1 En daar was in Cesar,a 'n man met die naam van Cornelius, 'n hoofman oor honderd van die sogenaamde Italiaanse leërafdeling.
2 Hy met sy hele huis was vroom en godvresend en het baie aalmoese aan die volk gegee en was altyddeur in die gebed tot God.
3 Hy het duidelik in 'n gesig omtrent die negende uur van die dag 'n engel van God na hom sien inkom en vir hom sê: Cornelius!
4 En hy het die oë op hom gehou en vol vrees gesê: Wat is dit, my heer? Toe antwoord hy hom: Jou gebede en jou aalmoese het voor God in gedagtenis gekom.
5 Stuur dan nou manne na Joppe en laat vir Simon haal wat ook Petrus genoem word.
6 Hy is tuis by 'n sekere Simon, 'n leerlooier, wie se huis by die see is. Hy sal jou sê wat jy moet doen.
7 En toe die engel wat met Cornelius gespreek het, weg was, roep hy twee van sy huisbediendes en 'n vroom soldaat van die wat altyd by hom was,
8 en vertel hulle alles en stuur hulle na Joppe.
9 En die volgende dag, terwyl hulle op pad was en naby die stad kom, het Petrus omtrent die sesde uur op die dak geklim om te bid;
10 en hy het baie honger geword en wou eet; en terwyl hulle besig was om klaar te maak, het daar 'n verrukking van sinne oor hom gekom:
11 hy sien die hemel geopend en 'n voorwerp soos 'n groot laken na hom afdaal, wat aan die vier hoeke vasgebind is en op die aarde neergelaat word.
12 Daarin was al die viervoetige diere van die aarde en die wilde en kruipende diere en die voëls van die hemel.
13 Toe kom daar 'n stem na hom: Staan op, Petrus, slag en eet!
14 En Petrus sê: Nooit nie, Here, want ek het nooit iets onheiligs of onreins geëet nie.
15 En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.
16 En dit het drie maal gebeur, en die voorwerp is weer in die hemel opgeneem.
17 En terwyl Petrus by homself daaroor verleë was wat die gesig tog kon beteken wat hy gesien het, staan die manne wat deur Cornelius gestuur was, daar by die poort en verneem na die huis van Simon.
18 En hulle roep en vra of Simon, wat ook Petrus genoem word, daar tuis is.
19 En terwyl Petrus nadink oor die gesig, sê die Gees vir hom: Daar is drie manne wat jou soek.
20 Staan dan op, klim af en gaan saam met hulle sonder om te twyfel, want Ek het hulle gestuur.
21 En Petrus het afgeklim na die manne wat deur Cornelius na hom gestuur was, en gesê: Kyk, dit is ek wat julle soek. Wat is die rede waarom julle hier is?
22 En hulle sê: Cornelius, 'n hoofman oor honderd, 'n regverdige en godvresende man, wat 'n goeie naam het by die hele Joodse nasie, het 'n goddelike openbaring ontvang deur 'n heilige engel, om u te laat haal na sy huis om te hoor wat u sal sê.
23 En hy het hulle binnegenooi en geherberg. En die volgende dag het Petrus saam met hulle afgereis, en enkele van die broeders uit Joppe het met hom saamgegaan.
24 Die dag daarop het hulle in Cesar,a aangekom. En Cornelius was hulle te wagte, en hy het alreeds sy familie en besondere vriende bymekaargeroep.
25 Toe Petrus dan binnekom, het Cornelius hom tegemoetgegaan en aan sy voete neergeval en hom hulde bewys.
26 Maar Petrus het hom opgerig en gesê: Staan op, ek is self ook maar 'n mens.
27 En onderwyl hy met hom spreek, gaan hy binne en vind baie wat vergader het;
28 en hy sê vir hulle: Julle weet dat dit ongeoorloof is vir 'n Joodse man om met iemand van 'n ander volk omgang te hê of hom te besoek; maar God het my getoon dat ek geen mens onheilig of onrein mag noem nie.
29 Daarom het ek, toe ek gehaal is, gekom sonder om teë te spreek. Ek vra dan om watter rede julle my laat haal het.
30 En Cornelius sê: Vier dae gelede was ek besig om te vas tot op hierdie uur, en die negende uur het ek in my huis gebid,
31 en meteens staan daar 'n man voor my in 'n blink kleed en sê: Cornelius, jou gebed is verhoor en jou aalmoese is voor God in herinnering gebring.
32 Stuur dan na Joppe en laat Simon haal wat ook Petrus genoem word. Hy vertoef in die huis van Simon, 'n leerlooier, by die see; as hy kom, sal hy met jou spreek.
33 Ek het toe op die daad na u gestuur, en u het goed gedoen om te kom. Ons is dan nou almal voor die aangesig van God aanwesig om alles te hoor wat deur God aan u opgedra is.
34 En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie,
35 maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.
36 Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus -- Hy is die Here van almal.
37 Julle weet van die saak wat deur die hele Judiagebeur het en van Galil,a af begin het, n die doop wat Johannes gepreek het,
38 met betrekking tot Jesus van N saret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.
39 En ons is getuies van alles wat Hy gedoen het in die Joodse land en in Jerusalem. En hulle het Hom omgebring deur Hom aan 'n kruishout op te hang.
40 Hom het God op die derde dag opgewek en beskik dat Hy sou verskyn
41 nie aan die hele volk nie, maar aan getuies wat deur God vantevore verkies was, aan ons wat met Hom saam geëet en gedrink het nadat Hy uit die dode opgestaan het.
