1 Verder het die HERE vir Moses gesê: Spreek met die priesters, die seuns van A„ron, en sê vir hulle: Aan 'n dooie moet 'n priester hom nie verontreinig onder sy volksgenote nie;
2 behalwe aan sy bloedverwant, sy nabestaande: aan sy moeder en sy vader en sy seun en sy dogter en sy broer;
3 en aan sy suster wat jongmeisie is, sy nabestaande, wat nie aan 'n man toebehoort het nie aan haar mag hy hom verontreinig.
4 Hy mag hom as getroude man nie verontreinig onder sy volksgenote om hom te ontheilig nie.
5 Hulle mag op hul hoof geen kaalte maak en die rand van hulle baard nie wegskeer en in hulle vlees geen insnyding maak nie.
6 Heilig moet hulle aan hulle God wees en die Naam van hulle God nie ontheilig nie; want hulle offer die vuuroffers van die HERE, die spys van hulle God; daarom moet hulle heilig wees.
7 Hulle mag geen vrou neem wat 'n hoer of 'n onteerde is nie; en 'n vrou wat deur haar man verstoot is, mag hulle nie neem nie; want hy is heilig aan sy God.
8 Daarom moet jy hom heilig hou, omdat hy die spys van jou God offer. Hy moet vir jou heilig wees, want heilig is Ek, die HERE wat julle heilig.
9 En as die dogter van 'n priester haar ontheilig om te hoereer, ontheilig sy haar vader; met vuur moet sy verbrand word.
10 En die priester wat die hoogste onder sy broers is, op wie se hoof die salfolie uitgegiet is en wat as priester aangestel is om die klere aan te trek hy mag sy hare nie laat loshang en geen skeure in sy klere maak nie.
11 En hy mag by geen dooie kom nie, selfs aan sy vader en moeder hom nie verontreinig nie;
12 en hy mag uit die heiligdom nie uitgaan nie, sodat hy die heiligdom van sy God nie ontheilig nie, want die wyding van die salfolie van sy God is op hom. Ek is die HERE.
13 En hy moet 'n vrou in haar maagdelike staat neem.
14 'n Weduwee of een wat verstoot is of 'n onteerde, of 'n hoer hulle moet hy nie neem nie; maar 'n jongmeisie uit sy volksgenote moet hy as vrou neem,
15 dat hy nie sy kroos onder sy volksgenote ontheilig nie; want Ek is die HERE wat hom heilig.
16 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
17 Spreek met A„ron en sê: Niemand uit jou nakomelinge, in hulle geslagte, aan wie 'n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die spys van sy God te offer nie.
18 Want niemand aan wie 'n liggaamsgebrek is, mag nader kom nie: 'n blinde of 'n lamme of een wat in die gesig vermink is of iemand by wie 'n liggaamsdeel te lank is,
19 of iemand wat 'n been of 'n arm gebreek het,
20 of wat 'n boggel het of uitgeteer is of 'n vlek in sy oog het of aan skurfte of uitslag ly of 'n gebreklike skaamdeel het.
21 Geen man uit die nageslag van A„ron, die priester, aan wie 'n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die vuuroffers van die HERE te offer nie. 'n Liggaamsgebrek is aan hom; hy mag nie nader kom om die spys van sy God te offer nie.
22 Wat die spys van sy God aangaan, hy mag van die hoogheilige en heilige gawes eet;
23 maar hy mag nie na die voorhangsel gaan en na die altaar nie nader kom nie, omdat 'n liggaamsgebrek aan hom is, dat hy my heiligdomme nie ontheilig nie; want Ek is die HERE wat hulle heilig.
24 En Moses het dit aan A„ron en sy seuns gesê en aan al die kinders van Israel.
1 耶和华对摩西说: "你要告诉亚伦子孙作祭司的, 对他们说: 祭司不可在自己的族人中因死人玷污自己,
2 除非骨肉至亲, 例如父母、儿女、兄弟,
3 或是仍是处女, 未曾出嫁的姊妹等至亲, 祭司才可以玷污自己。
4 祭司不可为了姻亲而玷污, 亵渎自己的圣职(全句或译: "祭司既为族人的首领, 就不可从俗玷污")。
5 祭司不可剃光头发, 胡须的周围不可剃掉, 也不可纹身。
6 他们要成为圣, 归向他们的 神, 不可亵渎他们 神的名, 因为他们奉献耶和华的火祭, 他们 神的食物, 所以他们要成为圣。
7 祭司不可娶被玷辱了的妓女为妻, 也不可娶被丈夫离弃的女人为妻; 因为祭司是归他的 神为圣的。
8 所以你要使他分别为圣, 因为他把食物献给你的 神; 你要以他为圣, 因为我耶和华使你们分别为圣的, 是圣洁的。
9 如果祭司的女儿羞辱自己去作妓女, 就是羞辱了自己的父亲; 她必须用火烧死。
10 "在兄弟中作大祭司的, 头上倒了膏油, 又受了圣职, 得以穿着圣衣, 就不可披头散发, 也不可撕裂衣服。
11 不可走近死尸, 也不可为了父母玷污自己。
12 他不可走出圣所, 也不可亵渎他 神的圣所, 因为他 神膏立了他, 使他分别为圣, 我是耶和华。
13 他要娶处女为妻。
14 寡妇、被休的妇人、受玷辱的妓女, 他都不可以娶; 他只可以娶自己族人中的处女为妻。
15 不可在自己的族人中, 羞辱他的后裔, 因为我是使他们分别为圣的耶和华。"
16 耶和华对摩西说:
17 "你要告诉亚伦: 你世世代代的后裔中, 有残疾的, 就不可走近来献他 神的食物。
18 因为有残疾的, 无论是瞎眼、瘸腿、五官不正、畸形、
19 断脚断手的、
20 驼背、矮小、眼睛有毛病、长癣、生疹, 或是肾子损坏的, 都不可走近来,
21 亚伦祭司的后裔中, 有残疾的, 都不可上前来献耶和华的火祭; 他既有残疾, 就不可上前来献他的 神的食物。
22 他 神的食物, 无论是至圣的或是圣的, 他都可以吃;
23 只因他有残疾, 他就不可进到幔子前, 也不可上前到我的祭坛那里, 免得亵渎我的圣所; 我是使他们分别为圣的耶和华。"
24 于是摩西告诉亚伦和亚伦的儿子, 以及所有以色列人。