1 En hulle het aan die oorkant van die see gekom in die land van die Gadar,ners.
2 En toe Hy uit die skuit gaan, kom daar dadelik uit die grafte Hom tegemoet 'n man met 'n onreine gees,
3 wat sy verblyf in die grafte gehad het. En niemand kon selfs met kettings hom bind nie;
4 want hy was dikwels met voetboeie en kettings gebind, en die kettings is deur hom uitmekaar geruk en die voetboeie stukkend gebreek; en niemand was in staat om hom te tem nie.
5 En altyd, nag en dag, het hy aangehou om te skreeu op die berge en in die grafte en homself met klippe stukkend te slaan.
6 En toe hy Jesus van ver af sien, hardloop hy en val voor Hom neer
7 en skreeu met 'n groot stem en sê: Wat het ek met U te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek besweer U by God om my nie te pynig nie.
8 Want Hy het vir hom gesê: Onreine gees, gaan uit die man uit!
9 En Hy vra hom: Wat is jou naam? En hy antwoord en sê: Legio is my naam, want ons is baie.
10 Toe smeek hy Hom dringend om hulle nie uit die land weg te stuur nie.
11 En d r teen die berge het 'n groot trop varke gewei,
12 en al die duiwels het Hom gesmeek en gesê: Stuur ons in die varke, sodat ons in hulle kan vaar.
13 En Jesus het hulle dit dadelik toegelaat; en die onreine geeste het uitgegaan en in die varke gevaar, en die trop -- daar was omtrent twee duisend -- het van die krans af in die see gestorm en in die see verdrink.
14 En die wagters van die varke het gevlug en dit in die stad en in die buitewyke vertel; en hulle het uitgekom om te sien wat daar gebeur het.
15 Toe kom hulle by Jesus en sien die besetene sit, gekleed en by sy verstand -- die een wat die legioen gehad het. En hulle was bevrees.
16 Die wat dit gesien het, vertel toe aan hulle hoe dit met die besetene gegaan het, en ook van die varke.
17 En hulle het Hom begin smeek om weg te gaan uit hulle gebied.
18 En toe Hy in die skuit klim, het die man wat van die duiwels besete gewees het, Hom gesmeek om by Hom te kan bly.
19 Maar Jesus het hom dit nie toegelaat nie, maar vir hom gesê: Gaan na jou huis na jou mense toe, en vertel hulle watter groot dinge die Here aan jou gedoen het, en dat Hy jou barmhartig was.
20 En hy het weggegaan en in Dek polis begin verkondig watter groot dinge Jesus aan hom gedoen het, en almal was verwonderd.
21 En toe Jesus weer in die skuit oorgevaar het na die ander kant, het 'n groot menigte by Hom vergader. En Hy was by die see.
22 En daar kom een van die owerstes van die sinagoge met die naam van Ja‹rus; en toe hy Hom sien, val hy aan sy voete neer
23 en smeek Hom dringend en sê: My dogtertjie is op haar uiterste; kom lê haar die hande op, sodat sy gesond kan word, en sy sal lewe.
24 En Hy het saam met hom gegaan. En 'n groot menigte het Hom gevolg en Hom verdring.
25 En 'n sekere vrou wat twaalf jaar lank bloedvloeiing gehad het
26 en veel onder baie geneeshere gely en al haar besittings uitgegee het sonder om enige baat te vind, maar eerder erger geword het,
27 het van Jesus gehoor en onder die skare van agter gekom en sy kleed aangeraak;
28 want sy het gesê: As ek maar sy klere kan aanraak, sal ek gesond word.
29 En dadelik het die fontein van haar bloed opgedroog, en sy het aan haar liggaam bemerk dat sy van haar kwaal genees was.
30 En dadelik toe Jesus in Homself die krag gewaarword wat van Hom uitgegaan het, draai Hy Hom om onder die skare en sê: Wie het my klere aangeraak?
31 En sy dissipels antwoord Hom: U sien dat die skare U verdring, en U sê: Wie het My aangeraak?
32 Toe kyk Hy rond om haar te sien wat dit gedoen het.
33 Die vrou, wat gevrees en gebeef het omdat sy wis wat met haar gebeur het, kom toe en val voor Hom neer en vertel Hom die hele waarheid.
34 En Hy sê vir haar: Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede en wees van jou kwaal genees.
35 Terwyl Hy nog spreek, kom daar mense van die owerste van die sinagoge se huis en sê: U dogter is dood. Waarom val u die Meester nog lastig?
36 Maar dadelik, toe Jesus die woord hoor wat gespreek is, sê Hy vir die owerste van die sinagoge: Moenie vrees nie; glo net.
37 En Hy het niemand toegelaat om saam met Hom te gaan nie, behalwe Petrus en Jakobus en Johannes, die broer van Jakobus.
38 En Hy kom in die huis van die owerste van die sinagoge en sien 'n rumoer: mense wat baie ween en huil.
39 En toe Hy binnegaan, sê Hy vir hulle: Waarom gaan julle so te kere en ween julle? Die kind is nie dood nie, maar slaap.
