1 Op my bed snags het ek gesoek na my sielsbeminde, ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie.
2 Ek wil dan opstaan en in die stad rondgaan, in die strate en op die pleine wil ek na my sielsbeminde soek; ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie.
3 Die wagte wat in die stad rondgaan, het my aangetref. Het julle my sielsbeminde nie gesien nie?
4 Skaars het ek van hulle af verder gegaan, of ek het my sielsbeminde gevind; ek het hom vasgehou en hom nie gelos voordat ek hom gebring het in die huis van my moeder en in die binnekamer van haar wat my gebaar het nie.
5 Ek besweer julle, dogters van Jerusalem, by die gemsbokke of by die takbokke van die veld om nie die liefde wakker te maak of op te wek voordat dit die liefde behaag nie.
6 Wie is dit wat daar opkom uit die woestyn soos rookpilare, omgeurd van mirre en wierook, van allerhande speserye van die koopman?
7 Kyk, dit is die draagstoel van Salomo, sestig helde daaromheen, van die helde van Israel,
8 hulle almal met 'n swaard gewapend, geoefend vir oorlog, elkeen met sy swaard aan sy heup vanweë die nagtelike verskrikking.
9 Koning Salomo het vir hom 'n draagstoel gemaak van die hout van die L¡banon;
10 die steile daarvan het hy gemaak van silwer, die leuning van goud, die sitplek van purper, die binnekant mooi opgemaak -- 'n liefdegawe van die dogters van Jerusalem.
11 Kom uit, dogters van Sion, en aanskou met vreugde die koning Salomo, die krans waarmee sy moeder hom bekrans het op sy troudag en op die dag dat sy hart vrolik is.
1 我夜间躺在床上, 寻找我心所爱的, 我寻找他, 却找不到他。
2 我说: "我要起来, 走遍全城, 在街上, 在广场上, 寻找我心所爱的。"我寻找他, 却找不到他。
3 城中的守卫巡逻的时候, 找着我; 我就问他们: "你们有没有看见我心所爱的?"
4 我刚刚离开他们, 就遇见我心所爱的; 我把他拉住, 不让他走, 等到我带他到我母亲的家, 进到怀我者的内室。
5 耶路撒冷的众女子啊! 我指着羚羊、田间的母鹿恳求你们, 不要惊动他, 不要挑起他的爱情, 等它自发吧。
6 那从旷野上来, 好像烟柱; 用商人贩卖的各种香粉、没药和乳香熏过的, 是谁呢?
7 看哪! 是所罗门的御轿, 四周有六十个勇士, 都是以色列中的勇士。
8 个个手拿武器, 能征惯战; 各人腿上配有利剑, 以防夜间的袭击。
9 所罗门王用黎巴嫩木, 为自己做了一乘华轿。
10 他用银子做轿柱, 用金子做轿底, 用紫色料子做轿的座垫; 内部所铺设的, 是耶路撒冷众女子的爱情。
11 耶路撒冷的众女子啊! 锡安的众女子啊! 你们出来看看所罗门戴着的冠冕, 就是在他结婚的日子, 在他心里喜乐的时候, 他母亲给他戴上的。