1 So het dan die eerste verbond sowel verordeninge vir die erediens asook sy aardse heiligdom gehad.
2 Want die tabernakel is so ingerig: die eerste, waarin die kandelaar was en die tafel en die toonbrode, wat die Heilige genoem word;
3 en agter die tweede voorhangsel die tabernakel wat genoem word die Allerheiligste,
4 waarin 'n goue wierookbak was en die ark van die verbond, rondom heeltemal met goud oortrek, waarin die goue kruik met die manna was en die staf van A„ron wat gebloei het, en die tafels van die verbond;
5 en daar bo-op die g,rubs van die heerlikheid wat die versoendeksel oorskadu het, waaroor nie nou afsonderlik gespreek kan word nie.
6 En nadat hierdie dinge so ingerig was, het die priesters wel gedurig in die eerste tabernakel ingegaan om die dienste te vervul,
7 maar in die tweede die hoëpriester alleen, een maal in die jaar, nie sonder bloed nie, wat hy offer vir homself en vir die sondes van die volk uit onwetendheid begaan --
8 waarmee die Heilige Gees d¡t duidelik maak, dat die weg na die heiligdom nog nie geopen is so lank as die eerste tabernakel nog standhou nie.
9 Dit was 'n beeld met die oog op die teenwoordige tyd waarin daar gawes en offers gebring word, wat hom wat die diens verrig, na die gewete nie volkome kan maak nie,
10 omdat dit net bestaan het in spys en drank en verskillende wassinge en vleeslike verordeninge wat opgelê is tot op die tyd van herstelling.
11 Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie,
12 ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en 'n ewige verlossing teweeggebring.
13 Want as die bloed van stiere en bokke en die as van 'n vers wat die verontreinigdes besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees,
14 hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien.
15 En daarom is Hy Middelaar van 'n nuwe testament, sodat, terwyl daar 'n dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste testament, die wat geroepe is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang.
16 Want waar 'n testament is, moet noodsaaklik die dood van die testamentmaker aangekondig word;
17 want 'n testament is geldig by sterfgevalle, aangesien dit nooit van krag is so lank as die testamentmaker nog leef nie.
18 Daarom is ook die eerste testament nie sonder bloed ingewy nie;
19 want toe elke gebod volgens die wet deur Moses aan die hele volk aangekondig is, het hy die bloed van die kalwers en bokke saam met water en skarlakenrooi wol en hisop geneem en die boek self en die hele volk besprinkel
20 en gesê: Dit is die bloed van die testament wat God met die oog op julle verorden het.
21 En hy het ook die tabernakel en al die gereedskap van die diens net so met die bloed besprinkel.
22 En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.
23 Dit was dus nodig dat die afbeeldinge van die dinge in die hemele deur hierdie offers gereinig moes word, maar die hemelse dinge self deur beter offers as hierdie.
24 Want Christus het nie ingegaan in 'n heiligdom met hande gemaak, 'n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn;
25 ook nie om Homself dikwels te offer, soos die hoëpriester elke jaar in die heiligdom ingaan met bloed wat nie sy eie is nie,
26 want dan moes Hy dikwels gely het van die grondlegging van die wêreld af. Maar nou het Hy een maal in die voleinding van die eeue verskyn om die sonde deur sy offer weg te doen.
27 En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel,
28 so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid.
1 前约也有它敬拜的规例, 和属世界的圣所。
2 因为有一个支搭好了的会幕, 第一进叫作圣所, 里面有灯台、桌子和陈设饼。
3 在第二层幔子后面还有一个会幕, 叫作至圣所,
4 里面有金香坛, 有全部包金的约柜, 柜里有盛着吗哪的金罐、亚伦那发过芽的杖和两块约板。
5 柜的上面有荣耀的基路伯罩着施恩座, 关于这一切, 现在不能一一细说了。
6 这一切物件都这样预备好了, 祭司就常常进入第一进会幕, 执行敬拜的事。
7 至于第二进会幕, 只有大祭司一年一次独自进去, 并且非带着血不可, 好为自己和人民的愚妄把血献上。
8 圣灵借着这事表明, 当第一进会幕存在的时候, 进入至圣所的路, 还没有显明出来。
9 这第一进会幕是现今的时代的预表, 其实所献的礼物和祭品, 都不能使敬拜的人在良心上得到完全。
10 这些只是关于饮食和各样洁净的礼仪, 是在"更新的时候"来到之前, 为肉体立的规例。
11 但基督已经来了, 作了已经实现的美好事物的大祭司; 他经过更大、更完备的会幕(不是人手所做的, 也就是不属于这被造的世界的)。
12 他不是用山羊和牛犊的血, 而是用自己的血, 只一次进了至圣所, 就得到了永远的救赎。
13 如果山羊和公牛的血, 以及母牛犊的灰, 洒在不洁的人身上, 尚且可以使他们成为圣洁, 身体洁净,
14 何况基督的血呢?他借着永远的灵, 把自己无瑕无疵的献给 神, 他的血不是更能洁净我们的良心脱离死行, 使我们可以事奉永活的 神吗?
15 因此, 他作了新约的中保, 借着他的死, 使人在前约之下的过犯得到救赎, 就叫那些蒙召的人, 得着永远基业的应许。
16 凡有遗嘱("遗嘱"或译: "约", 与17节同), 必须证实立遗嘱的人死了;
17 因为人死了, 遗嘱才能确立, 立遗嘱的人还活着的时候, 遗嘱决不生效。
18 因此, 前约并不是没有用血立的:
19 当日摩西按照律法, 向所有人民宣布了各样的诫命, 就拿牛犊(好些抄本在此有"和山羊")的血和水, 用朱红色的羊毛与牛膝草, 洒在律法书上和人民身上,
20 说: "这就是 神规定你们立约的血。"
21 他照样把血洒在会幕和各样应用的器皿上。
22 按着律法, 几乎所有都是用血洁净的, 如果没有流血, 就没有赦免。
23 照着天上样式作的既然必须这样去洁净, 天上物体的本身, 就应该用更美的祭品去洁净了。
24 因为基督不是进了人手所做的圣所(那不过是真圣所的表象), 而是进到天上, 现在替我们显露在 神的面前。
25 他不必多次把自己献上, 好像大祭司每年带着不是自己的血进入至圣所一样。
26 如果这样, 他从创世以来, 就必须受许多次的苦了。可是现在他在这世代的终结, 只显现一次, 把自己作为祭品献上, 好除掉罪。
27 按着定命, 人人都要死一次, 死后还有审判。
28 照样, 基督为了担当许多人的罪, 也曾经一次把自己献上; 将来他还要再一次显现, 不是为担当罪, 而是要向那些热切期待他的人成全救恩。