1 En Hy het opgestaan en daarvandaan deur die oorkant van die Jordaan na die gebied van Judiagegaan; en weer het 'n skare by Hom vergader; en soos Hy gewoond was, het Hy hulle weer geleer.
2 Toe kom die Fariseërs na Hom; en, om Hom te versoek, stel hulle Hom die vraag of dit 'n man geoorloof is om van sy vrou te skei?
3 Maar Hy antwoord en sê vir hulle: Wat het Moses julle beveel?
4 En hulle sê: Moses het toegelaat om 'n skeibrief te skrywe en van haar te skei.
5 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Vanweë die hardheid van julle harte het hy vir julle hierdie gebod geskrywe,
6 maar van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak.
7 Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef,
8 en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees.
9 Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.
10 En in die huis het sy dissipels Hom weer oor dieselfde saak gevra.
11 En Hy sê vir hulle: Elkeen wat van sy vrou skei en 'n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar;
12 en as 'n vrou van haar man skei en met 'n ander een trou, pleeg sy egbreuk.
13 En hulle het kindertjies na Hom gebring, dat Hy hulle kon aanraak; en die dissipels het die wat hulle gebring het, bestraf.
14 Maar toe Jesus dit sien, het Hy hulle dit baie kwalik geneem en vir hulle gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.
15 Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.
16 En Hy het sy arms om hulle geslaan, sy hande op hulle gelê en hulle geseën.
17 En toe Hy op die pad uitgaan, hardloop daar een na Hom toe en val voor Hom op die knieë en vra Hom: Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?
18 En Jesus sê vir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe Een, naamlik God.
19 Jy ken die gebooie: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag niemand te kort doen nie; eer jou vader en jou moeder.
20 Maar hy antwoord en sê vir Hom: Meester, al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af.
21 En Jesus het hom aangekyk en hom liefgekry en vir hom gesê: Een ding kom jy kort -- gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê; kom dan hier, neem die kruis op en volg My.
22 Maar hy het treurig geword oor die woord en bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad.
23 Toe kyk Jesus rond en sê vir sy dissipels: Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan!
24 En die dissipels was verbaas oor sy woorde; maar Jesus antwoord weer en sê vir hulle: Kinders, hoe swaar is dit vir die wat op hulle goed vertrou, om in die koninkryk van God in te gaan!
25 Dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan as vir 'n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.
26 En hulle was uitermate verslae en het vir mekaar gesê: Wie kan dan gered word?
27 Maar Jesus het hulle aangekyk en geantwoord: By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie; want by God is alle dinge moontlik.
28 Toe begin Petrus vir Hom te sê: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg.
29 En Jesus antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van My en van die evangelie verlaat het nie,
30 of hy ontvang nou in hierdie tyd honderd maal soveel: huise en broers en susters en moeders en kinders en grond, saam met vervolginge, en in die eeu wat kom, die ewige lewe.
31 Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en die wat laaste is, eerste.
32 En hulle was op die pad terwyl hulle opgaan na Jerusalem, en Jesus het voor hulle uit gegaan, en hulle was verbaas; en terwyl hulle volg, het hulle gevrees. En Hy het weer die twaalf by Hom geneem en aan hulle begin vertel die dinge wat met Hom sou gebeur.
33 Kyk, sê Hy, ons gaan op na Jerusalem, en die Seun van die mens sal oorgelewer word aan die owerpriesters en die skrifgeleerdes, en hulle sal Hom tot die dood veroordeel en Hom oorlewer aan die heidene;
34 en hulle sal Hom bespot en Hom g,sel en op Hom spuug en Hom doodmaak; en op die derde dag sal Hy opstaan.
35 En Jakobus en Johannes, die seuns van Sebed,Âs, het na Hom gekom en gesê: Meester, ons wil hê dat U vir ons moet doen wat ons U ook al mag vra.
