1 En n 'n paar dae het Hy weer in Kap,rnam gekom, en die mense het gehoor dat Hy in die huis was.

2 En dadelik het baie saamgekom, sodat daar selfs by die deur nie meer plek was nie; en Hy was besig om aan hulle die woord te verkondig.

3 En daar kom mense na Hom met 'n verlamde man wat deur vier gedra word.

4 En toe hulle vanweë die skare nie naby Hom kon kom nie, maak hulle die dak oop waar Hy was, en nadat hulle dit oopgebreek het, het hulle die bed waar die verlamde op lê, laat afsak.

5 En toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: Seun, jou sondes is jou vergewe!

6 En sommige van die skrifgeleerdes het daar gesit en in hulle harte geredeneer:

7 Waarom praat hierdie man so godslasterlik? Wie kan sondes vergewe behalwe Een, naamlik God?

8 En Jesus het dadelik in sy gees geweet dat hulle by hulleself so redeneer, en Hy sê vir hulle: Wat redeneer julle oor hierdie dinge in jul harte?

9 Wat is makliker, om vir die verlamde te sê: Die sondes is jou vergewe! of om te sê: Staan op en neem jou bed op en loop?

10 Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op die aarde sondes te vergewe -- sê Hy vir die verlamde man:

11 Ek sê vir jou: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.

12 En dadelik staan hy op en neem sy bed op en gaan voor die oë van almal uit, sodat almal verbaas was en God verheerlik en sê: So iets het ons nog nooit gesien nie!

13 En Hy het weer uitgegaan langs die see, en die hele skare het na Hom gekom, en Hy het hulle geleer.

14 En toe Hy verbygaan, sien Hy Levi, die seun van Alf,s, by die tolhuis sit en sê vir hom: Volg My. En hy het opgestaan en Hom gevolg.

15 En terwyl Hy in sy huis aan tafel was, kom daar baie tollenaars en sondaars saam met Jesus en sy dissipels aan tafel; want daar was baie, en hulle het Hom gevolg.

16 En toe die skrifgeleerdes en die Fariseërs Hom saam met die tollenaars en sondaars sien eet, sê hulle vir sy dissipels: Wat is dit dat Hy saam met die tollenaars en sondaars eet en drink?

17 En toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.

18 En die dissipels van Johannes en die van die Fariseërs was besig om te vas. Toe kom hulle en sê vir Hom: Waarom vas die dissipels van Johannes en die van die Fariseërs, maar u dissipels vas nie?

19 En Jesus sê vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan vas terwyl die bruidegom by hulle is? So lank as hulle die bruidegom by hulle het, kan hulle nie vas nie.

20 Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas, in daardie dae.

21 En niemand werk 'n nuwe stuk lap op 'n ou kleed nie; anders skeur sy nuwe aangelapte stuk van die oue af, en daar kom 'n erger skeur.

22 En niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke laat bars, en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word.

23 En terwyl Hy op die sabbat deur die gesaaides loop, het sy dissipels al gaande are begin pluk.

24 Toe sê die Fariseërs vir Hom: Kyk, waarom doen hulle op die sabbat wat nie geoorloof is nie?

25 En Hy sê vir hulle: Het julle nooit gelees wat Dawid gedoen het nie -- toe hy in die nood was, en hy en die wat by hom was, honger gehad het --

26 hoe hy in die huis van God gegaan het in die tyd van Abjatar, die hoëpriester, en die toonbrode geëet het wat vir niemand behalwe die priesters geoorloof is om te eet nie; en ook aan die wat saam met hom was, gegee het?

27 En Hy sê vir hulle: Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie.

28 Daarom is die Seun van die mens Here ook van die sabbat.

1 过了些日子, 耶稣再回到迦百农。一听说他在屋子里,

2 许多人就都来聚集, 甚至连门前都没有地方了, 耶稣就对他们讲道。

3 那时有人把一个瘫子带到耶稣那里, 是由四个人抬来的。

4 因为人挤, 不能带到他面前, 就对着耶稣所在的地方, 拆去房顶; 拆通了, 就把瘫子连人带褥子缒了下去。

5 耶稣看见他们的信心, 就对瘫子说: "孩子, 你的罪赦了。"

6 当时有几个经学家也坐在那里, 心里议论说:

7 "这个人为什么这样说话?他说僭妄的话了。除了 神一位以外, 谁能赦罪呢?"

8 耶稣心里立刻知道他们这样议论, 就对他们说: "你们心里为什么议论这事?

9 对瘫子说‘你的罪赦了’, 或说‘起来, 拿着你的褥子走’, 哪一样容易呢?

10 然而为了要你们知道人子在地上有赦罪的权柄, (他就对瘫子说: )

11 我吩咐你, 起来, 拿起你的褥子, 回家去吧。"

12 那人就起来, 立刻拿着褥子, 当众出去了。众人都非常惊奇, 颂赞 神, 说: "我们从来没有见过这样的事。"

13 耶稣又出去, 到了加利利海边; 众人都到他面前来, 他就教导他们。

14 他往前走的时候, 看见亚勒腓的儿子利未坐在税关那里, 就对他说: "来跟从我! "他就起来跟从了耶稣。

15 后来耶稣在利未家里吃饭, 有很多税吏和罪人也来与他和门徒一起吃饭; 因为这样的人很多, 并且他们已经跟随了耶稣。

16 法利赛派的经学家, 看见耶稣与罪人和税吏一起吃饭, 就对耶稣的门徒说: "他跟税吏和罪人一起吃饭吗?"

17 耶稣听见了, 就对他们说: "健康的人不需要医生, 有病的人才需要; 我来不是要召义人, 而是要召罪人。"

18 约翰的门徒和法利赛人正在禁食, 有人来问耶稣说: "为什么约翰的门徒和法利赛人的门徒常常禁食, 你的门徒却不禁食呢?"

19 耶稣回答: "新郎跟宾客在一起的时候, 宾客怎能禁食呢?只要新郎还在, 就不能禁食。

20 但日子到了, 新郎要被取去, 离开他们, 那一天他们就要禁食了。

21 没有人会把一块新布缝在旧衣服上, 如果这样, 新的布就会把旧衣服扯破, 裂开的地方就更大了。

22 也没有人会把新酒装在旧皮袋里, 如果这样, 酒就会把皮袋胀破, 酒和皮袋都损坏了; 新酒总该装在新皮袋里。"

23 有一次, 在安息日, 耶稣从麦田经过, 他的门徒一面走路, 一面摘麦穗。

24 法利赛人对耶稣说: "你看, 他们为什么作安息日不可作的事?"

25 耶稣对他们说: "大卫和跟他一起的人在饥饿缺食的时候所作的, 你们没有念过吗?

26 他不是在亚比亚他作大祭司的时候, 进了 神的殿, 吃了除祭司以外谁都不可以吃的陈设饼, 而且还给跟他在一起的人吃吗?"

27 耶稣又告诉他们: "安息日是为人设立的, 人并不是为安息日设立的。

28 这样, 人子也是安息日的主。"