1 En hy het in Derbe en Listre aangekom; en daar was 'n dissipel met die naam van Timothes, seun van 'n gelowige Joodse vrou, maar van 'n Griekse vader.

2 Hy het goeie getuienis gehad van die broeders in Listre en Ikonium.

3 Paulus wou hê dat hy saam met hom op reis sou gaan, en hy het hom geneem en besny ter wille van die Jode wat in daardie streke was; want hulle het almal geweet dat sy vader 'n Griek was.

4 En op hulle reis deur die stede het hulle die verordeninge wat deur die apostels en die ouderlinge in Jerusalem vasgestel was, aan hulle oorgegee om te onderhou.

5 En die gemeentes is versterk in die geloof en het elke dag vermeerder in getal.

6 En hulle het deur die land Fr¡gië en Gal sië gegaan, omdat die Heilige Gees hulle verhinder het om in Asië die woord te verkondig.

7 En toe hulle by M¡sië kom, het hulle probeer om na Bith¡nië te gaan, maar die Gees het hulle dit nie toegelaat nie.

8 So het hulle dan M¡sië verbygegaan en na Troas afgekom.

9 En Paulus het 'n gesig in die nag gesien -- daar staan 'n Macedoniër wat hom smeek en sê: Kom oor na Macedonië en help ons!

10 En toe hy die gesig gesien het, het ons dadelik probeer om na Macedonië te gaan, omdat ons versekerd was dat die Here ons geroep het om die evangelie aan hulle te verkondig.

11 Ons het dan afgevaar van Troas en reguit koers gehou na Samothr ce, en die volgende dag na Ne polis,

12 en daarvandaan na Fil¡ppi, wat die eerste stad is van daardie deel van Macedonië, 'n kolonie. En ons het in hierdie stad 'n paar dae deurgebring.

13 En op die sabbatdag het ons uitgegaan buitekant die stad langs 'n rivier waar die gebruiklike bidplek was, en ons het gaan sit en met die vroue gespreek wat daar bymekaargekom het.

14 En 'n vrou met die naam van L¡dia, 'n purperverkoopster van die stad Thiat¡re, 'n godsdienstige vrou, het geluister; die Here het haar hart geopen om ag te gee op wat deur Paulus gesê is.

15 En toe sy en haar huisgesin gedoop is, het sy by ons aangedring en gesê: As u oordeel dat ek in die Here glo, kom dan in my huis en bly daar. En sy het ons gedwing.

16 En terwyl ons op pad was na die bidplek, kom 'n slavin met 'n waarsêende gees ons teë, wat vir haar eienaars deur waarsêery groot wins ingebring het.

17 Sy het Paulus en ons gevolg en geskreeu en gesê: Hierdie manne is dienaars van God, die Allerhoogste, en hulle verkondig aan julle die weg van verlossing.

18 En dit het sy baie dae lank gedoen; maar baie ontevrede daaroor, het Paulus hom omgedraai en vir die gees gesê: Ek beveel jou in die Naam van Jesus Christus om uit haar uit te gaan. En hy het op dieselfde oomblik uitgegaan.

19 En toe haar eienaars sien dat die hoop van hulle wins weg was, het hulle Paulus en Silas gegryp en hulle na die mark voor die owerheid gesleep

20 en hulle voor die regters gebring en gesê: Hierdie manne bring ons stad in opskudding, omdat hulle Jode is,

21 en hulle verkondig sedes wat vir ons nie geoorloof is om aan te neem of na te volg nie, omdat ons Romeine is.

22 En die skare het saam teen hulle opgestaan, en die regters het hulle klere laat afskeur en bevel gegee om hulle met stokke te slaan.

23 En toe hulle hul baie slae gegee het, het hulle hul in die gevangenis gewerp en die tronkbewaarder bevel gegee om hulle sorgvuldig te bewaak.

24 Hy het toe, omdat hy so 'n bevel ontvang het, hulle in die binneste gevangenis gewerp en hulle voete in die blok vasgemaak.

25 En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister.

26 En skielik kom daar 'n groot aardbewing, sodat die fondamente van die gevangenis geskud het. En onmiddellik het al die deure oopgegaan en die boeie van almal het losgeraak.

27 En die tronkbewaarder het wakker geword; en toe hy sien dat die deure van die gevangenis oop was, het hy 'n swaard getrek en wou homself om die lewe bring, in die mening dat die gevangenes ontvlug het.

28 Maar Paulus het met 'n groot stem geroep en gesê: Moenie jouself kwaad aandoen nie, want ons is almal hier.

29 En toe hy lig gevra het, spring hy na binne en val bewende voor Paulus en Silas neer.

30 En hy het hulle na buite gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word?

31 Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.

32 En hulle het aan hom die woord van die Here verkondig en aan almal wat in sy huis was.

33 En in dieselfde uur van die nag het hy hulle geneem en hulle wonde gewas, en hy is onmiddellik gedoop, hy en al sy mense.

34 Toe bring hy hulle in sy huis en sit hulle 'n maaltyd voor; en hy het hom verheug met sy hele huisgesin dat hy tot geloof in God gekom het.

35 En toe dit dag word, stuur die regters die geregsdienaars en sê: Laat daardie manne los.

36 En die tronkbewaarder het hierdie woorde aan Paulus oorgebring: Die regters het laat weet dat julle losgelaat moet word; gaan dan nou uit en reis in vrede!

