1 En toe Hy verbygaan, sien Hy 'n man wat blind was van sy geboorte af.

2 En sy dissipels vra Hom en sê: Rabbi, wie het gesondig, hierdie man of sy ouers, dat hy blind gebore is?

3 Jesus antwoord: Hy het nie gesondig nie, en sy ouers ook nie; maar die werke van God moet in hom openbaar word.

4 Ek moet die werke doen van Hom wat My gestuur het, so lank as dit dag is; die nag kom wanneer niemand kan werk nie.

5 So lank as Ek in die wêreld is, is Ek die lig van die wêreld.

6 En toe Hy dit gesê het, spuug Hy op die grond en maak klei van die spuug en smeer die klei aan die oë van die blinde man

7 en sê vir hom: Gaan was jou in die badwater Siloam, wat vertaal word: Uitgestuur. En hy het gegaan en hom gewas; en hy het siende teruggekom.

8 Die bure dan en die wat hom vroeër gesien het dat hy blind was, sê toe: Is hy nie die een wat gesit en bedel het nie?

9 Ander sê: Dit is hy. Ander weer: Hy lyk na hom. Hy antwoord: Dit is ek.

10 Hulle sê vir hom: Hoe is jou oë geopen?

11 Hy antwoord en sê: Die man wat Jesus genoem word, het klei gemaak en op my oë gesmeer en vir my gesê: Gaan na die badwater Siloam en was jou. En ek het gegaan en my gewas en ek sien.

12 En hulle sê vir hom: Waar is Hy? Hy antwoord: Ek weet nie.

13 Hulle bring hom na die Fariseërs -- die man wat vroeër blind was.

14 En dit was sabbat toe Jesus die klei gemaak en sy oë geopen het.

15 Die Fariseërs vra hom toe weer hoe hy siende geword het. En hy antwoord hulle: Hy het klei op my oë gesit, en ek het my gewas en ek sien.

16 En sommige van die Fariseërs sê: Hierdie man kom nie van God nie, omdat Hy die sabbat nie hou nie. Ander sê: Hoe kan 'n sondige mens sulke tekens doen? En daar was verdeeldheid onder hulle.

17 Weer sê hulle vir die blinde man: Jy, wat sê jy van Hom, aangesien Hy jou oë geopen het? En hy antwoord: Hy is 'n profeet.

18 En die Jode het dit nie van hom geglo dat hy blind was en siende geword het nie, totdat hulle die ouers geroep het van hom wat siende geword het.

19 En hulle vra hul en sê: Is dit julle seun van wie julle sê dat hy blind gebore is? Hoe sien hy dan nou?

20 Sy ouers antwoord hulle en sê: Ons weet dat hy ons seun is en dat hy blind gebore is;

21 maar hoe hy nou sien, weet ons nie; of wie sy oë geopen het, weet ons nie. Hy is self oud genoeg, vra hom; hy sal vir homself praat.

22 Dit het sy ouers gesê omdat hulle bang was vir die Jode; want die Jode het al ooreengekom dat as iemand Hom as die Christus bely, hy uit die sinagoge geban sou word.

23 Daarom het sy ouers gesê: Hy is oud genoeg, vra hom.

24 Hulle roep toe vir die tweede keer die man wat blind was, en sê vir hom: Gee aan God die eer; ons weet dat hierdie man 'n sondaar is.

25 En hy antwoord en sê: Of Hy 'n sondaar is, weet ek nie. Een ding weet ek: dat ek blind was en nou sien.

26 En hulle sê weer vir hom: Wat het Hy vir jou gedoen? Hoe het Hy jou oë geopen?

27 Hy antwoord hulle: Ek het julle dit alreeds gesê, en julle het nie geluister nie. Waarom wil julle dit weer hoor? Julle wil tog nie ook sy dissipels word nie?

28 Hulle skel hom toe uit en sê: Jy is 'n dissipel van daardie man, maar ons is dissipels van Moses.

29 Ons weet dat God met Moses gespreek het; maar wat Hom betref, ons weet nie van waar Hy is nie.

30 Die man antwoord en sê vir hulle: Hierin is tog iets wonderliks dat julle nie weet van waar Hy is nie, en Hy het my oë geopen!

31 En ons weet dat God nie sondaars verhoor nie; maar as iemand godvresend is en sy wil doen, die verhoor Hy.

32 Van ouds af is dit nie gehoor dat iemand die oë van 'n blindgebore mens geopen het nie.

33 As Hy nie van God was nie, sou Hy niks kan doen nie.

34 Hulle antwoord en sê vir hom: Jy is heeltemal in sondes gebore, en leer jy ons? En hulle het hom uitgeban.

35 Jesus het gehoor dat hulle hom uitgeban het; en toe Hy hom kry, sê Hy vir hom: Glo jy in die Seun van God?

36 Hy antwoord en sê: Wie is Hy, Here, dat ek in Hom kan glo?

37 En Jesus sê vir hom: Jy het Hom gesien; en Hy wat met jou spreek, dit is Hy.

38 Toe sê hy: Ek glo, Here! En hy het Hom aanbid.

39 En Jesus sê: Tot 'n oordeel het Ek in hierdie wêreld gekom, sodat die wat nie sien nie, mag sien, en die wat sien, blind mag word.

