1 En op dieselfde wyse het hulle in Ikonium in die sinagoge van die Jode ingegaan en so gespreek dat 'n groot menigte Jode sowel as Grieke gelowig geword het.

2 Maar die ongehoorsame Jode het die gemoedere van die heidene teen die broeders opgehits en verbitter.

3 Hulle het toe 'n geruime tyd daar deurgebring en vrymoediglik gespreek in die Here, wat aan die woord van sy genade getuienis gegee het deur te beskik dat tekens en wonders deur hulle hande plaasvind.

4 En die menigte van die stad was verdeeld, en sommige het met die Jode en ander met die apostels saamgegaan.

5 Maar toe daar onder die heidene en ook onder die Jode, saam met hulle owerstes, 'n beweging ontstaan het om hulle te mishandel en te stenig,

6 het hulle dit gewaargeword en gevlug na die stede van Likaonië, Listre en Derbe en die omstreke.

7 En daar het hulle die evangelie verkondig.

8 En in Listre het daar 'n man gesit wat magteloos was aan sy voete, kreupel van sy geboorte af, en hy het nooit geloop nie.

9 Hy het geluister terwyl Paulus spreek; en Paulus het die oë op hom gehou, en, toe hy sien dat hy geloof het om gesond te word,

10 met 'n groot stem gesê: Staan regop op jou voete! En hy het opgespring en begin rondloop.

11 En toe die skare sien wat Paulus gedoen het, verhef hulle hul stem en sê in Likaonies: Die gode het soos mense geword en neergedaal na ons toe.

12 En hulle het vir B rnabas Jupiter genoem, en vir Paulus Mercurius, omdat hy die woordvoerder was.

13 En die priester van Jupiter wie se tempel voor hulle stad was, het stiere en kranse na die poorte gebring en wou saam met die skare offer.

14 Maar toe die apostels, B rnabas en Paulus, dit hoor, het hulle hul klere geskeur en onder die skare ingespring en geroep

15 en gesê: Manne, waarom doen julle hierdie dinge? Ons is net sulke mense soos julle, en ons verkondig die evangelie dat julle jul van hierdie nietige dinge moet bekeer tot die lewende God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het.

16 Hy het in die tye wat verby is, toegelaat dat al die nasies in hulle eie weë sou wandel,

17 al het Hy Homself nie onbetuig gelaat nie, deur goed te doen, van die hemel vir ons reën en vrugbare tye te gee en ons harte met voedsel en vrolikheid te vervul.

18 Selfs met hierdie woorde het hulle met moeite die skare verhinder om aan hulle te offer.

19 Maar daar het Jode van Antioch¡ë en Ikonium aangekom, en hulle het, nadat hulle die skare omgepraat het, Paulus gestenig en hom buitekant die stad gesleep, met die gedagte dat hy dood was.

20 Maar toe die dissipels hom omring, het hy opgestaan en in die stad gekom en die volgende dag saam met B rnabas na Derbe vertrek.

21 En nadat hulle aan daardie stad die evangelie verkondig en 'n aantal dissipels gemaak het, het hulle teruggegaan na Listre en Ikonium en Antioch¡ë,

22 en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.

23 En hulle het in elke gemeente vir hulle ouderlinge gekies, en hulle, n gebed en vas, opgedra aan die Here in wie hulle geglo het.

24 Toe gaan hulle deur Pis¡dië en kom in Pamf¡lië;

25 en nadat hulle die woord in Perge verkondig het, het hulle afgegaan na Att lië.

26 En daarvandaan het hulle weggevaar na Antioch¡ë, waar hulle aan die genade van God opgedra was vir die werk wat hulle volbring het.

27 En toe hulle daar kom en die gemeente saamgeroep het, het hulle verslag gedoen van al die dinge wat God met hulle gedoen het, en dat Hy 'n deur van geloof vir die heidene geopen het.

28 En hulle het daar by die dissipels 'n geruime tyd deurgebring.

1 保罗和巴拿巴在以哥念照样进犹太的会堂讲道, 结果一大群犹太人和希腊人都信了。

2 但不顺从的犹太人, 煽动外族人, 激起他们仇恨的心, 来反对弟兄们。

3 两人却仍住了很久, 靠着主放胆讲论, 主也借着他们的手行神迹奇事, 证实他恩惠的道。

4 城里众人就分裂了, 有的附从犹太人, 也有的附从使徒。

5 当时, 外族人、犹太人, 和他们的首领, 蠢蠢欲动, 想要侮辱使徒, 用石头打他们。

6 两人知道了, 就逃往吕高尼的路司得和特庇两城, 以及周围的地方,

7 在那里传福音。

8 路司得城有一个双脚无力的人, 坐在那里。他生来就是瘸腿的, 从来没有走过路。

9 他听保罗讲道; 保罗注视他, 见他有信心, 可以治好,

10 就大声说: "你起来, 两脚站直! "他就跳起来, 并且走起路来。

11 众人看见保罗所作的事, 就用吕高尼话大声说: "有神明成了人形, 降到我们这里来了! "

12 于是他们称巴拿巴为宙斯, 称保罗为汉密士, 因为保罗带头讲话。

13 城门前宙斯庙的祭司, 牵着几头公牛, 拿着一些花圈来到门口, 要同群众一起献祭。

14 巴拿巴和保罗两个使徒听见了, 就撕裂衣服, 跳进群众中间, 喊着说:

15 "各位, 为什么这样作呢?我们也是人, 性情和你们一样, 我们传福音给你们, 正是要你们远离这些虚妄的事, 归向永活的 神, 就是那创造天、地、海和其中万物的 神。

16 在从前的世代里, 他容忍万国各行其道,

17 然而却未尝不为自己留下明证, 就如常常行善事, 从天上降下雨来, 常常赏赐丰年, 使你们吃喝充足, 满心欢乐。"

18 两人说完了这些话, 这才阻止群众, 不向他们献祭。

19 但有些犹太人, 从安提阿、以哥念来, 挑唆群众, 用石头打保罗, 以为他死了, 就拖到城外去。

20 门徒正围着他的时候, 他竟然站起来, 走进城里去了。第二天, 他跟巴拿巴一同到特庇去。

21 他们在那城里传福音, 使许多人作了门徒, 然后回到路司得、以哥念、安提阿,

22 坚固门徒的心, 劝他们恒守所信的道, 又说: "我们进入 神的国, 必须经历许多苦难。"

23 两人在各教会为他们指派了长老; 禁食祈祷之后, 就把他们交托给所信的主。

24 两人经过彼西底, 来到旁非利亚,

25 在别加讲道以后, 就下到亚大利。

26 从那里坐船往安提阿。从前众人就是在这地方, 把他们交托在 神的恩典中, 派他们去工作, 现在他们已经完成了。

27 他们到了那里, 就召集了会众, 报告 神跟他们一起所行的一切, 并且他为外族人开了信道的门。

28 两人同门徒住了不少日子。