1 Hoe mooi is u skrede in die skoene, o edele dogter! Die golwende lyne van u heupe is soos halssierade, 'n werk van kunstenaarshande.
2 U nawel is 'n ronde kom -- laat die gemengde wyn nie ontbreek nie. U liggaam is 'n hoop koring, omring deur lelies.
3 U twee borste is soos twee lammers, tweelinge van 'n gemsbok.
4 U hals is soos 'n ivoortoring, u oë vywers in Hesbon by die poort Bat-Rabbim; u neus soos die toring van die L¡banon wat na Damaskus toe uitkyk.
5 U hoof op u is soos die Karmel, en die golwende hare van u hoof soos purper -- 'n koning gevang in haarlokke!
6 Hoe mooi en hoe lieflik is u, o liefde, onder al die genietinge!
7 U hoë gestalte daar lyk soos 'n dadelpalm, en u borste soos vrugtetrosse.
8 Ek het gedink: Laat ek op die dadelpalm klim, laat ek sy trosse gryp; en laat u borste tog wees soos trosse van die wingerdstok, en die geur van u asem soos die van appels,
9 en u verhemelte soos die beste wyn wat vir my beminde saggies na binne gly, en oor die lippe vloei van die wat inslaap.
10 Ek is my beminde s'n, en sy begeerte is na my.
11 Kom, my beminde, laat ons uitgaan in die veld, laat ons in die dorpe vernag.
12 Laat ons vroeg na die wingerde gaan, laat ons sien of die wingerdstok uitloop, die druiwebloeisel oopgaan, die granate blom. Daar sal ek u my liefde gee.
13 Die liefdesappels gee geur, en by ons deure is allerhande kostelike vrugte, vars en oud; o my beminde, dit het ek vir u weggebêre.
1 王女啊! 你的脚在鞋中多么美丽; 你大腿的曲线美如珠玉, 是巧匠手里的杰作。(本节在《马索拉抄本》为7:2)
2 你的肚脐如圆杯, 永不缺乏调和的酒; 你的肚腹像一堆麦子, 周围有百合花。
3 你的两乳像一对小鹿, 像双生的母羚羊。
4 你的颈项如象牙塔; 你的眼像希实本城内, 巴特.拉并门旁的水池; 你的鼻子好像黎巴嫩的高塔, 居高临下朝着大马士革。
5 你的头在你身上像迦密山; 你头上的秀发是紫黑色的; 君王的心竟给这些发绺系住了。
6 亲爱的啊! 使人喜悦的啊! 你多么美丽, 多么可爱。
7 你的身量像一棵棕树; 你的两乳如树上累累的果子。
8 我说: "我要爬上这棵棕树, 我要抓住它的果子。"愿你的两乳如一挂一挂的葡萄串; 你鼻子的香气如苹果芬芳;
9 你的口像美酒。书拉密女说: "直流入我良人的口里, 轻轻流过唇齿之间。"
10 我属我的良人, 他也恋慕我。
11 我的良人哪! 来吧! 让我们往田间去; 让我们在凤仙花丛中过夜吧。
12 我们早晨起来往葡萄园去, 去看葡萄树发芽没有, 花朵开放没有; 也看看石榴开花没有。我在那里要把我的爱给你。
13 风茄正在散发香气; 在我们的门旁有各样佳美的果子, 新的旧的都有。我的良人哪, 这些都是我为你保存的。