1 Wee die gerustes in Sion en die sorgelose op die berg van Samar¡a, die vernames van die eerste onder die nasies, na wie die huis van Israel kom!

2 Trek deur na Kalne en kyk, gaan van daar na Hamat, die groot stad, en trek af na Gat van die Filistyne! Is hulle beter as hierdie koninkryke? Of is hulle grondgebied groter as julle grondgebied? --

3 julle wat die dag van onheil veraf stel en die setel van geweld nader skuiwe!

4 Wat op bedde van ivoor lê en uitgestrek lê op hulle rusbanke en die lammers van die kleinvee en die kalwers uit die stal eet!

5 Wat liedjies sing met begeleiding van die harp, wat net soos Dawid vir hulle musiekinstrumente uitdink!

6 Wat uit offerkomme wyn drink en hulle met die beste soorte olie salf, maar hulle nie oor die verbreking van Josef bekommer nie.

7 Daarom sal hulle nou op die voorpunt van die ballinge in ballingskap gaan, en daar sal 'n end kom aan die rumoerige gejubel van die leeglêers.

8 Die Here HERE het by Homself gesweer, spreek die HERE, die God van die leërskare: Ek het 'n afsku van die trotsheid van Jakob en haat sy paleise; daarom lewer Ek die stad oor en al wat daarin is.

9 En as daar tien man in een huis oorgebly het, sal hulle sterwe.

10 En wanneer iemand se bloedverwant, die een wat hom wil verbrand, hom optel om die bene uit die huis te verwyder, en aan iemand wat in die agterste vertrekke is, sê: Is daar nog iemand by jou? en hy antwoord: Nee -- dan sal die eerste sê: Bly stil, want dit is nie gepas om die Naam van die HERE te vermeld nie!

11 Want kyk, die HERE gee bevel, en hulle slaan die groot huis tot 'n puinhoop en die klein huis tot splinters.

12 Kan perde draf op rotse, of kan 'n mens met osse daarop ploeë? -- dat julle die reg in gif verander en die vrug van geregtigheid in wilde-als.

13 Julle wat bly is oor 'n nietige ding, wat sê: Het ons nie deur ons eie krag horings gekry nie?

14 Want kyk, Ek gaan teen julle, o huis van Israel, 'n volk opwek, spreek die HERE, die God van die leërskare, en hulle sal julle verdruk van die ingang na Hamat af tot by die spruit van die Vlakte.

1 那些在锡安平静安逸的, 安稳在撒玛利亚山上的, 有祸了! 你们是这列国中为首之大国的领袖, 是以色列家所归向的。

2 你们要过去甲尼看看, 从那里往哈马大城去, 然后下到非利士的迦特; 看你们是否比这些国家胜一筹?他们的领土是否比你们的领土还大?

3 你们认为灾祸的日子离开很远, 你们的行为却招致残暴的审判。

4 你们卧在象牙床上, 躺在榻上; 你们吃羊群中的羊羔, 和牛棚里的牛犊。

5 你们闲逸地弹琴奏乐, 又为自己制造乐器, 像大卫一样。

6 你们用大碗喝酒, 用最贵重的膏油抹身; 但你们并没有为约瑟的败落而痛心。

7 因此, 你们将是最先被掳去的人, 宴乐享受的日子必要消逝。

8 主耶和华指着自己起誓说: "我痛恨雅各所夸耀的, 憎恶他的堡垒; 我要把城市和城中的一切, 都交给敌人。"这是耶和华万军的 神的宣告。

9 如果在一间房子里剩下十个人, 他们都必死亡。

10 死者的亲属和殓葬的人把尸体从房子抬走, 并问那躲在屋内深处的人: "还有人吗?"那人回答: "没有, 不要再说话, 不可再提耶和华的名。"

11 看哪! 耶和华下令, 大楼就粉碎, 小屋也要破裂。

12 马能在悬崖奔驰吗?人可在那里用牛耙地吗?但你使公正变为毒草, 使公义的果子转为苦堇。

13 你们以夺取罗底巴为夸耀, 说: "我们夺取加宁不是靠自己的力量吗?"

14 "看哪! 以色列家, 我要兴起一国攻击你们, 这国要欺压你们, 从哈马关口直至亚拉巴河。"这是万军耶和华 神的宣告。