1 Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer.
2 Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, die maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
3 Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.
4 Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.
5 Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.
6 As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.
7 As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.
8 Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.
9 Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My.
10 As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.
11 Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word.
12 Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.
13 Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.
14 Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.
15 Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.
16 Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.
17 Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê.
18 As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het.
19 As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle.
20 Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: 'n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar.
21 Maar al hierdie dinge sal hulle aan julle doen ter wille van my Naam, omdat hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie.
22 As Ek nie gekom en met hulle gespreek het nie, sou hulle geen sonde hê nie; maar nou het hulle geen verskoning vir hul sonde nie.
23 Wie my haat, haat ook my Vader.
24 As Ek nie die werke onder hulle gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle geen sonde hê nie. Maar nou het hulle dit gesien, en tog het hulle My sowel as my Vader gehaat.
25 Maar die woord wat in hulle wet geskrywe is, moet vervul word: Hulle het My sonder oorsaak gehaat.
26 Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.
27 En julle getuig ook, omdat julle van die begin af met My is.
1 "我是真葡萄树, 我父是培植的人。
2 所有属我而不结果子的枝子, 他就剪去; 所有结果子的, 他就修剪干净, 让它结更多的果子。
3 现在你们因着我对你们所讲的道, 已经干净了。
4 你们要住在我里面, 我也就住在你们里面。枝子若不连在葡萄树上, 自己就不能结果子; 你们若不住在我里面, 也是这样。
5 我是葡萄树, 你们是枝子。住在我里面的, 我也住在他里面, 他就结出很多果子; 因为离开了我, 你们就不能作什么。
6 人若不住在我里面, 就像枝子丢在外面枯干了, 人把它们拾起来, 丢在火里烧掉了。
7 你们若住在我里面, 我的话也留在你们里面; 无论你们想要什么, 祈求, 就给你们成就。
8 这样, 你们结出很多果子, 我父就因此得荣耀, 你们也就是我的门徒了。
9 父怎样爱我, 我也怎样爱你们; 你们要住在我的爱里。
10 如果你们遵守我的命令, 就必定住在我的爱里, 正像我遵守了我父的命令, 住在他的爱里一样。
11 "我把这些事告诉了你们, 好让我的喜乐存在你们心里, 并且使你们的喜乐满溢。
12 你们要彼此相爱, 像我爱你们一样, 这就是我的命令。
13 人为朋友舍命, 人间的爱没有比这个更大的了。
14 你们若行我所吩咐你们的, 就是我的朋友了。
15 我不再称你们为仆人, 因为仆人不知道主人所作的事; 我已经称你们为朋友了, 因为我从我父那里听见的一切, 都已经告诉你们了。
16 不是你们拣选了我, 而是我拣选了你们, 并且分派你们去结果子, 就是结常存的果子, 使你们奉我的名, 无论向父求什么, 他必定赐给你们。
17 我把这些事吩咐你们, 是要你们彼此相爱。
18 "如果世人恨你们, 你们要知道他们在恨你们以先, 已经恨我了。
19 你们若属于这世界, 世人必定爱属自己的; 但因为你们不属于世界, 而是我从世界中拣选了你们, 所以世人就恨你们。
20 你们要记住我对你们说过的话: ‘仆人不能大过主人。’他们若迫害我, 也必定迫害你们; 他们若遵守我的话, 也必定遵守你们的话。
21 但他们因着我的名, 要向你们行这一切, 因为他们不认识那差我来的。
22 如果我没有来, 也没有对他们讲过什么, 他们就没有罪; 但现在他们的罪是无可推诿的了。
23 恨我的, 也恨我的父。
24 如果我没有在他们中间作过别人没有作过的事, 他们就没有罪; 但现在我和我的父, 他们都看见了, 也都恨恶。
25 这就应验了他们律法上所写的话: ‘他们无故地恨我。’
26 "我从父那里要差来给你们的保惠师, 就是从父那里出来的真理的灵, 他来到的时候, 要为我作见证。
27 你们也要作见证, 因为从开始你们就是跟我在一起的。"