1 Dit het Jesus gespreek, en Hy het sy oë na die hemel opgehef en gesê: Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik --
2 soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee.
3 En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.
4 Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring.
5 En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was.
6 Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord bewaar.
7 Nou weet hulle dat alles wat U My gegee het, van U kom.
8 Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het.
9 Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort.
10 En alles wat myne is, is uwe; en wat uwe is, is myne; en Ek is in hulle verheerlik.
11 En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons.
12 Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word.
13 Maar nou kom Ek na U toe; en Ek spreek hierdie dinge in die wêreld, sodat hulle my blydskap volkome in hulle kan hê.
14 Ek het hulle u woord gegee, en die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.
15 Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.
16 Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.
17 Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.
18 Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur.
19 En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.
20 Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo --
21 dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.
22 En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.
23 Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.
24 Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld.
25 Regverdige Vader, al het die wêreld U nie geken nie, tog het Ek U geken, en hulle hier het erken dat U My gestuur het.
26 En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.
1 耶稣讲完了这些话, 就举目望天, 说: "父啊, 时候到了, 求你荣耀你的儿子, 让儿子也荣耀你,
2 正如你把管理全人类的权柄给了他, 使他赐永生给你所赐给他的人。
3 认识你是独一的真神, 并且认识你所差来的耶稣基督, 这就是永生。
4 我在地上已经荣耀了你, 你交给我要作的工, 我已经完成了。
5 父啊, 现在让我在你自己面前得着荣耀, 就是在创世以前我与你同享的荣耀。
6 "你从世上分别出来赐给我的人, 我已经把你的名显明给他们了。他们是你的, 你把他们赐给了我, 他们也遵守了你的道。
7 现在他们知道, 你所给我的, 无论是什么, 都是从你那里来的;
8 因为你赐给我的话, 我已经给了他们, 他们也领受了, 又确实知道我是从你那里来的, 并且信你差了我来。
9 我为他们求; 我不为世人求, 而是为你赐给我的人求, 因为他们是你的。
10 我的一切都是你的, 你的一切也是我的, 并且我因着他们得了荣耀。
11 我不再在这世上, 他们却在这世上, 我要到你那里去。圣父啊, 求你因你赐给我的名, 保守他们, 使他们合而为一, 好像我们一样。
12 我跟他们在一起的时候, 因你赐给我的名, 我保守了他们, 也护卫了他们; 他们中间除了那灭亡的人以外, 没有一个是灭亡的, 这就应验了经上的话。
13 现在我到你那里去, 我在世上说这些话, 是要他们心里充满我的喜乐。
14 我把你的道赐给了他们; 世人恨他们, 因为他们不属于这世界, 像我不属于这世界一样。
15 我不求你使他们离开世界, 只求你保守他们脱离那恶者。
16 他们不属于这世界, 像我不属于这世界一样。
17 求你用真理使他们成圣; 你的道就是真理。
18 你怎样差我到世上来, 我也怎样差他们到世上去。
19 我为了他们的缘故, 自己分别为圣, 使他们也因着真理成圣。
20 "我不但为他们求, 也为那些因他们的话而信我的人求,
21 使他们都合而为一, 像父你在我里面, 我在你里面一样; 使他们也在我们里面, 让世人相信你差了我来。
22 你赐给我的荣耀, 我已经赐给了他们, 使他们合而为一, 像我们合而为一。
23 我在他们里面, 你在我里面, 使他们完完全全合而为一, 让世人知道你差了我来, 并且知道你爱他们, 好像爱我一样。
24 父啊, 我在哪里, 愿你赐给我的人也和我同在哪里, 让他们看见你赐给我的荣耀, 因为在创立世界以前, 你已经爱我了。
25 公义的父啊, 世人虽然不认识你, 我却认识你, 这些人也知道你差了我来。
26 我已经把你的名指示他们, 还要再指示, 使你爱我的爱在他们里面, 我也在他们里面。"