1 Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun

2 wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.

3 Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte,

4 terwyl Hy soveel uitnemender geword het as die engele namate Hy 'n voortrefliker naam geërf het as hulle.

5 Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? en weer: Ek sal vir Hom 'n Vader wees, en Hy sal vir My 'n Seun wees?

6 En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid.

7 En van die engele sê Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme;

8 maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is 'n regverdige septer;

9 U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle;

10 en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande.

11 Hulle sal vergaan, maar U bly; en hulle sal almal soos 'n kleed verslyt,

12 en soos 'n mantel sal U hulle toerol, en hulle sal verander word, maar U is dieselfde, en u jare het geen einde nie.

13 En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete?

14 Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?

1 神在古时候, 曾经多次用种种方法, 借着先知向我们的祖先说话;

2 在这末后的日子, 却借着他的儿子向我们说话。 神已经立他作万有的承受者, 并且借着他创造了宇宙("宇宙"或译: "诸世界"或"众世代")。

3 他是 神荣耀的光辉, 是 神本质的真象, 用自己带有能力的话掌管万有; 他作成了洁净罪恶的事, 就坐在高天至尊者的右边。

4 他所承受的名比天使的名更尊贵, 所以他远比天使崇高。

5 神曾对哪一个天使说过: "你是我的儿子, 我今日生了你"呢?或者说: "我要作他的父亲, 他要作我的儿子"呢?

6 神差遣长子到世上来的时候, 又说: " 神所有的天使都要拜他。"

7 论到天使, 说: " 神用风作他的使者, 用火焰作他的仆役。"

8 但是论到儿子, 却说: " 神啊! 你的宝座是永永远远的, 你国的权杖, 是公平的权杖。

9 你喜爱公义, 恨恶不法, 所以, 神, 就是你的 神, 用喜乐的油膏抹你, 胜过膏抹你的同伴。"

10 又说: "主啊! 你起初立了地的根基, 天也是你手的工作。

11 天地都要毁灭, 你却长存; 天地都要像衣服一样渐渐残旧,

12 你要把天地像外套一样卷起来, 天地就像衣服一样被更换; 只有你永不改变, 你的年数也没有穷尽。"

13 神可曾向哪一个天使说: "你坐在我的右边, 等我使你的仇敌作你的脚凳"呢?

14 天使不都是服役的灵, 奉差遣为那些要承受救恩的人效劳吗?