1 Ek het in my tuin gekom, my susterbruid, ek het my mirre met my balsem gepluk, ek het geëet van my heuningkoek met my heuning, ek het gedrink my wyn met my melk; eet, vriende, drink en word dronk, bemindes.
2 Ek het geslaap, maar my hart het gewaak. Hoor, my beminde klop: Maak vir my oop, my suster, my vriendin, my duif, my volmaakte! Want my hoof is vol dou, my haarlokke vol nagdruppels.
3 Ek het my kleed uitgetrek, hoe kan ek dit weer aantrek? Ek het my voete gewas, hoe kan ek dit weer vuil maak?
4 My beminde het sy hand deur die deuropening gesteek; toe het my binneste oor hom in beroering gekom;
5 ek het opgestaan om vir my beminde oop te maak, terwyl my hande drup van mirre en my vingers van vloeiende mirre op die handvatsels van die grendel.
6 Ek het vir my beminde oopgemaak, maar my beminde het weggedraai, verbygegaan; ek het my besinning verloor toe hy gespreek het; ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie; ek het na hom geroep, maar hy het my nie geantwoord nie.
7 Die wagte wat in die stad rondgaan, het my aangetref; hulle het my geslaan, my gewond; die wagte by die mure het my mantel van my afgeneem.
8 Ek besweer julle, dogters van Jerusalem, as julle my beminde vind, wat sal julle hom vertel? Dat ek krank is van liefde.
9 Wat is u beminde meer as 'n ander beminde, o skoonste onder die vroue -- wat is u beminde meer as 'n ander beminde, dat u ons so besweer het?
10 My beminde is skitterend wit en rooi, uitnemender as tien duisend.
11 Sy hoof is goud, suiwer goud; sy haarlokke is golwende, swart soos 'n raaf,
12 sy oë soos duiwe by waterstrome, in melk gewas, sittend by 'n volle bron.
13 Sy wange is soos balsembeddings, terrasbeddings van geurige plante; sy lippe is lelies wat van vloeiende mirre drup.
14 Sy hande is ronde stawe van goud, ingevul met chrisoliet, sy liggaam 'n kunswerk van ivoor, bedek met saffierstene.
15 Sy bene is marmerpilare wat rus op voetstukke van fyn goud; sy gestalte is soos die L¡banon, uitgesoek soos die seders.
16 Sy verhemelte is pure soetigheid, ja, hy is geheel en al die lieflikheid self. Dit is my beminde en dit is my vriend, dogters van Jerusalem.
1 我的妹妹, 我的新妇啊! 我进了我的园中; 我采了我的没药与香料; 我吃了我的蜂房与蜂蜜; 我喝了我的酒和奶。朋友们! 你们要开怀吃喝; 亲爱的啊! 你们要不醉无归。
2 我身虽然睡卧, 我心却醒。这是我的良人的声音, 他敲着门说: "我的妹妹, 我的佳偶, 我的鸽子, 我的完全人哪! 求你给我开门; 因为我的头满了露水, 头发给夜露滴湿。"
3 我回答: "我脱了外衣, 怎能再穿上呢?我洗了脚, 怎能再弄脏呢?"
4 我的良人从门孔里伸进手来, 我的心因他大为激动。
5 我起来, 要给我的良人开门; 我的两手滴下没药, 指头滴下没药, 滴在门闩上。
6 我亲手给我的良人开门, 我的良人却已转身走了; 我发现他走了, 差点昏倒; 我到处找他, 却找不见, 我呼叫他, 他却不回答。
7 城中的守卫巡逻的时候, 找着我; 他们打了我, 伤了我; 看守城墙的人夺去了我身上的外衣。
8 耶路撒冷的众女子啊! 我嘱咐你们: 你们若遇见我的良人, 你们要告诉他什么呢?你们要告诉他, 我患了相思病。
9 你这女子中最美丽的啊! 你的良人比别人的良人有什么更可爱之处呢?你的良人比别人的良人有什么更可爱之处呢?以致你这样嘱咐我们呢?
10 我的良人红光满面, 是万人中的表表者。
11 他的头像精金, 他的头发如棕树枝厚密, 像乌鸦那么黑。
12 他的眼好像溪水旁的鸽子, 在奶中洗净, 塑得合式。
13 他的两颊如香花畦, 又如香草台; 他的嘴唇像百合花, 滴下没药汁。
14 他的双手像金管, 镶嵌着水苍玉; 他的躯体如象牙块, 周围包着蓝宝石。
15 他的双腿像大理石柱, 安放在精金的座上; 他的容貌如黎巴嫩山, 像佳美的香柏树。
16 他的口甜蜜; 他全然可爱。耶路撒冷的众女子啊! 这就是我的良人, 我的朋友。