1 Op die dag is daar voor die ore van die volk voorgelees uit die boek van Moses, en daarin het geskrywe gestaan dat geen Ammoniet of Moabiet tot in ewigheid in die vergadering van God mag kom nie,

2 omdat hulle die kinders van Israel nie teëgekom het met brood en water nie, en B¡leam teen hulle gehuur het om hulle te vervloek; maar onse God het die vloek in 'n seën verander.

3 En toe hulle die wet hoor, het hulle al die mense van gemengde bloed uit Israel afgesonder.

4 Maar tevore het ljasib, die priester wat oor die kamers van die huis van onse God aangestel was, 'n verwant van Tob¡a,

5 vir hom 'n groot kamer ingerig waar hulle vroeër die spysoffer, die wierook en die gereedskappe en die tiendes van koring, mos en olie, die wettige aandeel van die Leviete en die sangers en die poortwagters, en die offergawe aan die priesters neergesit het.

6 Maar gedurende dit alles was ek nie in Jerusalem nie; want in die twee en dertigste jaar van Artas sta, die koning van Babel, het ek by die koning gekom; en n verloop van tyd het ek verlof gevra van die koning

7 en na Jerusalem gekom. Toe het ek die kwaad opgemerk wat ljasib gedoen het deur vir Tob¡a 'n kamer in die voorhowe van die huis van God in te rig.

8 En ek was erg ontstemd, sodat ek al die huisraad van Tob¡a uit die kamer buitentoe gegooi het,

9 met die bevel dat hulle die kamers moes reinig; en ek het die gereedskappe van die huis van God, die spysoffer en die wierook daarin teruggebring.

10 Ook het ek verneem dat die aandele van die Leviete nie gegee is nie, sodat die Leviete en die sangers wat die dienswerk moes verrig, elkeen na sy grond gevlug het.

11 En ek het met die leiers getwis en gesê: Waarom is die huis van God in verwaarlosing? En ek het hulle bymekaar laat kom en hulle weer op hulle pos aangestel.

12 En die hele Juda het die tiendes van koring en mos en olie na die voorraadkamers gebring.

13 En oor die voorraadkamers het ek Sel,mja, die priester, en Sadok, die skrywer, en Ped ja, uit die Leviete, as skatmeesters aangestel; en as hulp vir hulle: Hanan, die seun van Sakkur, die seun van Matt nja, omdat hulle vertroubaar geag is; en hulle moes aan hulle broers uitdeel.

14 Dink hierom aan my, my God, en delg tog my liefdediens nie uit wat ek aan die huis van my God en aan die instellinge daarvan bewys het nie.

15 In die dae het ek in Juda mense gesien wat op die sabbat die parskuipe trap en vragte koring, op esels gelaai, inbring, en ook wyn, druiwe en vye en allerhande vragte met goed, en dit op die sabbatdag in Jerusalem inbring; en ek het hulle gewaarsku op die dag toe hulle lewensmiddele verkoop het.

16 Ook die Tiriërs wat daar gewoon het, het vis en allerhande koopware ingebring en op die sabbat aan die kinders van Juda selfs in Jerusalem verkoop.

17 En ek het met die edeles van Juda getwis en vir hulle gesê: Watter verkeerde ding is dit wat julle doen, dat julle die sabbatdag ontheilig?

18 Het julle vaders nie so gehandel, sodat onse God oor ons en oor hierdie stad al hierdie onheil gebring het nie? Ja, julle vermeerder die toorngloed oor Israel deur die sabbat te ontheilig!

19 En sodra dit in die poorte van Jerusalem voor die sabbat donker was, het ek gesê dat die deure gesluit moes word; en ek het gesê dat hulle dit nie mag oopmaak tot n die sabbat nie, en van my mense het ek by die poorte aangestel: geen vrag het op die sabbatdag mag inkom nie.

20 Toe het die koopmans en handelaars in allerhande koopware 'n paar keer buitekant Jerusalem vernag.

21 Maar ek het hulle gewaarsku en vir hulle gesê: Waarom vernag julle voor die muur? As julle dit weer doen, sal ek die hand aan julle slaan. Van die tyd af het hulle nie meer op die sabbat gekom nie.

22 Verder het ek aan die Leviete gesê dat hulle hul moes reinig en kom as poortwagters om die sabbatdag te heilig. Dink ook hierom aan my, my God, en ontferm U oor my na die grootheid van u goedertierenheid.

23 In die dae het ek ook Jode gesien wat Asdodiese, Ammonitiese, Moabitiese vroue getrou het.

24 En van hulle kinders het die helfte Asdodies gepraat, of die taal van watter volk ook al; maar hulle kon geen Joods praat nie.

25 Daarom het ek met hulle getwis en hulle gevloek, en sommige van hulle geslaan en die hare uitgepluk en hulle by God besweer: Julle mag julle dogters nie aan hulle seuns gee, en julle mag nie van hulle dogters vir julle seuns of vir julleself neem nie!

26 Het Salomo, die koning van Israel, nie deur hulle gesondig nie? Alhoewel daar onder baie nasies nie 'n koning gewees het soos hy nie en hy 'n liefling van sy God was, sodat God hom as koning aangestel het oor die hele Israel, het die vreemde vroue hom tog sonde laat doen.

27 Moet ons nou van julle hoor dat julle al hierdie groot kwaad doen, om ontrou te handel teen God deur vreemde vroue te trou?

