1 En nadat ons ons van hulle losgeskeur het, het ons afgevaar en reguit koers gehou en by Kos aangekom, en die volgende dag by Rhodus en daarvandaan by P tara.

2 En ons het 'n skip gevind wat na Fen¡cië sou oorseil, en daarop gegaan en afgevaar.

3 En toe ons Ciprus in die gesig gekry het en dit aan die linkerhand laat lê het, het ons na S¡rië gevaar en by Tirus aangekom, want daar sou die skip sy vrag aflaai.

4 En nadat ons die dissipels gevind het, het ons daar sewe dae gebly; en hulle het vir Paulus deur die Gees gesê om nie op te gaan na Jerusalem nie.

5 Maar toe ons die dae uitgebly het, het ons vertrek en op reis gegaan, terwyl almal, met vroue en kinders, ons tot buitekant die stad begelei; en ons het op die strand neergekniel en gebid.

6 En nadat ons mekaar gegroet het, het ons aan boord gegaan, en hulle het teruggegaan huis toe.

7 Maar ons het die seereis van Tirus af voltooi en by Ptolem is gekom; en ons het die broeders gegroet en een dag by hulle gebly.

8 En die volgende dag het ons, die geselskap van Paulus, vertrek en in Cesar,a aangekom; en ons het ons intrek geneem in die huis van Filippus, die evangelis, wat een van die sewe diakens was, en by hom gebly.

9 En hy het vier ongetroude dogters gehad wat die profetiese gawe besit het.

10 En onderwyl ons baie dae daar oorgebly het, het 'n sekere profeet met die naam van Agabus van Judiaafgekom.

11 En toe hy by ons kom, neem hy die gordel van Paulus en bind sy eie hande en voete en sê: D¡t spreek die Heilige Gees: So sal die Jode die man wie se gordel dit is, in Jerusalem bind en in die hande van heidene oorlewer.

12 En toe ons dit hoor, het ons saam met die broeders van die plek hom gesmeek om nie op te gaan na Jerusalem nie.

13 Maar Paulus het geantwoord: Wat doen julle dat julle ween en my hart week maak? Want ek is bereid nie alleen om gebind te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterwe vir die Naam van die Here Jesus.

14 Toe hy dan nie oor te haal was nie, was ons tevrede en het gesê: Laat die wil van die Here geskied!

15 En n hierdie dae het ons vir die reis klaargemaak en na Jerusalem opgegaan.

16 En sommige van die dissipels van Cesar,a het ook saam met ons gegaan en ons by 'n sekere Mnason van Ciprus gebring, 'n ou dissipel, by wie ons sou tuis gaan.

17 En toe ons in Jerusalem aankom, het die broeders ons met blydskap ontvang.

18 En op die volgende dag het Paulus saam met ons na Jakobus se huis gegaan, en al die ouderlinge was daar teenwoordig.

19 En nadat hy hulle gegroet het, het hy van stuk tot stuk vertel wat God onder die heidene deur sy diens gedoen het.

20 En toe hulle dit hoor, het hulle die Here verheerlik en vir hom gesê: U sien, broeder, hoeveel duisende Jode daar is wat gelowig geword het, en almal is yweraars vir die wet.

21 En hulle is aangaande u vertel dat u al die Jode onder die heidene leer om van Moses afvallig te word deur te sê dat hulle die kinders nie moet besny nie en ook nie volgens die sedes moet wandel nie.

22 Wat staan ons dan te doen? Dit is dringend nodig dat die menigte bymekaarkom, want hulle sal hoor dat u gekom het.

23 Doen dan wat ons vir u sê. Ons het vier manne wat 'n gelofte gedoen het;

24 neem hulle en heilig u saam met hulle en betaal die koste vir hulle, sodat hulle hul hoofde kan skeer en almal kan weet dat daar niks is in wat van u vertel word nie, maar dat u self ook wandel as een wat die wet onderhou.

