1 Die begin van die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God.

2 Soos geskrywe is in die Profete: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u pad voor U uit sal regmaak --

3 die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!

4 Johannes het gekom en was besig om in die woestyn te doop en die doop van bekering tot vergifnis van sondes te verkondig.

5 En die hele Joodse land en die inwoners van Jerusalem het uitgegaan na hom toe, en almal is deur hom gedoop in die Jordaanrivier met belydenis van hulle sondes.

6 En Johannes was gekleed met kameelhare en 'n leergord om sy heupe, en hy het sprinkane en wilde heuning geëet.

7 En hy het gepreek en gesê: Hy wat sterker is as ek, kom n my, en ek is nie waardig om neer te buk en sy skoenriem los te maak nie.

8 Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees.

9 En in daardie dae het Jesus van N saret in Galil,a gekom en is deur Johannes in die Jordaan gedoop.

10 En dadelik toe Hy opklim uit die water, sien Hy die hemele skeur en die Gees soos 'n duif op Hom neerdaal.

11 En daar het 'n stem uit die hemele gekom: U is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.

12 En dadelik het die Gees Hom uitgedryf in die woestyn.

13 En Hy was daar in die woestyn veertig dae lank, terwyl Hy deur die Satan versoek is; en Hy was saam met die wilde diere, en die engele het Hom gedien.

14 En nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galil,a gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig

15 en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie.

16 En terwyl Hy langs die see van Galil,a loop, sien Hy Simon en Andr,as, sy broer, besig om 'n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers.

17 En Jesus sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal maak dat julle vissers van mense word.

18 En dadelik het hulle hul nette laat staan en Hom gevolg.

19 En toe Hy daarvandaan 'n bietjie verder gaan, sien Hy Jakobus, die seun van Sebed,s, en Johannes, sy broer, wat besig was om die nette in die skuit heel te maak.

20 En dadelik het Hy hulle geroep, en hulle het hul vader Sebed,s met die gehuurde mense in die skuit laat staan en Hom gevolg.

21 En hulle het in Kap,rnam gekom, en dadelik op die sabbat het Hy in die sinagoge ingegaan en begin leer.

22 En hulle was verslae oor sy leer, want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het en nie soos die skrifgeleerdes nie.

23 En daar was in hulle sinagoge 'n man met 'n onreine gees; en hy het uitgeskreeu

24 en gesê: Hou op! Wat het ons met U te doen, Jesus, Nasar,ner? Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U, wie U is: die Heilige van God!

25 En Jesus het hom bestraf en gesê: Bly stil en gaan uit hom uit!

26 En die onreine gees het hom stuiptrekkings laat kry en met 'n groot stem geskreeu en uit hom uitgegaan.

27 En almal was verbaas, sodat hulle onder mekaar vra en sê: Wat is dit? Watter nuwe leer is dit, dat Hy met gesag ook aan die onreine geeste bevel gee en hulle Hom gehoorsaam is?

28 En die gerug aangaande Hom is dadelik versprei in die hele omtrek van Galil,a.

29 En dadelik toe hulle uit die sinagoge uitgegaan het, kom hulle saam met Jakobus en Johannes in die huis van Simon en Andr,as.

30 En die skoonmoeder van Simon het siek gelê aan die koors; en dadelik het hulle Hom van haar gesê.

31 Daarop gaan Hy na haar, neem haar hand en rig haar op, en dadelik het die koors haar verlaat, en sy het hulle bedien.

32 En toe dit aand geword het en die son onder was, het hulle na Hom gebring almal wat ongesteld en van duiwels besete was.

33 En die hele stad het by die deur saamgekom.

34 En baie wat aan allerhande siektes gely het, het Hy gesond gemaak en baie duiwels uitgedryf en die duiwels nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle Hom geken het.

35 En vroeg in die môre , nog diep in die nag, het Hy opgestaan en uitgegaan en na 'n eensame plek vertrek en daar gebid.

36 En Simon en die wat by hom was, het Hom gevolg.

37 En toe hulle Hom vind, sê hulle vir Hom: Almal soek U.

38 En Hy sê vir hulle: Laat ons na die naburige dorpe gaan, sodat Ek ook daar kan preek; want daarvoor het Ek uitgegaan.

39 En Hy het die hele Galil,a deur in hulle sinagoges gepreek en die duiwels uitgedryf.

40 En daar kom 'n melaatse na Hom toe wat Hom smeek en voor Hom op die knieë val en vir Hom sê: As U wil, kan U my reinig.

41 En Jesus het vir hom innig jammer gevoel en die hand uitgesteek en hom aangeraak en vir hom gesê: Ek wil, word gereinig!

42 En toe Hy dit sê, het die melaatsheid hom dadelik verlaat, en hy is gereinig.

43 En nadat Hy hom ernstig aangespreek het, stuur Hy hom dadelik weg

44 en sê vir hom: Pas op dat jy aan niemand iets vertel nie, maar gaan vertoon jou aan die priester en offer vir jou reiniging wat Moses voorgeskryf het, tot 'n getuienis vir hulle.