28 En een van die seuns van Jojada, die seun van die hoëpriester ljasib, was 'n skoonseun van Sanb llat, die Horoniet; daarom het ek hom van my af weggeja.

29 Dink aan hulle, my God, oor die bevlekking van die priesterskap en van die verbond met die priesterskap en met die Leviete.

30 So het ek hulle dan gereinig van al wat vreemd was, en die diensordeninge vir die priesters en die Leviete vasgestel, vir elkeen in sy werk,

31 ook vir die lewering van hout op vasgestelde tye en vir die eerstelinge. Dink aan my, my God, ten goede!

1 那时, 他们宣读摩西的书给众民听, 见书上写着说: 亚扪人和摩押人永远不可进入 神的会,

2 因为他们没有拿食物和水来迎接以色列人, 反而雇用了巴兰来与他们作对, 咒诅他们; 但是我的 神使咒诅变为祝福。

3 众民听见了这律法, 就跟一切闲杂人分离。

4 这事以前, 受委派管理我们 神殿的库房的以利亚实祭司, 与多比雅的关系很密切。

5 他为多比雅预备了一间大房间, 那里以前是用来收存素祭、乳香和器皿, 还有祭司的举祭, 以及按照命令供给利未人、歌唱者和守门的那些五谷、新酒和新油的十分之一。

6 这事发生的时候, 我不在耶路撒冷; 因为在巴比伦王亚达薛西三十二年, 我回到王那里去; 过了一段时期, 我又求得王的准许,

7 回到耶路撒冷, 那时我才知道以利亚实在 神殿的院子里, 为多比雅预备一间房间那件恶事。

8 我十分恼怒, 就把多比雅的一切家具, 都从房间里拋出去。

9 又吩咐人洁净那几间房间, 然后把 神殿的器皿, 与素祭和乳香搬回那里。

10 我发觉利未人应得的分, 没有人供给他们, 甚至供职的利未人和歌唱者, 各人都跑回自己的田地去。

11 于是我责备众官长说: "为什么疏忽供应 神的殿呢?"我就再召集利未人, 使他们重站原来的岗位。

12 犹大众人就把五谷、新酒和新油的十分之一, 奉到库房。

13 我委派示利米雅祭司、经学家撒督和利未人毗大雅作库官, 管理库房; 他们的助手是玛他尼的孙子、撒刻的儿子哈难; 这些人都是忠信可靠的; 他们的责任是把人奉献的各物分给他们的兄弟。

14 "我的 神啊, 求你因这事记念我, 不要涂抹我为我 神的殿和一切敬拜的礼仪所行的忠诚的事。"

15 那时, 我在犹大看见有人在安息日踹压酒池, 搬运禾捆, 驮在驴上, 又把酒、葡萄、无花果和各样的担子, 在安息日运到耶路撒冷; 我就在他们卖粮食的那天警戒他们。

16 又有推罗人住在耶路撒冷城中, 他们把鱼和各样的货物运进来, 在安息日卖给犹大人, 而且在耶路撒冷贩卖。

17 于是我责备犹大的贵族, 对他们说: "你们怎么行这恶事, 亵渎安息日呢?

18 从前你们的列祖不是这样行, 以致我们的 神使这一切灾祸临到我们和这城吗?现在你们亵渎安息日, 使 神的忿怒越发临到以色列。"

19 所以在安息日的前一天, 黄昏的阴影临到耶路撒冷城门的时候, 我就吩咐人把城门关闭; 我又下令不许开门, 直到安息日过了, 我又派我的仆人在城门站岗, 免得有人在安息日挑担子进来。

20 于是商人和贩卖各样货物的, 一次两次在耶路撒冷城外过夜。

21 我警告他们, 对他们说: "你们为什么要在城墙前面过夜呢?如果你们再这样, 我就要动手对付你们。"从那时起, 他们在安息日就不敢再来了。

22 我吩咐利未人洁净自己, 然后来看守城门, 使安息日分别为圣。"我的 神啊, 求你也因这事记念我, 照着你丰盛的慈爱怜恤我! "

23 那些日子, 我也发现有些犹大人娶了亚实突、亚扪和摩押的女子为妻。

24 他们的儿女有一半说亚实突话, 其他就说他们民族的语言, 他们却不会说犹大话。

25 我就责备他们, 咒诅他们, 击打他们中间的几个人, 拔下他们的头发, 叫他们指着 神起誓, 说: "你们决不可把自己的女儿嫁给他们的儿子, 也决不可为儿子或为自己娶他们的女儿。

26 以色列王所罗门不是在这些事上犯了罪吗?在许多国中并没有一个王能比得上他的; 他蒙他的 神所爱, 神立他作全以色列的王, 可是连他也被外族的女子引诱犯罪。

27 难道我们要听从你们, 行这大恶, 娶外族的女子为妻, 对我们 神不忠吗?"

28 大祭司以利亚实的孙子耶何耶大的一个儿子, 是和伦人参巴拉的女婿, 我就驱逐他离开我。

29 "我的 神啊, 求你记住他们, 因为他们玷污了祭司的职分, 也污辱了祭司职分和利未人的约。"

30 这样, 我就洁净了他们, 使他们脱离一切外族人的污秽, 又重新指派祭司和利未人的职责, 各人有自己的工作。

31 我又指派人按时供应木柴和奉献初熟之物。"我的 神啊, 求你记念我, 施恩给我。"