25 Wat egter die gelowiges uit die heidene betref het ons geskrywe en besluit dat hulle niks van die aard moet onderhou nie, maar hulle net moet onthou van afgodsoffers en bloed en van wat verwurg is, en van hoerery.

26 Toe het Paulus die manne geneem en op die volgende dag hom saam met hulle geheilig en in die tempel gegaan om bekend te maak dat die dae van die heiliging sou voortduur totdat die offer vir elkeen van hulle gebring moes word.

27 Maar toe die sewe dae byna verby was, het die Jode van Asië hom in die tempel gesien en die hele skare oproerig gemaak en die hande aan hom geslaan

28 en geskreeu: Israeliete, help! Dit is die man wat oral aan almal dinge leer teen die volk en die wet en hierdie plek. Hy het ook nog Grieke in die tempel gebring en hierdie heilige plek ontheilig.

29 Want hulle het vantevore Trofimus, die Ef,siër, in die stad by hom gesien en gedink dat Paulus hom in die tempel gebring het.

30 Toe kom die hele stad in beweging, en daar was 'n oploop van die volk; en hulle het Paulus gegryp en hom buitekant die tempel gesleep; en dadelik is die deure gesluit.

31 En onderwyl hulle probeer om hom dood te maak, het 'n berig die owerste oor duisend van die leërafdeling bereik dat die hele Jerusalem in oproer was.

32 En hy het meteens soldate en hoofmanne oor honderd geneem en afgehardloop na hulle; en toe hulle die owerste oor duisend en die soldate sien, het hulle opgehou om Paulus te slaan.

33 Daarop kom die owerste oor duisend nader en neem hom gevange en gee bevel dat hy met twee kettings geboei moet word; en hy het gevra wie hy was en wat hy gedoen het.

34 En onder die skare het sommige dit en sommige iets anders geskreeu. En omdat hy weens die rumoer geen sekerheid kon verkry nie, het hy bevel gegee dat hy na die kamp gebring moes word.

35 En toe hy op die trappe kom, moes hy deur die soldate gedra word weens die geweld van die skare.

36 Want die menigte van die volk het gevolg en geskreeu: Weg met hom!

37 En net toe hy in die kamp gebring sou word, vra Paulus die owerste oor duisend: Is dit my geoorloof om iets vir u te sê? En hy sê vir hom: Ken jy Grieks?

38 Is jy dan nie die Egiptenaar wat 'n tyd gelede oproer gemaak het en die vier duisend rowers na die woestyn uitgelei het nie?

39 En Paulus antwoord: Ek is 'n Joodse man van Tarsus, 'n burger van geen onvermaarde stad in Cil¡cië nie; ek versoek u, laat my toe om die volk toe te spreek.

40 En toe hy dit toegelaat het, gaan Paulus op die trappe staan en wink met die hand vir die volk. En nadat daar 'n groot stilte gekom het, het hy hulle in die Hebreeuse taal toegespreek en gesê:

1 我们离别了他们以后, 船就直航到了哥士, 第二天到罗底, 从那里开往帕大拉;

2 遇见了一艘开往腓尼基的船, 就上船起行。

3 我们远远看见塞浦路斯, 就从南边驶过, 直航叙利亚, 在推罗靠了岸, 因为船要在那里卸货。

4 我们找到了一些门徒, 就在那里住了七天。他们凭着圣灵的指示告诉保罗不要上耶路撒冷去。

5 过了这几天, 我们就启程前行, 他们众人带着妻子儿女送我们到城外。我们跪在海滩上祷告, 互相道别。

6 我们上了船, 他们就回家去了。

7 我们从推罗继续航行, 到了多利买, 问候那里的弟兄, 与他们同住了一天。

8 第二天我们离开那里, 来到该撒利亚, 到了传福音的腓利家里, 与他住在一起。他是那七位执事中的一位。

9 他有四个女儿, 都是童女, 是会说预言的。

10 我们住了几天之后, 有一位先知, 名叫亚迦布, 从犹太下来。

11 他来见我们, 把保罗的腰带拿过来, 绑住自己的手脚, 说: "圣灵说, 犹太人在耶路撒冷要这样捆绑这腰带的主人, 把他交在外族人的手里。"