36 En Hy sê vir hulle: Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?
37 En hulle antwoord Hom: Gee aan ons dat ons mag sit in u heerlikheid, een aan u regter-- en een aan u linkerhand.
38 Maar Jesus sê vir hulle: Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek drink, en gedoop word met die doop waarmee Ek gedoop word?
39 En hulle antwoord Hom: Ons kan. Maar Jesus sê vir hulle: Dis waar, die beker wat Ek drink, sal julle drink, en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word;
40 maar om te sit aan my regter-- en aan my linkerhand, berus nie by My om te gee nie, maar dit is vir hulle vir wie dit berei is.
41 En toe die tien dit hoor, begin hulle verontwaardig te word oor Jakobus en Johannes.
42 Maar Jesus het hulle na Hom geroep en vir hulle gesê: Julle weet dat die wat gereken word as owerstes van die nasies, oor hulle heers, en dat hulle groot manne oor hulle gesag uitoefen;
43 maar so moet dit onder julle nie wees nie, maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.
44 En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet almal se dienskneg wees.
45 Want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie.
46 En hulle het in J,rigo gekom. En toe Hy en sy dissipels en 'n aansienlike skare uit J,rigo uitgaan, sit die blinde man, Bartim,Âs, die seun van Tim,Âs, langs die pad en bedel.
47 En toe hy hoor dat dit Jesus die Nasar,ner was, begin hy om uit te roep en te sê: Seun van Dawid, Jesus, wees my barmhartig!
48 En baie het hom bestraf, dat hy moet stilbly; maar hy het al harder uitgeroep: Seun van Dawid, wees my barmhartig!
49 Toe gaan Jesus staan en sê dat hy geroep moes word; en hulle roep die blinde man en sê vir hom: Hou goeie moed, staan op! Hy roep jou.
50 En hy gooi sy oorkleed af, staan op en kom na Jesus toe.
51 En Jesus antwoord en sê vir hom: Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen? En die blinde man sê vir Hom: Rabboni, dat ek mag sien.
52 En Jesus sê vir hom: Gaan, jou geloof het jou gered. En dadelik het hy gesien en Jesus op die pad gevolg.
1 耶稣从那里动身, 来到约旦河东的犹太境内。许多人又聚集到他那里, 他像平常一样教导他们。
2 有法利赛人前来试探耶稣, 问他: "丈夫可以休妻吗?"
3 耶稣回答: "摩西吩咐你们的是什么呢?"
4 他们说: "摩西准许‘人写了休书就可以休妻’。"
5 耶稣说: "因为你们的心硬, 摩西才写这条例给你们。
6 但从起初创造的时候, 神是‘造男造女’。
7 ‘因此人要离开父母, 与妻子连合,
8 二人成为一体了。’这样, 他们不再是两个人, 而是一体的了。
9 所以 神所配合的, 人不可分开。"
10 回到屋子里, 门徒再提起这件事来问他。
11 他对他们说: "谁休妻另娶, 谁就是犯奸淫, 得罪了妻子。
12 如果妻子弃夫另嫁, 也是犯了奸淫。"
13 有人带着小孩子到耶稣跟前, 要他抚摩他们; 门徒却责备那些人。
14 耶稣看见了就生气, 对门徒说: "让小孩子到我这里来, 不要禁止他们, 因为 神的国是属于这样的人的。
15 我实在告诉你们, 凡是不像小孩子一样接受 神的国的, 绝对不能进去。"
16 于是耶稣把小孩子抱起来, 为他们按手祝福。
17 耶稣又开始他的行程。那时, 有一个人跑过来, 跪在他面前, 问他说: "良善的老师, 我当作什么, 才可以承受永生?"