40 En die van die Fariseërs wat by Hom was, het dit gehoor en vir Hom gesê: Is ons dan ook blind?

41 Jesus antwoord hulle: As julle blind was, sou julle geen sonde hê nie; maar nou sê julle: Ons sien! Daarom bly julle sonde.

1 耶稣走路的时候, 看见一个生下来就瞎眼的人。

2 他的门徒问他: "拉比, 这人生下来就瞎眼, 是谁犯了罪?是他呢, 还是他的父母呢?"

3 耶稣回答: "不是他犯了罪, 也不是他的父母犯了罪, 而是要在他身上彰显 神的作为。

4 趁着白昼, 我们必须作那差我来者的工; 黑夜一到, 就没有人能作工了。

5 我在世上的时候, 是世界的光。"

6 说了这话, 就吐唾沫在地上, 用唾沫和了一点泥, 把泥抹在瞎子的眼睛上,

7 对他说: "你去西罗亚池洗一洗吧。"(西罗亚就是"奉差遣"的意思。)于是他就去了, 洗完了, 走的时候, 就看见了。

8 那时, 邻居和以前常常见他讨饭的人说: "这不是那一向坐着讨饭的人吗?"

9 有的说: "是他。"有的说: "不是他, 只是像他。"他自己说: "是我。"

10 他们就问他: "你的眼睛是怎样开的呢?"

11 他回答: "那名叫耶稣的人和了一点泥, 抹在我的眼上, 对我说: ‘你去西罗亚池洗一洗吧。’我去一洗, 就看见了。"

12 他们说: "那人在哪里?"他说: "我不知道。"

13 他们就把那个从前瞎眼的人带到法利赛人那里。

14 耶稣和了泥开他眼睛的那一天, 正是安息日。

15 法利赛人又问他是怎样可以看见的。他告诉他们: "耶稣把泥抹在我的眼上, 我一洗就看见了。"

16 有几个法利赛人说: "那个人不是从 神那里来的, 因为他不守安息日。"另外有些人说: "一个罪人怎能行这样的神迹呢?"他们就起了纷争。

17 他们再对瞎子说: "他既然开了你的眼睛, 你说他是什么人?"他说: "他是个先知。"

18 犹太人不信他从前是瞎眼, 现在才能看见的, 于是把他的父母叫来,

19 问他们: "这是你们所说那生下来就瞎眼的儿子吗?现在他怎么又能看见呢?"

20 他的父母回答: "我们知道他是我们的儿子, 生下来就瞎眼;

21 现在他是怎样可以看见的, 我们不知道; 谁开了他的眼睛, 我们也不知道。你们问他吧; 他已经长大成人, 可以替自己讲话了。"

22 他的父母这样说, 是因为怕犹太人, 原来犹太人已经定好了, 不论谁承认耶稣是基督, 就要把那人赶出会堂。

23 因此他的父母说: "他已经长大成人, 你们问他吧。"

24 于是法利赛人第二次把那从前瞎眼的人叫来, 对他说: "你应当归荣耀给 神, 我们知道这人是个罪人。"

25 那人回答: "他是不是个罪人, 我不知道; 我只知道一件事, 就是我本来是瞎眼的, 现在能看见了。"

26 他们就问: "他向你作了什么呢?他怎样开了你的眼睛呢?"

27 他回答: "我已经告诉你们, 但是你们不听; 为什么现在又想听呢?你们也想成为他的门徒吗?"

28 他们就骂他, 说: "你才是他的门徒, 我们是摩西的门徒。

29 我们知道 神曾对摩西说话; 只是这个人, 我们不知道他从哪里来。"

30 那人对他们说: "这就奇怪了, 他开了我的眼睛, 你们竟然不知道他从哪里来。

31 我们知道 神不听罪人的祈求, 只听那敬畏 神, 遵行他旨意的人。

32 自古以来, 没有人听过生下来就是瞎眼的, 有人可以开他们的眼睛。

33 这人若不是从 神那里来的, 他就不能作什么。"

34 他们说: "你的确是在罪中生的, 还敢教训我们吗?"就把他赶出去。

35 耶稣听见他们把他赶出去, 后来遇见他的时候, 就对他说: "你信人子吗?"

36 他说: "先生, 谁是人子, 好让我信他呢?"

37 耶稣说: "你已经见过他, 现在跟你说话的就是他。"

38 那人说: "主啊, 我信。"就向他下拜。

39 耶稣说: "我到这世上来是为了审判, 使那看不见的能够看见, 能看见的反而成了瞎眼的。"

40 有些和耶稣在一起的法利赛人听了这话, 就说: "难道我们也是瞎眼的吗?"

41 耶稣对他们说: "如果你们是瞎眼的, 就没有罪了; 但现在你们说‘我们能看见’, 所以你们还是有罪的。"