1 Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het,
2 wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus alles wat hy gesien het.
3 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.
4 Johannes aan die sewe gemeentes in Asië: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor sy troon is,
5 en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed
6 en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.
7 Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!
8 Ek is die Alfa en die Om,ga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.
9 Ek, Johannes, julle broeder en deelgenoot in die verdrukking en in die koninkryk en lydsaamheid van Jesus Christus, was op die eiland wat Patmos genoem word, ter wille van die woord van God en om die getuienis van Jesus Christus.
10 Ek was in die Gees op die dag van die Here, en ek het agter my 'n groot stem gehoor, soos van 'n basuin, wat sê:
11 Ek is die Alfa en die Om,ga, die eerste en die laaste, en skryf wat jy sien in 'n boek en stuur dit na die sewe gemeentes wat in Asië is: na Âfese en Smirna en P,rgamus en Thiat¡re en Sardis en Filadelf¡a en Laodic,a.
12 Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars,
13 en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met 'n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met 'n goue gordel.
14 Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos 'n vuurvlam,
15 en sy voete soos blink koper wat gloei soos in 'n oond, en sy stem soos die stem van baie waters.
16 En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en 'n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.
17 En toe ek Hom sien, val ek soos 'n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste
18 en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.
19 Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;
20 die verborgenheid van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en die sewe goue kandelaars: die sewe sterre is die engele van die sewe gemeentes, en die sewe kandelaars wat jy gesien het, is die sewe gemeentes.
1 耶稣基督的启示, 就是 神赐给他, 叫他把快要发生的事指示他的众仆人。他就差派天使显示给他的仆人约翰。
2 约翰把 神的道, 和耶稣基督的见证, 凡是自己所看见的, 都见证出来了。
3 读这书上预言的人, 和那些听见这预言并且遵守书中记载的人, 都是有福的! 因为时候近了。
4 约翰写信给在亚西亚的七个教会。愿恩惠平安, 从那位今在、昔在、以后永在的 神, 从他宝座前的七灵,
5 又从那信实的见证人、死人中首先复生的、地上众君王的统治者耶稣基督临到你们。他爱我们, 用自己的血把我们从我们的罪中释放出来,
6 又使我们成为国度, 作他父 神的祭司。愿荣耀权能都归给他, 直到永永远远。阿们。
7 看哪, 他驾着云降临, 每一个人都要看见他, 连那些刺过他的人也要看见他, 地上的万族都要因他捶胸。这是必定的, 阿们。
8 主 神说: "我是阿拉法, 我是俄梅格; 我是今在、昔在、以后永在, 全能的 神。"
9 我约翰, 就是你们的弟兄, 在耶稣里跟你们一同分享患难、国度和忍耐的, 为了 神的道和耶稣的见证, 曾经在那名叫拔摩的海岛上。
10 有一个主日, 我在灵里, 听见在我后边有一个大声音, 好像号筒的响声,
11 说: "你所看见的, 要写在书上, 也要寄给以弗所、士每拿、别迦摩、推雅推拉、撒狄、非拉铁非、老底嘉七个教会。"
12 我转过身来要看看那跟我说话的声音是谁发的; 一转过来, 就看见七个金灯台。
13 灯台中间有一位好像人子的, 身上穿着直垂到脚的长衣, 胸间束着金带。
14 他的头和头发像白羊毛、像雪一样洁白, 他的眼睛好像火焰,
15 他的两脚好像在炉中精炼过的发光的铜, 他的声音好像众水的声音。
16 他的右手拿着七星, 有一把两刃的利剑从他口中吐出来; 他的脸发光好像正午的烈日。
17 我看见了他, 就仆倒在他脚前, 像死了一样。他用右手按着我, 说: "不要怕! 我是首先的, 我是末后的,
18 又是永活的; 我曾经死过, 看哪, 现在又活着, 直活到永永远远, 并且拿着死亡和阴间的钥匙。
19 所以, 你要把所看见的, 现在的, 和今后将要发生的事都写下来。
20 你所看见在我右手中的七星和七个金灯台的奥秘就是这样: 七星是七个教会的使者, 七灯台是七个教会。"