1 Laat ons dan vrees dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle agtergebly het nie.

2 Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle; maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie.

3 Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het: Daarom het Ek in my toorn gesweer, hulle sal in my rus nie ingaan nie -- alhoewel sy werke van die grondlegging van die wêreld af volbring is.

4 Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus;

5 en nou hier weer: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.

6 Terwyl dit dan so is dat sommige daar ingaan, en diegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie,

7 bepaal Hy weer 'n sekere dag, naamlik vandag, as Hy soveel later deur Dawid spreek, soos gesê is: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie.

8 Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van 'n ander dag daarn spreek nie.

9 Daar bly dus 'n sabbatsrus oor vir die volk van God;

10 want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.

11 Laat ons ons dan beywer om in te gaan in die rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie.

12 Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.

13 En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.

14 Terwyl ons dan 'n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou.

15 Want ons het nie 'n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.

16 Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

1 所以, 那进入安息的应许, 既然还给我们留着, 我们就应该战战兢兢, 恐怕我们中间有人像是被淘汰了。

2 因为有福音传给我们, 像传给他们一样, 只是他们所听见的道, 对他们没有益处, 因为他们没有用信心与所听见的打成一片("没有用信心与所听见的打成一片", 有古卷作"没有用信心与听从这道的人打成一片")。

3 然而我们信了的人, 就可以进入那安息。正如 神所说: "我在烈怒中起誓说, 他们绝不可进入我的安息! "其实 神的工作, 从创立世界以来已经完成了。

4 因为论到第七日, 他在圣经某一处说: "在第七日 神歇了他的一切工作。"

5 但在这里又说: "他们绝不可进入我的安息。"

6 既然这安息还留着要让一些人进去, 但那些以前听过福音的人, 因为不顺从不得进去;

7 所以 神就再定一个日子, 就是过了很久以后, 借着大卫所说的"今天", 就像前面引用过的: "如果你们今天听从他的声音, 就不要硬着心。"

8 如果约书亚已经使他们享受了安息, 神后来就不会再提到别的日子了。

9 这样看来, 为了 神的子民, 必定另外有一个"安息日"的安息保留下来。

10 因为那进入 神安息的人, 就歇了自己的工作, 好像 神歇了自己的工作一样。

11 所以, 我们要竭力进入那安息, 免得有人随着那不顺从的样子就跌倒了。

12 神的道是活的, 是有效的, 比一切两刃的剑更锋利, 甚至可以刺入剖开灵与魂, 关节与骨髓, 并且能够辨明心中的思想和意念。

13 被造的在 神面前没有一样不是显明的, 万有在他的眼前都是赤露敞开的; 我们必须向他交帐。

14 我们既然有一位伟大的、经过了众天的大祭司, 就是 神的儿子耶稣, 就应该坚持所宣认的信仰。

15 因为我们的大祭司并不是不能同情我们的软弱, 他像我们一样, 也曾在各方面受过试探, 只是他没有犯罪。

16 所以, 我们只管坦然无惧地来到施恩的宝座前, 为的是要领受怜悯, 得到恩惠, 作为及时的帮助。