1 Waar het u beminde heengegaan, o skoonste onder die vroue? Waarheen het u beminde hom gewend, dat ons hom saam met u kan soek?
2 My beminde het afgeloop na sy tuin, na die balsembeddings om hom te vermaak in die tuine en om lelies te versamel.
3 Ek is my beminde s'n, en my beminde is myne -- hy wat herder is onder die lelies.
4 Mooi is u, my vriendin, soos Tirsa, lieflik soos Jerusalem, verskriklik soos slagordes met vaandels.
5 Draai u oë van my af weg, want hulle verskrik my; u hare is soos 'n kudde bokke wat van G¡lead afgolf.
6 U tande is soos 'n kudde skaapooie wat van die drinkplek af opkom, wat almal tweelinge het, en geeneen onder hulle is sonder lam nie.
7 U slape is soos 'n granaatskyf deur u sluier heen.
8 Daar is sestig koninginne en tagtig byvroue en jonkvroue sonder getal.
9 Een, die is my duif, my volmaakte, die enigste vir haar moeder; sy is die uitverkorene vir die een wat haar gebaar het. Die dogters het haar gesien en haar gelukkig geprys, die koninginne en die byvroue, en haar geroem:
10 Wie is dit wat daar opkom soos die dageraad, mooi soos die maan, rein soos die son, verskriklik soos slagordes met vaandels?
11 Ek het afgeloop na die neutetuin om te kyk na die uitspruitsels in die dal, om te kyk of die wingerdstok uitloop, die granate blom.
12 Voordat ek dit geweet het, het my verlange my verplaas op die waens van my edele volk.
13 Kom terug, kom terug, Sulammitiese, kom terug, kom terug, dat ons u kan aansien. Wat sien julle aan die Sulammitiese? Iets soos die koordans van Mahan im.
1 你这女子中极美丽的啊! 你的良人到哪里去了?你的良人转到哪里去了?让我们与你去寻找他吧!
2 我的良人下到自己的园中, 下到香花畦那里, 在园内细赏, 采摘百合花。
3 我属我的良人, 我的良人也属我; 他在百合花中细赏。
4 我的佳偶啊! 你美丽如得撒, 秀丽如耶路撒冷, 威武如展开旗帜的军队。
5 请你转眼不要看我, 因为你的眼使我心动! 你的头发如同从基列山下来的山羊群。
6 你的牙齿像一群母羊, 刚刚洗净上来那样洁白整齐; 它们成双成对, 没有单独一只的。
7 你的两颊在面纱后面, 如同切开的石榴。
8 虽有六十位王后, 八十位妃嫔, 并有无数的宫女;
9 唯独我的鸽子, 我的完全人, 是独一的; 是她母亲独一的宝贝, 是生养她者的宠儿。众女子看见她, 都称她为有福; 王后妃嫔见了, 也都赞赏她, 说:
10 "那出现如破晓的晨光, 美丽如月亮, 灿烂如日头, 威武有如展开旗帜的军队的是谁呢?"
11 我下到核桃园去, 看看谷中青绿的植物, 看看葡萄树发芽没有, 石榴树开花没有;
12 不知不觉之间, 我的心把我置于我尊贵的民的车中。
13 回来吧, 回来吧, 书拉密女啊! 回来吧, 回来吧, 让我们看看你。你们为什么要看书拉密女, 像看两队兵跳舞呢?(本节在《马索拉抄本》为7:1)