40 En hulle het Hom uitgelag. Maar Hy het almal uitgedryf en die vader van die kind saamgeneem en die moeder en die wat by Hom was, en ingegaan waar die kind lê.
41 Toe gryp Hy die hand van die kind en sê vir haar: Tal¡ta, koemi! wat, as dit vertaal word, beteken: Dogtertjie, Ek sê vir jou, staan op!
42 En die dogtertjie het dadelik opgestaan en begin rondloop, want sy was twaalf jaar oud. En hulle was uitermate verbaas.
43 En Hy het hulle met nadruk beveel dat niemand dit moes weet nie, en gesê dat daar vir haar iets te ete gegee moes word.
1 他们到了海的那边, 进入格拉森人的地区。
2 耶稣一下船, 就有一个被污灵附着的人, 从墓地里迎面而来。
3 那人经常住在坟墓中间, 从来没有人能绑住他, 甚至用锁链都不能。
4 曾经有很多次, 人用脚镣和锁链捆绑他, 锁链却被他挣断, 脚镣也被他弄碎, 始终没有人能制伏他。
5 他昼夜在坟墓里和山野间喊叫, 又用石头砍自己。
6 他远远地看见耶稣, 就跑过去拜他,
7 大声呼叫, 说: "至高 神的儿子耶稣, 我跟你有什么关系呢?我指着 神恳求你, 不要叫我受苦。"
8 因为当时耶稣吩咐他: "你这污灵, 从这人身上出来! "
9 耶稣问他: "你叫什么名字?"他回答: "我名叫‘群’, 因为我们众多。"
10 他再三央求耶稣, 不要把他们从那地方赶走。
11 附近的山坡上有一大群猪正在吃东西;
12 污灵求耶稣说: "打发我们到猪群那里附在猪身上吧。"
13 耶稣准了他们。污灵就出来, 进到猪群里去, 于是那群猪闯下山崖, 掉在海里淹死了, 猪的数目约有两千。
14 放猪的人都逃跑了, 到城里和各乡村去报告, 大家就来看发生了什么事。
15 他们来到耶稣跟前, 看见那被鬼附过的人, 就是曾被名叫‘群’的鬼附过的人, 坐在那里, 穿上了衣服, 神志清醒, 他们就害怕。
16 看见的人把被鬼附过的人所遭遇的和那群猪的事, 告诉了他们。
17 他们就要求耶稣离开他们的地区。
18 耶稣上船的时候, 那被鬼附过的人来求他, 要和他在一起。
19 耶稣不许, 却对他说: "你回家到你的亲属那里去, 把主为你作了多么大的事, 并他怎样怜悯你, 都告诉他们。"
20 那人就走了, 开始在低加波利传讲耶稣为他所作的大事, 众人都希奇。
21 耶稣又坐船渡到那边; 还在海边的时候, 有一大群人向他围拢过来。
22 当时来了一位会堂的主管, 名叫叶鲁。他一看见耶稣, 就俯伏在他脚前,
23 迫切地求他说: "我的小女儿快要死了, 请你来按手在她身上, 把她救活。"
24 耶稣就和他一起去了。一大群人跟着他, 拥挤着他。
25 有一个女人, 患了十二年的血漏病,
26 在好些医生手中受了许多痛苦, 又花尽了她一切所有的, 不仅毫无起色, 反而更加沉重。
27 她听见耶稣的事, 就从后面来杂在人群中间, 摸耶稣的衣服。
28 因为她说: "只要摸到他的衣服, 我就必痊愈。"
29 于是她血漏的源头立刻干了, 她在身体上感觉到病已经得了医治。
30 耶稣自己立刻觉得有能力从他里面出去, 就转过身来对群众说: "谁摸了我的衣服?"
31 门徒对他说: "你看, 这么多人拥挤你, 你还问‘谁摸我’吗?"
32 耶稣周围观看, 要看作这事的女人。
33 那女人知道在她身上所成就的事, 就恐惧战兢地前来向耶稣俯伏, 把实情全告诉了他。
34 耶稣对她说: "女儿, 你的信使你痊愈了, 平安地回去吧, 你的病已经好了。"
35 耶稣还在说话的时候, 有人从会堂主管的家里来说: "你的女儿已经死了, 何必还劳动老师呢?"
36 耶稣听见所说的话, 就对会堂主管说: "不要怕! 只要信! "
37 于是他不许别人跟他一起去, 只带了彼得、雅各和雅各的弟弟约翰。
38 他们来到会堂主管的家, 耶稣看见许多人哭泣哀号, 一片混乱,
39 就走进去, 对众人说: "为什么大哭大嚷呢?孩子不是死了, 是睡着了。"
40 众人就嘲笑他。耶稣把众人都赶出去, 带着孩子的父母和跟随他的门徒, 进入孩子所在的房间。
41 耶稣拉着孩子的手, 对她说: "大利大, 古米! "翻译出来就是: "小女孩, 我吩咐你起来! "
42 那女孩子就立刻起来行走; 那时她已经十二岁了。众人就非常惊奇。
43 耶稣再三嘱咐他们, 不要让人知道这事, 又吩咐给她东西吃。