1 Judas, 'n dienskneg van Jesus Christus en broer van Jakobus, aan die wat geroep, in God die Vader geheilig en vir Jesus Christus bewaar is:
2 Mag barmhartigheid en vrede en liefde vir julle vermenigvuldig word!
3 Geliefdes, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is.
4 Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën.
5 Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ongelowig was, omgebring het.
6 En die engele wat hul eie beginsel nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar;
7 soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense gehoereer en agter vreemde vlees aangeloop het, as 'n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan.
8 Tog besoedel ook hierdie mense net so in hulle dromerye die vlees en verag die heerskappy en laster die heerlike wesens.
9 Maar toe M¡gael, die aartsengel, met die duiwel in woordestryd was oor die liggaam van Moses, het hy geen oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesê: Die Here bestraf jou!
10 Maar hierdie mense belaster alles wat hulle nie ken nie; en alles wat hulle, soos die redelose diere, op natuurlike wyse verstaan, daardeur gaan hulle te gronde.
11 Wee hulle, want hulle het die weg van Kain bewandel en om loon hulleself in die verleiding van B¡leam gestort en in die verset van Korag omgekom.
12 Hulle is skandvlekke in julle liefdemaaltye, wat sonder vrees saam fees hou en hulleself voer, waterlose wolke deur winde rondgedrywe, bome in die nasomer, wat sonder vrugte is, twee maal gestorwe, ontworteld;
13 woeste golwe van die see wat hulle eie skandes laat opskuim, dwaalsterre vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word.
14 En Henog, die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Here het gekom met sy heilige tien duisendtalle,
15 om gerig te hou oor almal en al die goddelose mense onder hulle te straf oor al hulle goddelose werke wat hulle goddelooslik gedoen het, en oor al die harde woorde wat die goddelose sondaars teen Hom gespreek het.
16 Hulle is murmureerders wat oor hul lot klae, en volgens hulle begeerlikhede wandel; en hulle mond spreek trotse woorde, terwyl hulle mense vlei ter wille van voordeel.
17 Maar julle, geliefdes, moet die woorde onthou wat tevore gespreek is deur die apostels van onse Here Jesus Christus,
18 dat hulle vir julle gesê het: In die laaste tyd sal daar spotters wees wat volgens hul eie goddelose begeerlikhede wandel.
19 Dit is hulle wat skeuring maak, sinnelike mense wat die Gees nie het nie.
20 Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid
21 en julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag.
22 En aan sommige wat twyfel, moet julle barmhartigheid bewys;
23 maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk; en ook die kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek is.
24 Aan Hom nou wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,
25 aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou en tot in alle ewigheid! Amen.
1 耶稣基督的仆人, 雅各的兄弟犹大, 写信给那些被召的人, 就是在父 神里蒙爱, 并且为了耶稣基督而蒙保守的人。
2 愿怜悯、平安、慈爱多多加给你们。
3 亲爱的, 我曾经迫切地想写信给你们, 论到我们共享的救恩; 现在我更觉得必须写信劝勉你们, 要竭力维护从前一次就全交给了圣徒的信仰,
4 因为有人已经混进你们中间, 他们就是早被判定受刑的不敬虔的人。这些人把我们 神的恩典当作放纵情欲的借口, 并且否认独一的主宰我们的主耶稣基督。
5 虽然这一切事情你们都早已知道, 我仍然要提醒你们: 从前主从埃及地把人民救出来, 跟着就把那些不信的人除灭了。
6 还有, 那不守本位擅离自己居所的天使, 主用永远的锁链把他们拘留在黑暗里, 直到那大日子的审判。
7 又像所多玛、蛾摩拉和周围城市的人, 与他们一样的淫乱, 随从反常的情欲, 以致遭受永火的刑罚, 成了后世的鉴戒。
8 虽然是这样, 这些醉生梦死的人还是照样玷污身体, 藐视主权, 毁谤尊荣。
9 天使长米迦勒为了摩西的尸体与魔鬼争论的时候, 还不敢用毁谤的话定他的罪, 只说: "主责备你! "
10 但这些人毁谤他们所不知道的, 他们只知道按本性所能领悟的事, 好像没有理性的禽兽, 就因这些事败坏了自己。
11 他们有祸了, 因为他们走上了该隐的道路, 又为了财利闯进巴兰的歧途, 并且在可拉的背叛中灭亡了。
12 这些人胆敢与你们同席, 他们只顾喂饱自己, 是你们爱筵中的暗礁; 是无雨的浮云, 随风飘荡; 是秋天不结果子的树, 连根拔起, 死而又死;
13 是海中的狂浪, 溅起了自己可耻的泡沫; 是流荡的星, 有漆黑的幽暗永远为他们存留。
14 亚当的第七世孙以诺, 也曾经预言这些人说: "看, 主必同他的千万圣者降临,
15 要审判众人, 又要定所有不敬虔的人的罪, 因为他们妄行各样不敬虔的事, 并且说了种种刚愎的话顶撞 神。"
16 这些人常发牢骚, 怨天尤人, 顺着自己的私欲行事, 口说夸张的话, 为了利益就不惜阿谀奉承。
17 但你们呢, 亲爱的, 你们要记住我们主耶稣基督的使徒从前所说的话。
18 他们曾经对你们说: "末世必有好讥笑人的人, 随着自己不敬虔的私欲行事。"
19 这些人分党结派, 是属血气的, 没有圣灵。
20 但你们呢, 亲爱的, 你们要在至圣的信仰上建立自己, 在圣灵里祷告,
21 要保守自己在 神的爱中, 仰望我们主耶稣基督的怜悯, 直到永生。
22 有些人心里疑惑, 你们要怜悯他们;
23 有些人你们要拯救, 把他们从火中抢救出来; 又有些人你们要战战兢兢地怜悯他们, 连染上情欲污渍的衣服也应当憎恶。
24 愿荣耀、威严、能力、权柄, 借着我们的主耶稣基督, 从万世以前, 及现在, 直到永永远远, 归给独一的 神我们的救主。他能保守你们不至跌倒, 使你们毫无瑕疵, 欣然站在他荣光之前。阿们。