18 耶稣对他说: "你为什么称我是良善的?除了 神一位以外, 没有良善的。
19 诫命你是知道的: 不可杀人, 不可奸淫, 不可偷盗, 不可作假证供, 不可欺诈, 当孝敬父母。"
20 他对耶稣说: "老师, 这一切我从小都遵守了。"
21 耶稣看着他, 就爱他, 对他说: "你还缺少一件: 去变卖你所有的, 分给穷人, 就必定有财宝在天上, 而且你要来跟从我。"
22 那人听见这话, 就变了脸色, 忧忧愁愁地走了, 因为他的财产很多。
23 耶稣周围观看, 对门徒说: "富有的人要进 神的国, 是多么难哪! "
24 门徒都希奇他的话, 耶稣又对他们说: "孩子们哪, (有些抄本在此有"倚靠钱财的人"一句)要进 神的国, 是多么困难!
25 骆驼穿过针眼, 比有钱的人进 神的国还容易呢! "
26 门徒就更加惊奇, 彼此说: "这样, 谁可以得救呢?"
27 耶稣看着他们, 说: "在人不能, 在 神却不然, 因为在 神凡事都能。"
28 彼得对他说: "你看, 我们已经舍弃了一切, 而且来跟从你了。"
29 耶稣说: "我实在告诉你们, 人为着我和福音舍弃了房屋、弟兄、姊妹、母亲、父亲、儿女、田地,
30 没有不在今生得百倍──就是房屋、弟兄、姊妹、母亲、儿女、田地, 同时要受迫害──在来世还要得永生。
31 然而许多在前的将要在后, 在后的将要在前。"
32 在上耶路撒冷的路途中, 耶稣走在前面, 门徒希奇, 跟从的人也害怕。耶稣又把十二门徒带到一边, 把自己将要遭遇的事告诉他们,
33 说: "我们现在上耶路撒冷去, 人子要被交给祭司长和经学家, 他们要定他的罪, 并且把他交给外族人。
34 他们要凌辱他, 向他吐唾沫, 鞭打他, 杀害他, 三天以后, 他要复活。"
35 西庇太的儿子雅各、约翰, 来到耶稣跟前, 对他说: "老师, 我们无论向你求什么, 愿你为我们作成。"
36 耶稣说: "要我为你们作什么?"
37 他们说: "在你的荣耀里, 让我们一个坐在你的右边, 一个坐在你的左边。"
38 耶稣说: "你们不知道你们求的是什么。我喝的杯, 你们能喝吗?我受的洗, 你们能受吗?"
39 他们说: "能。"耶稣说: "我喝的杯, 你们固然要喝; 我受的洗, 你们也要受。
40 只是坐在我的左右, 不是我可以赐的, 而是 神预备赐给谁, 就赐给谁。"
41 其他十个门徒听见了, 就向雅各、约翰生气。
42 耶稣把他们叫过来, 对他们说: "你们知道各国都有被尊为元首的统治他们, 也有官长管辖他们。
43 但你们中间却不要这样; 谁想在你们中间为大的, 就要作你们的仆役,
44 谁想在你们中间为首的, 就要作大家的奴仆。
45 因为人子来, 不是要受人服事, 而是要服事人, 并且要舍命, 作许多人的赎价。"
46 他们进了耶利哥。耶稣、门徒和一大群人从耶利哥出来的时候, 有一个瞎眼的人, 是底买的儿子, 名叫巴底买, 坐在路旁讨饭。
47 他听见是拿撒勒人耶稣, 就喊叫, 说: "大卫的子孙耶稣啊, 可怜我吧! "
48 许多人斥责他, 叫他不要出声; 他却更加放声喊叫: "大卫的子孙啊, 可怜我吧! "
49 耶稣就站住, 说: "把他叫过来。"他们就叫那瞎眼的人, 对他说: "放心吧, 起来, 他叫你了。"
50 他就丢下衣服, 跳起来, 走到耶稣那里。
51 耶稣对他说: "你要我为你作什么呢?"瞎眼的人对他说: "拉波尼, 我要能看见。"
52 耶稣说: "去吧, 你的信使你痊愈了。"他立刻看见了, 就在路上跟随耶稣。