42 En Hy het ons bevel gegee om aan die volk te verkondig en met krag te betuig dat dit Hy is wat deur God bestem is as Regter van lewende en dode.
43 Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang.
44 En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het.
45 En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is.
46 Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak. Toe het Petrus begin spreek:
47 Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie?
48 En hy het beveel dat hulle gedoop moet word in die Naam van die Here. Toe het hulle hom gevra om nog 'n paar dae te bly.
1 在该撒利亚有一个人, 名叫哥尼流, 是意大利营的百夫长。
2 他是一个虔诚的人, 他和全家都敬畏 神, 对人民行过许多善事, 常常向 神祷告。
3 有一天, 大约下午三点钟, 他在异象中, 清清楚楚看见 神的一位天使来到他那里, 对他说: "哥尼流! "
4 他定睛一看, 害怕起来, 说: "主啊, 什么事?"天使说: "你的祷告和善行, 已经达到 神面前, 蒙他记念了。
5 现在你要派人到约帕去, 请那个名叫彼得的西门来。
6 他在一个制皮工人西门的家里作客, 房子就在海边。"
7 和他说话的天使走了之后, 他就叫了两个家仆和侍候他的一个虔诚的士兵来,
8 把一切事向他们讲明, 然后派他们到约帕去。
9 第二天, 大约正午, 他们走近那座城的时候, 彼得上了房顶去祷告。
10 那家人正在预备饭的时候, 彼得觉得饿了, 很想吃饭。这时候他魂游象外,
11 看见天开了, 有一件东西, 好像一块大布, 绑着四角, 降在地上。
12 里面有地上的各样四足牲畜, 还有昆虫和天空的飞鸟。
13 有声音对他说: "彼得, 起来, 宰了吃! "
14 彼得说: "主啊, 千万不可! 我从来不吃俗物和不洁的东西。"
15 第二次又有声音对他说: " 神所洁净的, 你不可当作俗物。"
16 这样一连三次, 那件东西就立刻收回天上去了。
17 彼得犹豫不定, 不明白所看见的异象是什么意思, 恰好哥尼流派来的人, 找到西门的家, 站在门口,
18 大声问: "有没有一个名叫彼得的西门在这里作客?"
19 彼得还在思量那异象, 圣灵对他说: "你看, 有三个人来找你!
20 起来, 下去吧, 跟他们一起去, 不要疑惑, 因为是我差他们来的。"
21 于是彼得下楼到他们那里, 说: "看, 我就是你们所要找的人。你们是为什么来的?"
22 他们说: "百夫长哥尼流是个义人, 敬畏 神, 全犹太族都称赞他。他得到一位圣天使的指示, 请你到他家里, 要听你的话。"
23 彼得就请他们进去, 留他们住下。第二天, 彼得动身跟他们一同去, 另有约帕的几位弟兄同行。
24 第三天, 他们到了该撒利亚。哥尼流已经招聚了自己的亲戚好友在恭候他们。
25 彼得一进去, 哥尼流就迎接他, 俯伏在他脚前叩拜。
26 彼得扶起他, 说: "起来, 我也是人。"
27 彼得和他说了话, 就进去, 看见许多人聚集在那里,
28 就对他们说: "你们知道, 犹太人本来是不准和外国人接近来往的, 但 神已经指示了我, 不可把任何人当作凡俗或不洁的。
29 所以我一被邀请, 就毫不推辞地来了。现在请问: 你们请我来是为什么事?"
30 哥尼流说: "四天以前下午三点钟, 我在家里祷告的时候, 忽然有一位身穿光明衣服的人, 站在我面前,
31 说: ‘哥尼流, 你的祷告已蒙垂听, 你的善行在 神面前已蒙记念。
32 你要派人到约帕去, 请那个名叫彼得的西门来。他在海边一个制皮工人西门的家作客。’
33 所以我立刻派人去请你, 现在你来了, 好极了! 我们都在 神面前, 要听主吩咐你的一切话。"
34 彼得就开口说: "我实在看出 神是不偏待人的。
35 原来在各民族中, 凡敬畏他而行义的, 都蒙他悦纳。
36 神借着耶稣基督(他是万有的主)传和平的福音, 把这道传给以色列人。
37 你们知道: 在约翰传讲洗礼之后, 这道从加利利传遍了犹太,
38 并且知道 神怎样用圣灵和能力膏立拿撒勒人耶稣。他到各处行善事, 医好所有被魔鬼压制的人, 因为 神与他同在。
39 我们就是他在犹太人之地和耶路撒冷所行一切事的见证人; 他们竟然把他挂在木头上, 杀了他。
40 神叫他第三天复活, 并且使他显现,
41 不是显现给所有的人看, 而是给 神预先拣选的见证人看, 就是我们这些在他从死人中复活之后, 与他一同吃喝的人。
42 他吩咐我们向人民传讲, 郑重证明他是 神所立, 审判活人死人的主。
43 所有先知都为他作见证: 所有信他的, 都必借着他的名, 罪得赦免。"
44 彼得还在说话的时候, 圣灵降在所有听道的人身上,
45 那些受了割礼、跟彼得一同来的信徒, 因为圣灵的恩赐也浇灌在外族人的身上, 都很惊讶;
46 原来听见他们讲方言, 尊 神为大。于是彼得说:
47 "这些人既然领受了圣灵, 跟我们一样, 谁能禁止他们受水的洗礼呢?"
48 就吩咐他们奉耶稣基督的名受洗。后来, 他们请彼得住了几天。