1 Simeon Petrus, 'n dienskneg en apostel van Jesus Christus, aan die wat net so 'n kosbare geloof as ons verkry het deur die geregtigheid van onse God en Saligmaker, Jesus Christus:

2 Mag genade en vrede vir julle vermeerder word deur die kennis van God en Jesus, onse Here!

3 Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug,

4 waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.

5 En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis,

6 en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug,

7 en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde.

8 Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie;

9 want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die reiniging van sy vorige sondes vergeet.

10 Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie.

11 Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus.

12 Daarom sal ek nie nalaat om julle altyd hieraan te herinner nie, alhoewel julle dit weet en vasstaan in die waarheid wat by julle is.

13 En ek beskou dit as reg, so lank as ek in hierdie tentwoning is, om julle deur herinnering op te wek,

14 omdat ek weet dat die aflegging van my tentwoning ophande is, soos onse Here Jesus Christus dit ook aan my bekend gemaak het.

15 En ek sal my beywer, dat julle ook gedurig n my heengaan hierdie dinge in gedagtenis kan hou.

16 Want ons het nie kunstig verdigte fabels nagevolg toe ons julle die krag en koms van onse Here Jesus Christus bekend gemaak het nie, maar ons was aanskouers van sy majesteit;

17 want Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe hierdie stem uit die luisterryke heerlikheid tot Hom gekom het: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.

18 En hierdie stem het ons uit die hemel hoor kom toe ons saam met Hom op die heilige berg was.

19 En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op 'n lamp wat in 'n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môre ster opgaan in julle harte;

20 terwyl julle veral d¡t moet weet, dat geen profesie van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie;

21 want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.

1 耶稣基督的仆人和使徒西门.彼得, 写信给那靠着我们的 神和救主耶稣基督的义, 得着和我们同样宝贵信心的人。

2 愿恩惠平安, 因你们确实认识 神和我们的主耶稣, 多多加给你们。

3 神以他神圣的能力, 因着我们确实认识那位用自己的荣耀和美善呼召我们的, 把一切有关生命和敬虔的事, 都赐给了我们。

4 借着这些, 他把又宝贵又极大的应许赐给了我们, 好叫你们既然逃脱世上因私欲而来的败坏, 就可以分享 神的本性。

5 正因这缘故, 你们要多多努力: 有了信心, 又要增添美德; 有了美德, 又要增添知识;

6 有了知识, 又要增添节制; 有了节制, 又要增添忍耐; 有了忍耐, 又要增添敬虔;

7 有了敬虔, 又要增添弟兄的爱; 有了弟兄的爱, 还要增添神圣的爱。

8 因为你们有了这几样, 并且继续增长, 就必叫你们在确实认识我们的主耶稣基督上, 不至于闲懒不结果子。

9 人若没有这几样, 就是近视, 简直是瞎眼的, 忘记他过去的罪已经得了洁净。

10 所以弟兄们, 要更加努力, 使你们所蒙的呼召和拣选坚定不移; 你们若实行这几样, 就决不会跌倒。

11 这样, 你们就得着充分的装备, 可以进入我们的主和救主耶稣基督永远的国。

12 因此, 你们虽然已经知道这些事, 又在你们已有的真道上得到坚固, 我还要时常提醒你们。

13 趁着我还在世上("在世上"原文作"在这帐棚")的时候, 我认为应当提醒你们, 使你们常常警醒,

14 因为我知道我离世("离世"原文作"离开这帐棚")的时候快到了, 正如我们的主耶稣基督清楚指示我的。

15 我也要努力, 使你们在我去世以后, 还时常追念这些事。

16 我们从前把我们主耶稣基督的大能和降临的事告诉你们, 并不是随从巧妙捏造传奇的故事, 我们却是亲眼看见过他威荣的人。

17 因为他从父 神得着尊贵荣耀的时候, 在极显赫的荣光中, 有这样的声音对他说: "这是我的爱子, 我所喜悦的。"

18 这从天上发出来的声音, 是我们和他同在圣山上的时候, 亲自听见过的。

19 我们还有先知的话, 是更确实的。你们要特别注意它, 好像注意照在暗处的明灯, 直到天将破晓, 晨星在你们心里出现的时候。

20 最要紧的, 你们应当知道: 圣经所有的预言, 都不是先知自己的见解,

21 因为预言不是出于人意的, 而是人受圣灵的感动, 说出从 神而来的话。