1 Ek het die Here by die altaar sien staan, en Hy het gesê: Slaan die kapiteel van die pilaar, sodat die drumpels bewe; en verpletter hulle bo die hoof van almal! En Ek sal die wat van hulle oorbly, met die swaard ombring: die vlugteling uit hulle sal nie ontsnap nie, en geen vrygeraakte onder hulle homself red nie.
2 Al dring hulle deur in die doderyk, my hand sal hulle daaruit haal; en al klim hulle op na die hemel, Ek sal hulle van daar laat neerdaal.
3 En al steek hulle hul weg op die top van Karmel, Ek sal hulle daar opspoor en weghaal; en al verberg hulle hul voor my oë op die bodem van die see, Ek sal van daar die slang ontbied om hulle te byt.
4 En al gaan hulle as gevangenes voor hulle vyande uit, Ek sal van daar die swaard ontbied om hulle dood te maak; en Ek sal my oog op hulle rig ten kwade en nie ten goede nie.
5 Ja, dit is die Here HERE van die leërskare wat die aarde aanraak, sodat dit bewe en almal treur wat daarop woon; en dit sal in sy geheel oprys soos die Nyl en wegsak soos die rivier van Egipte.
6 Dit is Hy wat sy solders in die hemele bou en sy hemelgewelf bo die aarde vestig, wat die waters van die see roep en dit uitgiet oor die aardbodem, HERE is sy Naam!
7 Is julle nie vir My soos die kinders van Kus nie, o kinders van Israel? spreek die HERE. Het Ek Israel nie laat optrek uit Egipteland en die Filistyne uit Kaftor en die Arameërs uit Kir nie?
8 Kyk, die oë van die Here HERE is gerig teen die sondige koninkryk, en Ek sal dit van die aardbodem verdelg; maar Ek sal die huis van Jakob nie heeltemal verdelg nie, spreek die HERE.
9 Want kyk, Ek gee bevel en sal die huis van Israel onder al die nasies skud soos in 'n sif geskud word, maar daar sal geen korrel op die grond val nie.
10 Al die sondaars van my volk sal deur die swaard sterwe, die wat sê: Die onheil sal ons nie bereik en ons nie ontmoet nie.
11 In die dag sal Ek die vervalle hut van Dawid weer oprig, en Ek sal sy skeure toebou en sy puinhope herstel, en Ek sal dit opbou soos in die ou tyd;
12 sodat hulle in besit kan neem die oorblyfsel van Edom en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die HERE wat dit doen.
13 Kyk, die dae kom, spreek die HERE, dat die ploeër die maaier inhaal, en die druiwetrapper die saadsaaier; en dat die berge van mos sal drup, en al die heuwels daarvan oorvloei sal wees.
14 En Ek sal die lot van my volk Israel verander, en hulle sal die verwoeste stede bou en bewoon, ook sal hulle wingerde plant en die wyn daarvan drink, en tuine aanlê en die vrugte daarvan eet.
15 En Ek sal hulle plant in hul land, en hulle sal nie meer uitgeruk word uit hul land wat Ek hulle gegee het nie, sê die HERE jou God.
1 我见主站在祭坛旁, 他说: "击打圣殿的柱顶, 使门槛都震动。砍掉它们, 落在众人的头上, 剩下的人我必用刀杀死; 没有一个能逃走, 没有一人逃脱。
2 如果他们下到阴间, 就是在那里, 我的手必把他们揪上来; 如果他们升到天上, 就是在那里, 我必把他们拉下来;
3 如果他们躲在迦密山顶, 就是在那里, 我必搜寻他们, 抓他们出来; 如果他们要躲避我, 藏在海底, 就是在那里, 我必命令蛇去咬他们;
4 如果他们被仇敌掳去, 就是在那里, 我必命令刀剑杀死他们; 我必定睛在他们身上, 降祸不降福。"
5 万军之主耶和华摸地, 地就融化, 住在地上的都要悲哀。这地必像尼罗河高涨, 像埃及的大河退落。
6 他在天上建立楼阁, 在大地之上奠立穹苍; 他召唤海水, 把海水浇在地上; 耶和华是他的名。
7 "以色列人哪! 在我看来, 你们不是与古实人一样吗?我带领以色列人出埃及地, 不是也领非利士人出迦斐托, 领亚兰人出吉珥吗?"这是耶和华的宣告。
8 "看哪! 耶和华的眼目察看这有罪的国, 我要把它从地上除灭; 却必不把雅各家完全除灭。"这是耶和华的宣告。
9 耶和华说: "看哪! 我必下令, 我必在列国中筛以色列家, 好像人用筛子筛谷, 但谷粒不会落在地上。
10 我民中所有犯罪的人, 就是那些说: ‘灾祸必不临近、追上我们’的人, 他们必死在刀下。
11 "到那日, 我必竖立大卫倒塌的帐幕, 修补它们的破口; 我必重建它的废墟, 使它像往日一样建立起来。
12 好使他们获得以东所余剩的, 以及所有称为我名下的国。"这是行这些事的耶和华的宣告。
13 "日子快到, 这是耶和华的宣告。耕地的必紧接着收割的, 踹葡萄的必紧接着撒种的; 大山必滴下新酒, 小山必融化。
14 我必使我的子民以色列被掳的人回归, 他们必重建荒废的城, 住在其中; 他们必栽种葡萄园, 喝园中的酒; 建造果园, 吃园中的果子。
15 我必把他们栽于他们自己的土地, 他们再不会从我赐给他们的土地上被拔除。"这是耶和华你的 神说的。