1 Die woorde van Amos, een van die skaapboere uit Tekoa, wat hy gesien het aangaande Israel in die dae van Uss¡a, koning van Juda, en in die dae van Jerobeam, die seun van Joas, koning van Israel, twee jaar voor die aardbewing.
2 En hy het gesê: Die HERE brul uit Sion en verhef sy stem uit Jerusalem, sodat die weivelde van die herders treur en die top van Karmel verdor.
3 So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Damaskus, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle G¡lead met ysterdorssleë gedors het.
4 Daarom sal Ek 'n vuur slinger in die huis van H sael, en dit sal die paleise van B,nhadad verteer.
5 En Ek sal die grendel van Damaskus verbreek en die inwoners uit die laagte van Awen uitroei en die wat die septer dra, uit Bet-Eden, en die volk van Aram sal in ballingskap gaan na Kir, sê die HERE.
6 So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Gasa, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle 'n ganse bevolking in ballingskap weggevoer het om dit aan Edom uit te lewer.
7 Daarom sal Ek 'n vuur slinger in die muur van Gasa, en dit sal sy paleise verteer.
8 En Ek sal die inwoners uit Asdod uitroei en die wat die septer dra, uit Askelon; en Ek sal my hand teen Ekron uitstrek, en die oorblyfsel van die Filistyne sal omkom, sê die Here HERE.
9 So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Tirus, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle 'n ganse bevolking as ballinge aan Edom uitgelewer het en nie gedink het aan die broederverbond nie.
10 Daarom sal Ek 'n vuur slinger in die muur van Tirus, en dit sal sy paleise verteer.
11 So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Edom, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hy sy broer met die swaard agtervolg het en sy jammergevoel verstik het, sodat sy toorn altyd verskeur en hy gedurigdeur sy grimmigheid behou.
12 Daarom sal Ek 'n vuur slinger in Teman, en dit sal die paleise van Bosra verteer.
13 So sê die HERE: Oor drie oortredinge van die kinders van Ammon, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle die swanger vroue van G¡lead oopgesny het om hulle grondgebied uit te brei.
14 Daarom sal Ek 'n vuur aansteek in die muur van Rabba, en dit sal sy paleise verteer, met krygsgeskreeu op die dag van stryd, in 'n storm op die dag van die orkaan.
15 En hulle koning sal in ballingskap gaan, hy en sy vorste tesame, sê die HERE.
1 提哥亚的牧人阿摩司, 在犹大王乌西雅和以色列王约阿施的儿子耶罗波安作王的日子, 大地震前二年所见的异象, 就是有关以色列的话, 记在下面。
2 他说: "耶和华从锡安吼叫, 从耶路撒冷发声; 牧人的草场因此干旱, 迦密的山顶枯干。
3 "耶和华这样说: ‘大马士革三番四次犯罪, 我必不收回惩罚他的命令; 因为他用打谷的铁器蹂躏基列。
4 我必降火在哈薛的王宫, 烧毁便.哈达的堡垒。
5 我必折断大马士革的门闩, 剪除亚文平原的居民, 以及伯.伊甸掌权的首领; 亚兰的人民也必被掳至吉珥。’这是耶和华说的。
6 "耶和华这样说: ‘迦萨三番四次犯罪, 我必不收回惩罚他的命令; 因为他带走全部的俘虏, 交给以东。
7 我必降火在迦萨的城墙, 烧毁他的堡垒;
8 我必剪除亚实突的居民, 以及亚实基伦掌权的领袖; 我必伸手攻击以革伦, 把余剩的非利士人都灭绝。’这是主耶和华说的。
9 "耶和华这样说: ‘推罗三番四次犯罪, 我必不收回惩罚他的命令; 因为他把全部的俘虏交给以东, 并不记念与兄弟所立的盟约。
10 我必降火在推罗的城墙, 烧毁他的堡垒。’
11 "耶和华这样说: ‘以东三番四次犯罪, 我必不收回惩罚他的命令; 因为他拿刀追杀他的兄弟, 没有丝毫怜悯; 他的怒气不断爆发, 他的忿怒永不止息。
12 我必降火在提幔, 烧毁伯斯拉的堡垒。’
13 "耶和华这样说: ‘亚扪三番四次犯罪, 我必不收回惩罚他的命令; 因为他为了扩张疆界, 甚至剖开基列孕妇的肚腹。
14 在战争之日的吶喊中, 在风雨天的暴风中; 我必在拉巴的城墙放火, 烧毁他的堡垒。
15 他的君王必被掳走, 君王和官员一同被掳。’这是耶和华说的。"