12 我们听了这些话, 就和当地的人劝保罗不要去耶路撒冷。

13 保罗却回答: "你们为什么哭, 使我心碎呢?我为主耶稣的名, 不但被捆绑, 就算死在耶路撒冷我也都准备好了。"

14 他既然不听劝, 我们只说了"愿主的旨意成就", 就不出声了。

15 过了几天, 我们收拾行装, 上耶路撒冷去。

16 有该撒利亚的几个门徒同我们在一起, 领我们到一个塞浦路斯人拿孙家里住宿; 他作了门徒已经很久了。

17 我们到了耶路撒冷, 弟兄们欢欢喜喜接待我们。

18 第二天, 保罗和我们一同去见雅各, 长老们也都在座。

19 保罗问候了他们, 就把 神借着他的工作在外族人中所行的事, 一一述说出来。

20 他们听了, 就赞美 神, 对保罗说: "弟兄, 你看, 犹太人中信主的有好几万, 都是对律法很热心的人。

21 他们听说, 你教导所有在外族人中的犹太人背弃摩西, 叫他们不要给孩子行割礼, 也不要遵守规例。

22 他们总会听见你来了, 那怎么办呢?

23 你就照我们的话作吧, 我们这里有四个人, 都有愿在身。

24 你把他们带去, 和他们一同行洁净礼, 并且替他们付钱, 让他们剃去头发, 这样大家就知道以前所听见关于你的事, 都不是真实的, 也知道你是遵守律法循规蹈矩而行的人。

25 至于信主的外族人, 我们已经写了信, 吩咐他们要禁戒祭偶像的食物、血、勒死的牲畜和淫乱。"

26 保罗就把那几个人带走了, 第二天和他们一同行了洁净礼。他们进了殿, 报明了他们洁净期满的日子, 以及各人献祭的时间。

27 七日将完的时候, 从亚西亚来的犹太人看见保罗在殿里, 就煽动群众, 并且捉住他,

28 喊叫着说: "以色列人哪, 快来帮忙! 这个人到处教人反对人民, 反对律法和这个地方, 他甚至把希腊人也带进殿里, 污秽了这圣地。"

29 原来他们看见过以弗所人特罗非摩同保罗在城里, 就以为保罗带他进了殿。

30 于是全城震动, 民众一齐跑来, 捉住保罗, 拉出殿外, 殿门就立刻关起来了。

31 他们正想杀他的时候, 有人报告营部的千夫长, 说: "整个耶路撒冷都乱了! "

32 千夫长立刻带着士兵和百夫长跑到他们那里。众人一看见千夫长和士兵, 就停止殴打保罗。

33 于是千夫长上前捉住保罗, 吩咐人用两条铁链捆住他, 问他是什么人, 作过什么事。

34 那时众人叫这个喊那个, 吵吵闹闹, 以致千夫长没有办法知道真相, 只好下令把保罗带到营楼去。

35 保罗到了台阶下面的时候, 士兵把他抬起来, 因为群众猛挤,

36 而且有一群人跟在后面叫喊: "干掉他! "

37 他们带着保罗快到营楼的时候, 保罗对千夫长说: "我可以跟你讲一句话吗?"千夫长说: "你懂希腊话吗?

38 难道你不就是不久以前作乱的、带领四千个杀手到旷野去的那个埃及人吗?"

39 保罗说: "我是犹太人, 是基利家的大数人, 并不是无名小城的公民, 求你准我向民众讲几句话。"

40 千夫长准许了他, 保罗就站在台阶上, 向民众作了一个手势。大家安静下来了, 保罗就用希伯来语讲话, 说: