1 Hierdie dinge het Ek vir julle gesê, sodat julle nie mag struikel nie.

2 Hulle sal julle uit die sinagoges ban. Ja, daar kom 'n uur dat elkeen wat julle om die lewe bring, sal dink dat hy 'n diens aan God bewys.

3 En dit sal hulle aan julle doen, omdat hulle die Vader nie ken nie en My ook nie.

4 Maar hierdie dinge het Ek vir julle gesê, sodat wanneer die uur kom, julle kan onthou dat Ek julle dit gesê het. Maar Ek het julle dit nie van die begin af gesê nie, omdat Ek saam met julle was.

5 En nou gaan Ek na Hom wat My gestuur het; en niemand van julle vra My: Waar gaan U heen nie?

6 Maar omdat Ek dit vir julle gesê het, het droefheid julle hart vervul.

7 Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur;

8 en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel:

9 van sonde, omdat hulle in My nie glo nie;

10 en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie;

11 en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.

12 Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie dra nie.

13 Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.

14 Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.

15 Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.

16 'n Klein tydjie, en julle sal My nie sien nie; en weer 'n klein tydjie, en julle sal My sien, omdat Ek na die Vader gaan.

17 Sommige van sy dissipels het toe onder mekaar gevra: Wat is dit wat Hy vir ons sê: 'n Klein tydjie, en julle sien My nie; en weer 'n klein tydjie, en julle sal My sien; en: Ek gaan na die Vader?

18 Hulle het dan gevra: Wat is dit wat Hy sê: 'n Klein tydjie? Ons weet nie wat Hy sê nie.

19 En Jesus het gemerk dat hulle Hom wou vra, en Hy sê vir hulle: Ondervra julle mekaar daaroor dat Ek gesê het: 'n Klein tydjie, en julle sal My nie sien nie; en weer 'n klein tydjie, en julle sal My sien?

20 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle sal ween en rou bedryf, maar die wêreld sal bly wees. En julle sal bedroef wees, maar julle droefheid sal in blydskap verander.

21 'n Vrou het droefheid wanneer sy baar, omdat haar uur gekom het; maar wanneer die kindjie gebore is, dink sy nie meer aan haar benoudheid nie, om die blydskap dat 'n mens in die wêreld gebore is.

22 Julle het dan ook nou droefheid, maar Ek sal julle weer sien en julle hart sal bly word, en niemand neem julle blydskap van julle weg nie.

23 En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee.

24 Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.

25 Hierdie dinge het Ek deur gelykenisse tot julle gespreek, maar daar kom 'n uur wanneer Ek nie meer deur gelykenisse tot julle sal spreek nie, maar julle openlik van die Vader sal vertel.

26 In daardie dag sal julle in my Naam bid; en Ek sê nie vir julle dat Ek die Vader aangaande julle sal vra nie;

27 want die Vader self het julle lief, omdat julle My liefgehad en geglo het dat Ek van God uitgegaan het.

28 Ek het van die Vader uitgegaan en in die wêreld gekom. Weer verlaat Ek die wêreld en gaan na my Vader.

29 Sy dissipels sê vir Hom: Kyk, nou spreek U ronduit en gebruik geen gelykenis nie.

30 Nou weet ons dat U alles weet en nie nodig het dat iemand U iets vra nie. Daarom glo ons dat U van God uitgegaan het.

31 Jesus antwoord hulle: Glo julle nou?

32 Kyk, die uur kom en het nou gekom dat julle uitmekaar gejaag sal word, elkeen na sy eie toe, en My alleen sal laat; tog is Ek nie alleen nie, omdat die Vader met My is.

33 Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.

1 "我把这些事告诉了你们, 使你们不致后退。

2 人要把你们赶出会堂; 并且时候要到, 所有要杀害你们的人, 以为这样就是事奉 神。

3 他们要作这些事, 因为他们不认识父, 也不认识我。

4 我把这些事告诉了你们, 让你们到了那个时候, 可以想起我告诉过你们了。我起初没有把这些事告诉你们, 因为我跟你们在一起。

5 "现在我要到那差我来的那里去, 你们中间并没有人问: ‘你到哪里去?’

6 然而因为我把这些事告诉了你们, 你们心里就充满忧愁。

7 但我要把实情告诉你们, 我去是对你们有益的。如果我不去, 保惠师就不会到你们这里来; 我若去了, 就会差他到你们这里来。

8 他来了, 就要在罪、在义、在审判各方面指证世人的罪。

9 在罪方面, 是因为他们不信我;

10 在义方面, 是因为我到父那里去, 你们就再看不见我;

11 在审判方面, 是因为这世界的统治者已经受了审判。

12 "我还有许多事要告诉你们, 可是你们现在担当不了;

13 只等真理的灵来了, 他要引导你们进入一切真理。他不是凭着自己说话, 而是把他听见的都说出来, 并且要把将来的事告诉你们。

14 他要荣耀我, 因为他要把从我那里所领受的告诉你们。

15 父所有的一切, 都是我的; 所以我说, 他要把从我那里所领受的告诉你们。

16 "不久, 你们不会再看见我; 再过不久, 你们还要看见我。"

17 于是他的门徒中有几个彼此说: "他对我们说: ‘不久, 你们不会看见我; 再过不久, 你们还要看见我。’又说: ‘因为我到父那里去。’这是什么意思呢?"

18 他们又说: "他所说的‘不久’, 是什么意思呢?我们不晓得他在讲什么。"

19 耶稣知道他们想问他, 就说: "我所说的‘不久, 你们不会看见我; 再过不久, 你们还要看见我’, 你们为了这话彼此议论吗?

20 我实实在在告诉你们, 你们要痛哭哀号, 世人却要欢喜; 你们要忧愁, 但你们的忧愁要变为喜乐。

21 妇人生产的时候会有忧愁, 因为她的时候到了; 但生了孩子以后, 就不再记住那痛苦了, 因为欢喜有一个人生到世上来。

22 现在你们也有忧愁; 但我要再见你们, 你们的心就会喜乐, 你们的喜乐是没有人能够夺去的。

23 到了那天, 你们什么也不会问我了。我实实在在告诉你们, 你们奉我的名无论向父求什么, 他必定赐给你们。

24 你们向来没有奉我的名求什么; 现在你们祈求, 就必定得着, 让你们的喜乐满溢。

25 "我用譬喻对你们说了这些事, 时候要到, 我不再用譬喻对你们说了, 而是把关于父的事明明白白告诉你们。

26 到了那天, 你们要奉我的名祈求, 我不是说我要为你们请求父;

27 父自己爱你们, 因为你们已经爱我, 并且信我是从 神那里来的。

28 我从父那里来, 到了这世界; 我又离开这世界, 到父那里去。"

29 门徒说: "你看, 现在你是明说, 不是用譬喻说了。

30 现在我们知道你是无所不知的, 不需要人向你发问。因此, 我们信你是从 神那里来的。"

31 耶稣对他们说: "现在你们信吗?

32 看哪, 时候要到, 而且已经到了, 你们要分散, 各人到自己的地方去, 只留下我独自一个人。其实我不是独自一个人, 因为有父与我同在。

33 我把这些事告诉你们, 是要使你们在我里面有平安。在世上你们有患难, 但你们放心, 我已经胜了这世界。"