE teen hulle ten kwade, soos die HERE gespreek en soos die HERE vir hulle gesweer het. Maar wanneer hulle dan in groot benoudheid raak,
16 verwek die HERE rigters wat hulle verlos uit die hand van hulle berowers.
17 Na hulle rigters het hulle egter ook nie geluister nie, maar agter ander gode aan gehoereer en hulle daarvoor neergebuig; gou het hulle afgewyk van die weg wat hulle vaders bewandel het in gehoorsaamheid aan die gebooie van die HERE: so het hulle nie gedoen nie.
18 En wanneer die HERE vir hulle rigters verwek, was die HERE met die rigter om hulle te verlos uit die hand van hul vyande al die dae van die rigter, omdat die HERE medelyde gehad het vanweë hulle gekerm oor hulle verdrukkers en hulle verdringers.
19 Maar wanneer die rigter dood was, het hulle nog erger as hulle vaders gehandel deur agter ander gode aan te loop, om hulle te dien en hulle daarvoor neer te buig: hulle het niks laat vaar van hulle handelinge en van hulle hardnekkige wandel nie.
20 Daarom het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, en Hy het gesê: Omdat hierdie nasie my verbond wat Ek hulle vaders beveel het, oortree en na my stem nie luister nie,
21 sal Ek ook verder geeneen van die nasies wat Josua by sy dood laat oorbly het, voor hulle uit verdrywe nie --
22 om Israel deur hulle op die proef te stel, of hulle die weg van die HERE sal hou deur daarin te wandel soos hulle vaders dit gehou het, of nie.
23 Daarom het die HERE daardie nasies laat oorbly sonder om hulle dadelik te verdrywe, en hulle nie in die hand van Josua gegee nie.
1 耶和华的使者从吉甲上到波金来, 说: "我曾经把你们从埃及领上来, 带你们到我向你们列祖起誓应许的地方; 我曾说过: ‘我永不废弃我与你们所立的约;
2 你们不可与这地的居民立约, 要拆毁他们的祭坛。’你们竟没有听从我的话; 你们作的是什么呢?
3 因此我又说: ‘我必不把他们从你们面前赶走, 他们要作你们的敌人, 他们的神要作你们的网罗。’"
4 耶和华的使者对以色列众人说这些话的时候, 众人就放声大哭。
5 于是给那地方起名叫波金; 他们在那里向耶和华献祭。
6 约书亚遣散了众人, 以色列人就各归自己承受的地业, 要占有那地。
7 约书亚在世的时候, 以及他去世以后, 那些见过耶和华为以色列人所行的大事的众长老还在的日子, 众人都事奉耶和华。
8 耶和华的仆人, 嫩的儿子约书亚, 在一百一十岁的时候就死了。
9 以色列人把他埋葬在他地业的境内, 就是以法莲山地, 在迦实山北面的亭拿.希烈。
10 那一代的人都归到他们的列祖那里以后, 有另一代的人兴起来了; 他们不认识耶和华, 也不知道耶和华为以色列人所行的事。
11 以色列人行了耶和华看为恶的事, 去事奉众巴力;
12 他们离弃了领他们出埃及的耶和华、他们列祖的 神, 去跟从别的神, 就是他们周围各族的神, 敬拜他们, 惹耶和华发怒。
13 他们离弃了耶和华, 去事奉巴力和亚斯他录。
14 耶和华的怒气向以色列人发作, 就把他们交在抢掠的人手中, 他们就抢掠他们; 他又把他们完全交在他们四围的仇敌手中, 以致他们在仇敌面前再不能站立得住。
15 他们无论去哪里, 耶和华的手总是加害他们, 好像耶和华说过的, 又像耶和华对他们起誓过的; 他们就非常困苦。
16 耶和华兴起了士师, 士师就拯救他们脱离抢掠他们的人的手。
17 但他们连士师也不听从, 竟与别的神行了奸淫, 敬拜他们; 他们迅速偏离了他们列祖所行、听从耶和华命令的道路, 他们没有照样行。
18 耶和华为他们兴起士师的时候, 耶和华就与那士师同在; 那士师在世的日子, 耶和华总是拯救他们脱离仇敌的手; 因为他们在压迫和苦害他们的人底下发出哀声, 耶和华就怜悯他们。
19 可是士师死了以后, 他们就转而行恶, 比他们的列祖更厉害, 去随从别的神, 事奉和敬拜他们, 总不放弃他们的恶行和顽梗的行径。
20 于是耶和华的怒气向以色列人发作, 说: "因为这国的人违背我吩咐他们列祖的约, 不听从我的话,
21 因此, 约书亚死后仍剩下来的列国, 我也不再从他们面前赶走,
22 为要借着他们试验以色列人, 看他们肯不肯谨守遵行耶和华的道路, 像他们的列祖一样谨守。"
23 这样, 耶和华留下这些国的民, 不迅速把他们赶走, 也不把他们交在约书亚手里。