37 Maar Paulus sê vir hulle: Hulle het ons in die openbaar onveroordeeld geslaan, ons wat Romeinse burgers is, en ons in die gevangenis gewerp, en wil hulle ons nou in die geheim uitwerp? Volstrek nie! Laat hulle self kom en ons uitlei.

38 En die geregsdienaars het hierdie woorde aan die regters oorgebring, en die het bang geword toe hulle hoor dat hulle Romeine was.

39 Daarop het hulle gekom en hulle gesmeek en uitgelei met die versoek om uit die stad te vertrek.

40 En nadat hulle die gevangenis verlaat het, het hulle na die huis van L¡dia gegaan; en hulle het die broeders gesien, hulle bemoedig en weggegaan.

1 保罗来到了特庇, 又到了路司得。在那里有一个门徒, 名叫提摩太, 是一个信主的犹太妇人的儿子, 父亲却是希腊人。

2 路司得和以哥念的弟兄们都称赞他。

3 保罗有意要他一同出去, 但为了那些地方的犹太人, 就给他行了割礼, 因为他们都知道他父亲是希腊人。

4 他们经过各城, 把耶路撒冷的使徒和长老所定的规条, 交给门徒遵守。

5 于是众教会信心越发坚固, 人数天天增加。

6 圣灵既然禁止他们在亚西亚传道, 他们就走遍弗吕家、加拉太地区。

7 他们来到每西亚边境, 想要去庇推尼, 耶稣的灵也不许。

8 他们经过每西亚, 下到特罗亚。

9 夜间有一个异象向保罗显现: 有一个马其顿人站着求他说: "请你到马其顿来, 帮助我们! "

10 保罗见了这异象, 我们就认定是 神呼召我们去传福音给他们, 于是立刻设法前往马其顿。

11 我们从特罗亚开船, 直航撒摩特拉, 第二天到达尼亚波利,

12 从那里来到腓立比, 就是马其顿地区的首要城市, 是罗马的殖民地。我们在这城里住了几天。

13 安息日我们出了城门, 来到河边, 以为那里是个祈祷的地方。我们坐下, 对聚集的妇女讲论。

14 有一位敬畏 神的妇女, 名叫吕底亚, 是推雅推拉城卖紫色布的商人, 她一直在听, 主开启她的心, 使她留心听保罗所讲的。

15 她和她一家受了洗以后, 就请求说: "你们若认为我是对主忠实的, 就请到我家来住。"于是她强留我们。

16 有一次, 我们到祈祷的地方去的时候, 一个被巫鬼附着的婢女迎面而来; 她行占卜使主人们发了大财。

17 她跟着保罗和我们, 喊叫说: "这些人是至高 神的仆人, 向你们传讲得救的道路。"

18 她一连多日这样喊叫, 保罗觉得厌烦, 就转身对那鬼说: "我奉耶稣基督的名, 命令你从她身上出来! "那鬼就立刻出来了。

19 她的主人们看见发财的希望完了, 就揪住保罗和西拉, 拉到市中心去见官长,

20 又带到裁判官面前, 说: "这些人是犹太人, 扰乱我们的城市,

21 传我们罗马人不准接受、不准实行的规例。"

22 群众一齐起来攻击他们, 裁判官就剥去他们的衣服, 下令用棍子打他们。

23 打了很多棍, 就把他们放在监牢里, 吩咐狱吏严密看守。

24 狱吏领了命令, 就把他们押入内监, 两脚拴了木狗。

25 约在半夜, 保罗和西拉祈祷歌颂 神, 囚犯们都侧耳听着。

26 忽然发生了大地震, 以致监牢的地基都摇动起来, 所有的监门立刻开了, 囚犯的锁链都松了。

27 狱吏醒过来, 看见监门全开, 以为囚犯都已经逃脱了, 就拔出刀来想要自刎。

28 保罗大声呼叫说: "不要伤害自己, 我们都在这里! "

29 狱吏叫人拿了灯来, 就冲进去, 战战兢兢地俯伏在保罗和西拉面前,

30 随后领他们出来, 说: "先生, 我应该作什么才可以得救?"

31 他们说: "当信主耶稣, 你和你一家人都必定得救。"

32 他们就把主的道, 讲给他和他全家的人听。

33 就在当夜的那个时候, 狱吏领他们去洗伤, 狱吏和他家人都受了洗,

34 就带他们到家里, 摆上饭食, 他和全家因信了 神就大大喜乐。

35 到了天亮, 裁判官派法警来, 说: "放了这些人! "

36 狱吏就把这话告诉保罗, 说: "裁判官派人来释放你们, 现在可以出来, 平平安安地去吧! "

37 保罗对他们说: "我们是罗马人, 还没有定罪, 他们就公开打我们, 又放在监里; 现在要私下赶我们出去吗?不行! 他们应当亲自来, 领我们出去! "

38 法警把这番话回报裁判官, 裁判官听说他们是罗马人, 就害怕起来,

39 于是来请求他们, 领他们出监之后, 就请他们离开那城。

40 两人出了监, 就到吕底亚的家里去, 见了弟兄们, 劝勉他们一番, 就离开了。