45 Maar hy het uitgegaan en begin om baie dinge rond te vertel en die saak rugbaar te maak, sodat Hy nie meer openlik in 'n stad kon ingaan nie; maar Hy was buite in verlate plekke, en hulle het van alle kante na Hom gekom.

1 神的儿子(有些抄本无" 神的儿子"一句)耶稣基督福音的开始。

2 正如以赛亚先知的书上写着: "看哪, 我差遣我的使者在你面前, 预备你的道路;

3 在旷野有呼喊者的声音: ‘预备主的道, 修直他的路! ’"

4 照这话, 施洗的约翰在旷野出现了, 传讲悔改的洗礼, 使罪得赦。

5 犹太全地和全耶路撒冷的人, 都出来到他那里去, 承认自己的罪, 在约旦河里受了他的洗。

6 约翰身穿骆驼毛的衣服, 腰束皮带, 吃的是蝗虫和野蜜。

7 他传讲说: "有一位在我以后来的, 能力比我大, 我就是弯腰给他解鞋带都没有资格。

8 我用水给你们施洗, 他却要用圣灵给你们施洗。"

9 那时候耶稣从加利利的拿撒勒来, 在约旦河里受了约翰的洗。

10 他从水里一上来, 就看见天裂开了, 圣灵仿佛鸽子降在他身上。

11 又有声音从天上来说: "你是我的爱子, 我喜悦你。"

12 圣灵随即催促耶稣到旷野去。

13 他在那里四十天, 受撒但的试探, 和野兽在一起, 有天使来服事他。

14 约翰被捕以后, 耶稣来到加利利, 宣讲 神的福音,

15 说: "时候到了, 神的国近了, 你们应当悔改, 相信福音。"

16 耶稣沿着加利利海边行走, 看见西门和他弟弟安得烈在海上撒网; 他们是渔夫。

17 耶稣就对他们说: "来跟从我, 我要使你们成为得人的渔夫。"

18 他们立刻撇下网, 跟从了他。

19 耶稣稍往前走, 看见西庇太的儿子雅各, 和雅各的弟弟约翰, 正在船上整理鱼网,

20 他立即呼召他们。他们撇下父亲西庇太和雇工在船上, 就跟从他去了。

21 他们到了迦百农, 耶稣随即在安息日进入会堂教导人。

22 大家对他的教训都很惊奇, 因为他教导他们, 像一个有权柄的人, 不像经学家。

23 就在那时, 会堂里有一个被污灵附着的人, 喊叫起来,

24 说: "拿撒勒人耶稣, 我们跟你有什么关系呢?你来毁灭我们吗?我知道你是谁, 你是 神的圣者。"

25 耶稣斥责他说: "住口! 从他身上出来! "

26 污灵使那人抽疯, 大声喊叫, 就从他身上出来了。

27 众人都很惊讶, 于是彼此对问说: "这是怎么一回事?是个有权能的新道理啊! 他吩咐污灵, 污灵竟服从了他! "

28 耶稣的名声立刻传遍了加利利一带。

29 他们一出会堂, 就和雅各、约翰到西门和安得烈的家里去。

30 西门的岳母正在发烧躺着, 他们立刻告诉耶稣。

31 耶稣走到她面前, 拉着她的手, 扶她起来, 热就退了, 她就服事他们。

32 到了黄昏, 有人不断把生病的和被鬼附的, 都带到耶稣面前。

33 全城的人都聚集在门口。

34 耶稣医好了各样的病, 也赶出许多的鬼, 并且不许鬼说话, 因为鬼认识他。

35 次日凌晨, 天还没有亮, 耶稣起身出去, 来到荒野的地方, 在那里祷告。

36 西门和那些跟他在一起的人就去寻找耶稣。

37 他们找到了, 就对他说: "大家都在找你呢! "

38 耶稣对他们说: "我们到邻近的乡镇去吧, 我也好在那里传道, 因为我就是为这事而来的。"

39 于是他走遍加利利全地, 在他们的会堂里传道, 并且赶鬼。

40 有一个患痲风的人, 来到耶稣跟前, 跪下求他说: "如果你肯, 必能使我洁净。"

41 耶稣动了怜悯的心, 就伸手摸他, 说: "我肯, 你洁净了吧! "

42 痲风立刻离开了他, 他就洁净了。

43 耶稣打发那人离开以前, 严厉地吩咐他,

44 说: "你千万不可把这事告诉任何人, 你只要去给祭司检查, 并且照着摩西所规定的, 为你得洁净献祭, 好向大家作证。"

45 但那人出来, 竟任意传讲, 就把这事传开了, 以致耶稣不能再公开进城, 只好留在外边荒野的地方; 然而还是有人从各处到他那里去。