1 Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God,
2 van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel.
3 En dit sal ons doen as God dit toelaat.
4 Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het,
5 en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld,
6 en afvallig geword het -- om die weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.
7 Want die grond wat die reën indrink wat dikwels daarop val, en nuttige plante voortbring ter wille van hulle vir wie dit ook bewerk word, het deel aan die seën van God.
8 Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking -- die einde daarvan is verbranding.
9 Maar, geliefdes, ons is aangaande julle van beter dinge oortuig, dinge wat saamhang met die saligheid, al spreek ons ook so.
10 Want God is nie onregverdig om julle werk te vergeet nie en die liefde-arbeid wat julle betoon het vir sy Naam, omdat julle die heiliges gedien het en nog dien.
11 Maar ons verlang dat elkeen van julle dieselfde ywer mag toon om te kom tot die volkome sekerheid van die hoop tot die einde toe;
12 sodat julle nie traag word nie, maar navolgers van hulle wat deur geloof en lankmoedigheid erfgename van die belofte is.
13 Want toe God aan Abraham die belofte gegee het, het Hy, omdat Hy by geen meerdere kon sweer nie, by Homself gesweer
14 en gesê: Voorwaar, Ek sal jou ryklik seën en jou grootliks vermeerder.
15 En so het hy die belofte verkry nadat hy geduldig gewag het.
16 Want mense sweer by een wat meer is, en die eed van bevestiging is vir hulle die einde van alle teëspraak.
17 Daarom het God, omdat Hy nog kragtiger aan die erfgename van die belofte die onveranderlikheid van sy raad wou toon, dit met 'n eed gewaarborg;
18 sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg, kragtige bemoediging kan hê, ons wat ontvlug het, om vas te hou aan die hoop wat voorlê;
19 en ons het dit as 'n anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel
20 waar Jesus as voorloper vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die orde van Melgis,dek 'n hoëpriester geword het vir ewig.
1 所以, 我们应当离开基督初步的道理, 努力进到成熟的地步, 不必在懊悔死行, 信靠 神, 洗礼, 按手礼, 死人复活, 和永远审判的教训上再立根基。
3 只要 神允许, 我们就这样作。
4 因为那些曾经蒙了光照, 尝过属天的恩赐的滋味, 与圣灵有分,
5 并且尝过 神美善的道和来世的权能的人,
6 如果偏离了正道, 就不可能再使他们重新悔改了。因为他们亲自把 神的儿子再钉在十字架上, 公然羞辱他。
7 这就像一块地, 吸收了常常下在它上面的雨水, 如果长出对种植的人有用的菜蔬, 就从 神那里得福。
8 但如果这块地长出荆棘和蒺藜来, 就被废弃, 近于咒诅, 结局就是焚烧。
9 不过, 亲爱的弟兄们, 我们虽然这样说, 但对于你们, 我们却深信你们有更好的表现, 结局就是得救。
10 因为 神并不是不公义, 以致忘记了你们的工作, 和你们为他的名所表现的爱心, 就是你们以前服事圣徒, 现在还是服事他们。
11 我们深愿你们各人都表现同样的热诚, 一直到底, 使你们的盼望可以完全实现,
12 并且不要懒惰, 却要效法那些凭着信心和忍耐承受应许的人。
13 神应许亚伯拉罕的时候, 因为没有比自己更大的可以指着起誓, 他就指着自己起誓,
14 说: "我必定赐福给你, 必定使你的后裔繁多。"
15 这样, 亚伯拉罕耐心等待, 终于获得了所应许的。
16 因为人起誓都是指着比自己大的起誓。这誓言就了结了他们中间的一切纠纷, 作为保证。
17 照样, 神定意向那些承受应许的人, 更清楚地表明他的旨意是不更改的, 就用起誓作保证。
18 这两件事是不能更改的, 因为 神是决不说谎的。因此, 我们这些逃进避难所的人, 就大得安慰, 抓紧那摆在我们面前的盼望。
19 我们有这盼望, 就像灵魂的锚, 又稳当又坚固, 通过幔子直进到里面。
20 耶稣已经为我们作先锋进入了幔子里面; 他是照着麦基洗德的体系, 成了永远的大祭司。