1 En Jona het tot die HERE sy God gebid uit die ingewande van die vis

2 en gesê: Uit my benoudheid het ek die HERE aangeroep, en Hy het my verhoor; uit die binneste van die doderyk het ek geroep om hulp -- U het my stem gehoor.

3 U tog het my in die diepte gewerp, in die hart van die see, sodat 'n stroom my omring het; al u bare en u golwe het oor my heengegaan.

4 Toe het ek gesê: Ek is weggestoot, weg van u oë; tog sal ek weer u heilige tempel aanskou.

5 Waters het my omring tot aan die siel toe, die vloed was rondom my; seegras was om my hoof gedraai.

6 Ek het afgedaal tot by die grondslae van die berge, die grendels van die aarde het my vir altyd ingesluit; maar U het my lewe uit die kuil opgetrek, HERE my God!

7 Toe my siel in my versmag het, het ek aan die HERE gedink; en my gebed het tot by U gekom in u heilige tempel.

8 Die wat nietige afgode vereer, verlaat die Een wat vir hulle goedertieren is.

9 Ek daarenteen sal aan U offer met 'n stem van lof; wat ek beloof het, sal ek betaal. Die heil behoort aan die HERE.

10 Daarop het die HERE die vis beveel om Jona op die droë grond uit te spuug.

1 约拿从鱼腹中向耶和华他的 神祷告,

2 说: "我从患难中求告耶和华, 他就应允我; 我从阴间的深府呼求, 你就垂听我的声音。

3 你把我投入深海, 在海洋的深处, 大水环绕我; 你的洪涛、你的波浪, 都漫过我。

4 我说: ‘我虽从你眼前被赶逐, 我仍要仰望你的圣殿。’

5 众水包围我, 几乎置我于死地; 深渊环绕我; 海草缠裹我的头。

6 我下沉直到山麓, 大地的门闩把我永远关闭; 耶和华我的 神啊! 你却把我的性命从坑中拉上来。

7 当我心灵疲弱时, 我就思念耶和华; 我的祷告直达你面前, 进入你的圣殿。

8 那敬奉虚妄之偶像的人, 实在是离弃了怜爱他们的 神("怜爱他们的 神"原文作"他们的恩典")。

9 至于我, 我要带着感谢的声音向你献祭; 我所许的愿, 我必偿还。救恩是属于耶和华的。"

10 于是耶和华吩咐那鱼, 鱼就把约拿吐在陆地上。