1 Die hooglied van Salomo.

2 Laat hy my kus met kusse van sy mond; want u liefde is kosteliker as wyn.

3 U salf is aangenaam van geur, u naam is soos salf wat uitgegiet is; daarom het die jonkvroue u lief.

4 Trek my agter u aan, laat ons gou maak! Die koning het my in sy binnekamers gebring. Ons wil juig en ons in u verheug, ons wil u liefde prys meer as wyn. Met reg het hulle u lief.

5 Ek is bruin gebrand maar lieflik, o dogters van Jerusalem, soos die tente van Kedar, soos die gordyne van Salomo.

6 Moenie na my kyk omdat ek so bruinerig is, omdat die son my verbrand het nie: die seuns van my moeder was toornig op my; hulle het my aangestel as oppasser van die wingerde; my eie wingerd het ek nie opgepas nie.

7 Vertel my tog, my sielsbeminde, waar laat u wei, waar laat u smiddags die vee lê en rus? Want waarom sou ek wees soos een wat haar met 'n sluier toedraai by die kuddes van u metgeselle?

8 As u dit self nie weet nie, mooiste onder die vroue, gaan dan uit op die spore van die skape en laat u bokkies wei by die hutte van die herders.

9 Met die perde voor 'n wa van Farao vergelyk ek u, my vriendin!

10 Lieflik is u wange tussen die kettinkies, u hals in die snoere.

11 Ons sal vir u goue kettinkies maak met silwerknoppe.

12 So lank as die koning aan sy tafel was, het my nardus sy geur gegee.

13 My beminde is vir my 'n bossie mirre wat tussen my borste rus.

14 My beminde is vir my 'n tros henna-blomme in die wingerde van ngedi.

15 Hoe mooi is u tog, my vriendin! Hoe mooi is u tog, u oë is soos duiwe!

16 Hoe mooi is u tog, my beminde, ja lieflik; ook is ons bed in die groenigheid.

17 Die balke van ons huise is seders, ons paneelwerk sipresse.

1 所罗门的歌, 是歌中之歌。

2 愿他用口中的热吻与我亲嘴, 因为你的热爱比酒更美。

3 你的膏油香气芬芳; 你的名字如同倒出来的膏油; 所以众童女都爱你。

4 愿你吸引我, 我们必快跑跟随你。王领我进入他的内室。王啊! 我们要因你欢喜快乐; 我们要提说你的爱, 胜过提说美酒; 她们爱你是合理的。

5 耶路撒冷的众女子啊! 我虽然黑, 却是秀美, 如同基达的帐棚, 好像所罗门的幔幕。

6 你们不要因为我黑, 就盯着我, 因为太阳把我晒黑了。我母亲的儿子生我的气; 他们叫我看守家里的葡萄园, 我自己私人的葡萄园, 我却没有看守。

7 我心所爱的啊! 求你告诉我, 你在哪里放羊?中午你在哪里使羊群躺卧休息。我为什么在你众同伴的羊群旁边, 好像蒙着脸的女人呢?

8 你这女子中最美丽的啊! 你若不知道, 可以出去, 跟随羊群的脚踪, 在牧人的帐棚边, 牧放你的山羊羔。

9 我的佳偶啊! 我把你比作套在法老车上的骏马。

10 你的两腮因耳环显得秀丽; 你的颈项因珠链显得华美。

11 我们要为你制金耳环, 用银珠点缀。

12 王正坐席的时候, 我的哪达香膏散发芬芳的香味,

13 我以我的良人为一袋没药, 挂在我的胸怀之中。

14 我以我的良人为一束凤仙花, 开放在隐.基底的葡萄园里。

15 我的佳偶啊! 你很美丽; 你很美丽。你的眼好像鸽子的眼睛。

16 我的良人, 你很英俊, 你很可爱。我们的床榻是青绿的树木;

17 我们房屋的栋梁是香柏树, 房屋的椽子是松树。